My lewe, my lied

Julie 16, 2008 at 12:47 vm 7 Kommentaar

 

Gister wou ek die dag weg wens, maar vandag besef ek hoe dankbaar moet ons weets dat ons elke oggend kan opstaan en ons bene beweeg, ons kan sien, voel, hoor, proe.  Sommer net omdat ons kan asem haal.

 

 

Vandag weet ek meer as ooit dat ek erens hoort, dat iemand my nodig het, en nog sal kry.  Dat die seer wat in my hart broei, net ‘n kolletjie teen die muur is van hoe seer ander mense het.  Al ooit gewonder of jy maar liewers na daardie sesde sintuig moes luister? 

Waarom dink mens maar net altyd, hierdie gevoel sal oor waai, dit het tog nog nooit met my gebeur nie. 

 

Mag jy met oorgawe al jou twyfels,
en laste oorgee aan die Here, sodat
hy dit vir jou kan neem en dra,
moenie vandag of ooit weer
vergeet van God wat sy enigste
seun aarde toe gestuur het om
te sterwe vir ons sondes nie,
dit wat jy al gedoen het en nog sal
doen is lankal al betaal voor.  Onthou
die Here is altyd met ons waar ons gaan,
hy weet van alle seer en elke traan wat jy stort
Leef vandag en more in sy Heilige Naam.

Amen.

 

 

Entry filed under: Lewe.

Vandag voel soos ‘n blou maandag Toe gister verby was, het vandag begin

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Tersia  |  Julie 16, 2008 om 7:47 vm

    Daardie sintuig…… ek het baie vrae daaroor! Ek weet nie wanneer om te luister en wanneer om dit te ignoreer nie! Ek wens ek kan dit vir myself kleinkry!

    Antwoord
  • 2. meermin  |  Julie 16, 2008 om 8:37 vm

    Neykie ek wonder oor baie dinge in die lewe … kry ook maar nie die antwoorde wat ek soek nie!!

    Antwoord
  • 3. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 8:49 vm

    Ek lewe saam my sesde sintuig, ek luister maar liewer vir hom!! Ek het dit eenkeer ge-ignoreer en berou dit vandag nog!

    Neykie slaap jy nie in die aand nie? 😯

    Sterkte

    Antwoord
  • 4. neykie  |  Julie 16, 2008 om 10:06 vm

    Wipneus, hehe nee gisteraand het dit baie rof gegaan…. Lekker dag verder

    Antwoord
  • 5. demoerin  |  Julie 16, 2008 om 10:33 vm

    Uiteindelik kan ek weer hier inkom sonder ‘n error. My internet het besluit – Neykie se blog = Error. Elk geval, hoop vandag gaan beter wees. Luister mar na jou 6de sintuig! Jy moet ok net weet wanneer om hom stil te maak! 😆

    Antwoord
  • 6. neykie  |  Julie 16, 2008 om 10:53 vm

    DMI dis weird om te dink jy dink heeldag aan iemand en dan uit die bloute gebeur daar iets met haar en jy wens jy het maar liewerste geluister

    Antwoord
  • 7. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 9:48 nm

    Neyks ek hoop dit gaan al beter met jou goeie vriendin?? Dis my sesde sintuig wat die vraag vra?
    Sterkte vir jou (((Neykie)))

    Antwoord

Lewer kommentaar op Tersia Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M D W T V S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 261 625 spore

Snuffel kyk

who's online