26 LEWENSFEITE VIR VROUE – MARETHA MAARTENS:

Maart 25, 2009 at 11:30 vm 5 Kommentaar

1. Die ego van ‘n trouman is so dun soos ‘n membraan. Bly weg van ‘n man met ‘n ego wat nog dunner is. Telkens wanneer die pieperige ego’tjie skeur, gaan die eienaar jou verantwoordelik hou vir lyding en verlies aan lewensgehalte.

2. Moenie oorhaastig verloof raak of trou nie. As dit ewige liefde is gaan hy nie toelaat dat iemand anders hom binne die volgende ses maande opraap, ontvoer of blywend betower nie.

3. Vroue wat nie trou nie, het hul redes. Gelukkig vir die mansgeslag is die vrouens te diskreet om dit aan die hele wereld bekend te maak.

4. Wanneer aanneemkinders op hulle aanneemouers se harte trap, is dit nie omdat hulle aanneemkinders is nie, dit is omdat hulle kinders is.

5. Jou bejaarde ouers se harte is so broos en breekbaar soos hulle heupe.

6. Jou getroude dogter (en skoondogter!) se skokkende kaste, vaal kastrolle, harde kussings, kunsveselkomberse, kitcherige skilderytjies en taai ketel is reg net soos dit is.

7. Soms is dit net een van daardie dinge!

8. Jy hoef nie alles by te woon, te sluk, te onthou, te ondersteun, te besit, te weet of alleen te hanteer nie.

9. Jou gewig is reg solank jou regterbobeen nie jou linkerbobeen rou skaaf nie.

10. Wat jy nou beleef, gaan ook verby.

11. Die geveg teen oud word is interessant, maar in aanvaarding lê ‘n skat van vrede opgesluit.

12. Wanneer ons ophou om mooi aan te trek en net in sweetpakke en oorgroot T-hemde rondloop, jok ons wanneer ons sê: “Ek voel gemaklik so.” Wat ons eintlik sê is “Ek voel ongemaklik oor myself.”

13. God gee om.

14. Die ouer wat ‘n obsessie ontwikkel oor een talent in haar kind se lewe, kom selde agter hoeveel potensiële vriende haar kind verloor.

15. 95% van kinders op wie daar druk van hierdie aard geplaas word, gooi daardie talent na skool weg en vind terselftertyd dat hulle die kuns om hulself deel van ‘n groep te maak, nie op 20 eers kan aanleer nie.

16. Egskeiding is nie ‘n onvergeetlike sonde nie, maar dis ‘n haaiaanvaal op kinders.

17. Seks is veronderstel om lekker te wees.

18. Die saad van die allerverskriklikste sondes lê onder die sand van elkeen van ons begrawe. Dit wag net vir die regte omstandighede om te ontkiem.

19. Was daar nie onverdiende genade nie, was dit ek.

20. Maak meer en meer sagte plekke in jou hart vir meer en meer mense.

21. Kinders het hulle ouers se ore nodig.

22. Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe.

23. Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.

24. ‘n Vrou moet nie te toegeeflik, te afhanklik, te praterig, te stil, te onafhanklik, te agterdogtig, te goedgelowig, of te haastig wees nie. ‘n Vrou het styl wanneer sy begrypend-menslik-uitreikend-belangstellend-sterk-nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie-goedgesind-onversteurbaar-kalm leef en optree.

25. Om net te wil hê is kinderagtig.

26. As jy ‘n kat of hond het, gaan jy ontdek dat hy kan praat.

MARETHA MAARTENS
laugh
life

Entry filed under: Elke dag iets nuuts om te leer.

Net sommer n ietsie… Gedigte en die naweek

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus  |  Maart 25, 2009 om 11:36 nm

    Dankie dankie dankie ek het net vandag vir iemand gesê Maretha is my gunsteling skrywer waar ek inspirasie gaan soek!

    Kyk nou net hierdie belangrike een:
    “Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.”
    Ek is ‘n firm believer dat mans wel sagtheid soek! Hulle hou net vir hulle Cowboys maar as jy eers sag met hulle werk, toor jy hulle van hulle voete af!! hie hie

    Mooi bly Neyksie
    (Ek is nou by ‘n nuwe huis, die kat is terug)

    Antwoord
  • 2. meermin  |  Maart 26, 2009 om 7:45 vm

    Neykie dit is mooi en waarde woorde, lekker dag vir jou.

    Antwoord
  • 3. Mavis  |  Maart 27, 2009 om 10:17 vm

    Dankie kleinmiesie

    Dis banja mooi vi Mavis

    Antwoord
  • 4. mariaan  |  Junie 20, 2010 om 5:41 nm

    Dankie dit is pragtige waar woorde wat n mens laat dink. Groete

    Antwoord
  • 5. Amy  |  Junie 12, 2012 om 8:36 vm

    Ek was sag vir 27 jaar, sonder sukses. Het geskei en is nou getroud met ‘n dierbare man, neee ‘n engel. Om op eiers te loop en body language te lees en sag te bly tap jou lewenslus en energie. Ek weet waarvan ek praat.

    Antwoord

Lewer kommentaar op meermin Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Maart 2009
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 261 625 spore

Snuffel kyk

who's online