Toe gister verby was, het vandag begin

Julie 16, 2008 at 9:45 nm 4 Kommentaar

Soms voel mens jy staan op die rand van ‘n afgrond, jy wil spring, maar kan ook nie.  Dan word jy onwillekeurig afgestamp, in die dieptes in. 

Soms wil alles met jou gebeur in eendag asof iemand net besluit het hey vir jou los ons nie vandag uit nie, ons gaan jou alle hel op aarde gee.  En die beste deel is as jy daarna nog kan opstaan en aangaan.  Die seer sal nie verdwyn nie maar so ook nie die mense wat jou rerig lief het nie. 

 

 

Dis dan wanneer jy besef wie is ware vriende en watter familie sal saam jou deur dit alles gaan en wie weet dalk kom jy nuwe vriende langs die pad tee.

 

As jou gedagtes ‘n warboel is jy weet nie hoekom jy voel soos jy voel nie, en jou hele dag is sommer omgekrap oor niks, dan wil jy skreeu en aan alle ooptes en vlaktes jou woede uitbasuin.  Jy wil weet hoekom? waarom?

En eendag sal jy besef dat….

So vandag en more en verder af in die toekoms, al weet ons nie wat kan gebeur, kom ons klou vas aan ons geloof, hoop en liefde. Sal dit dan nie ‘n wonderlike plek wees om in te bly nie.

Geniet hierdie donderdag. (dis amper naweek….)

Entry filed under: Lewe. Tags: .

My lewe, my lied Hoe die mens die domein van voëls oorwin het

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Julie 16, 2008 om 10:07 nm

    Baie mooi inskrywing Neykie. Watter wonderlike wêreld sal dit nie wees as almal net geloof, hoop en liefde het nie!
    Lekker Donderdag vir jou ook

    Reply
  • 2. meermin  |  Julie 17, 2008 om 8:43 vm

    Neykie mag jy ‘n heerlike wonderlike rustige Donderdag hè!

    Reply
  • 3. Dellie  |  Julie 17, 2008 om 8:51 vm

    Nice. En ek is mal oor die gedoentetjies wat hier op jou sidebar rondvlieg!😆

    Reply
  • 4. Mefri  |  Julie 19, 2008 om 1:21 nm

    Die eendjie en klein-kiets is pragtig en jou blog is nog steeds ‘spesiaal’.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: