Aan almal wat iemand mis

September 17, 2007 at 8:59 vm Lewer kommentaar

Soos misreën …..
Fyn, liggies, onsigbaar
Moes ek hou uit my sisteem kry
Jou reuk, jou asemhaling, jou hande
Soos ‘n kunstenaar op my
Wat ek in die vergetelheid gesit het,
Oorweldig my onwillekeurig –
As my gedagtes dwaal, en ek wonder
Wat doen jy vannaand?
Watter boek lees jy,
Watter musiek speel deur die huis?
Mis jy nie jou hande op my lyf nie?
Mis jy nie die koffie, en die gornd onder ons
vingers as ons in die tuin gewerk het nie?
Mis jy nie die musiek, die troetelding, die verrukking
nie?
Mis jy nie die laatnag flieks op skottel, as jy in my arms
aan die slaap geraak het nie?
Mis jy my dan nie?
Of was dit alles nooit daar nie?
Net my verbeelding?
Te goed om waar te wees?
Was ek nooit daar nie, dat jy my so gou kon vergeet?
Ek wens ek kon weet, wat van die ses maande geword
het, waarin jy soos ‘n held vir my die hoofrol gespeel
het in my “movie”.
Die held is nie dood aan die einde nie,
Hy het net verdwyn , soos “to be continued” ……

Om net vir vandag te leef,
Beteken nie dat ons moet ophou
Om doelwitte te stel nie…..
Dit gee slegs uitdrukking
Aan ons begeerte om op hierdie dag te fokus en
Dit toe te laat om die meeste van ons energie,pogings
en belangstelling te absorbeer.

Entry filed under: Alles en nog wat.

Bokke. Lekker naweek hou waaghalsig….

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2007
M D W T V S S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 261 626 spore

Snuffel kyk

who's online