Seeninge vir jou vir vandag en altyd…


Die lewe sterf as jy ophou DROOM
hoop sterf as jy ophou GLO


liefde sterf as jy ophou OMGEE..

Dus, vir vandag, droom, glo, gee om…..en LÉÉF!

BLESSINGS VIR JOU VIR VANDAG!!!

As dinge dalk vandag
‘n bietjie rof gaan… gaan op jou knieë

en dank die Here dat Hy hierdie dinge op jou pad stuur om jou te
wys hoeveel krag jy in Sy naam het!

DOEN DIT WAT JOU SO ONTSTEL / MOEG MAAK EN WEET ”
ek is tot alles instaat deur Christus wat my die krag gee…”

-………………Ek sal deur hierdie dag kom…


Glitterfy.com – Glitter Graphics


SOMETIMES IN LIFE

The greatest tests are the ones we view as stupid

We forget to tell those who are important to us just how much we care.

We forget that every cloud has a silver lining.

We view our problems as though they can never be solved.

We forget that there is always a tomorrow.

We hold on to the past like it can help us through today.
We see challenges as a trial, forgetting that trials are what give us character.

We forget to smile, laugh and be happy.

Life is a wonderful gift, how we accept things in life depends on how we see ourselves.

Life is wonderful, we meet wonderful people, have great friendships,

Share wonderful secrets and moments and get to be loved, and to love.

Do not take life for granted.

May yours be filled with love and happiness
ALWAYS!!!



Geniet julle naweek  en die wat ry, kom  versigtig by julle bestemmings uit.

April 29, 2009 at 8:43 nm 2 Kommentaar

Die dag as alles verander

Dis die dag wanneer jy besef  jy is verantwoordelik vir jou eie geluk.

Ek het soms nie eers raad vir myself nie maar ek maak altyd tyd om na my liefie te luister en hom tot die beste van my vermoe raad te gee.  Die ding is ek bly nou by hom, en sy ma en ouma bly ook hier die ding is hy kry nie n wat wonderse salarisse nie, maar hy moet nog steeds vir mammie help om die huis te betaal.  Ek wens sy oe wil oop gaan, sy ma is net lief vir hom as hy geld het verder is hy niks en sy broer kan altyd alles beter doen, jaun kan nie gras sny nie dan is dit verkeerd.  “She reminds me of someone i once knew”   My probleem le by die feit dat sy ma ‘n druppel in die water as salaris kry maar hierdie groot huis wil sy in bly.  Ek is raadop, hoe meer raad ek probeer gee vir liefie, hoe meer dink hy ek laaik nie sy ma nie, dis glad nie dit nie, omdat ek weet sy ma dink hy is nie goed genoeg nie.  Is dit nie n ma se voorreg om gewoonlik toe te laat dat haar seun vir hom n lewe kan bou van sy eie nie?  Of is ek verkeerd, moet kinders vir hulle ouers sorg, as die pa nie meer daar is nie, of in hierdie geval die een seun?

image001

Lekker week vir almal net drie werks daggies wat voor le

April 27, 2009 at 5:18 nm 1 comment

Ek is alleen

Baie dinge pla my die af gelope tyd. En nou die aand het ek begin skryf sommer aan alles, dit lyk al soos n boek….. My liefie is weg vir twee dae kom woensdag terug en gaan dan wee donderdag weg… Ek verlang al klaar, is dit normaal?


My beste vriendin, Meermin jy sal weet die ene wat daai tyd aborsie wou gedoen het, sy is nou al so jaar en paar maande getroud die seuntjie is die oulikste dingetjie, sy het n affair met ene of ane skobbejak wat sy op mxit ontmoet het.  Sy jok nou al so vir haar man dat ek by die jokkery betrokke is, as sy vir K gaan kuier dan se vir vir M sy en ek gaan koffie drink. Die afgelope naweek is sy saam K weg na een of ane troue, en het vir M gese ek en sy is harties toe, my pa het vir ons n naweek by n spa geboek.  Ek voel as M gaan uit vind van die affair gaan hy my kwalik neem, omdat sy my naam gebruik en ek van dit geweet het en hom nooit gese het nie. Ek voel sy maak nie reg nie, sy bly uit plig by M, sy wil hom eers help om hulle skuld kla te betaal.  Sy werk nie eers nie sy bly by die huis en maak seun groot.


Ek weet nie, ek is nie iemand wat maklik praat nie, en ek se ook baie min nee. Hoe sit ek dit stop dat sy my naam nie gebruik nie?


Ek het n tydelike werk gekry, vir twee weke. Van dinsdag af. Dis darem iets en ekstra sente in die beursie. My liefie is weg vir die week, gaan op n kursus, die werk stuur hom en hy moet dan n 6maande kontrak teken.  As hy nie sou deurkom nie, moet hy betaal as hy weer wil gaan skryf. En sy uurlikse rate word verdubbele. So ek hou duim vas dat dit gebeur, dis erge wiskunde.


P.S Wippie, ek is verslaaf aan iets baie verslaafbaar, ek kry ontrekkingsimptome en het kort-asem.  Wat is die kuur? Aan wat is jy verslaaf



Glitter Words
[Glitterfy.com – *Glitter Words*]

Glitter Words

April 19, 2009 at 5:51 nm 4 Kommentaar

Ek is….

ek is addicted.

Lekker naweek almal

April 17, 2009 at 4:47 nm 1 comment

n Update oor die laaste paar weke

op en af die rollercoaster ride, wat mens se gevoelens laat wipplank ry. My c.v na so baie plekke toe gestuur en nog niks gehoor nie.  Ek was vir twee weke op die plaas, waar die vars lig my goed gedoen het, in die aande was ek gedaan, en was vroeg oggend al wakker, in my pajamas gele, tot 9 uur en dan aan getrek en buite rond gedwaal en saam my sussie gespeel, en weer op nuut besef, hoe dom grootmense rerig is, ons mis uit op alles net omdat ons ouer word en dink ons kan nie meer rondhardloop, en simpel speletjies speel nie.  Die skaap is massief en hy wil my elke keer so stamp met die kop gee, op bespring my van agter af.

van klein tjoppies na.....

van klein tjoppies na.....

na vet tjoppies, wat kaaskrulle, hondepille en enige iets wat koubaar is

na vet tjoppies, wat kaaskrulle, hondepille en enige iets wat koubaar is

en ons skaap is verslaaf aan nikotien, as jy net dink jy steek nog n sigaret aan dan is hy by jou.

dan trek hy daardie lippe, en wys sy tande...

dan trek hy daardie lippe, en wys sy tande...

Ek het weer geleer hoe om kind te wees, en biekie my worries opsy te skyf, sprokies wereld 20 km uit die dorp.  En meeste van als het ek my ou laptoppie gemis, baie baie……

Deur al die lekker het ek geleer om deur alles te werk, van my ouers se egskeiding tot al die ander dinge, en is nou weer reg om op te staan en hom bloots te ry soos Dellie altyd se.

Ek sal probeer opvang waar ek kan, en ek stuur my groete van blogger tot blogger. Ek het julle gemis

Moenie wegdryf nie!

Hebreërs 2:1-5
Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor
het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie (Heb 2:1).

Die Hebreërgemeente was besig om stadigaan van die ware God weg te
dryf. Die skrywer druk hulle dit op die hart dat hulle die
evangelieboodskap nie mag ignoreer nie, maar dat hulle dit behoort aan
te gryp.

Die meeste Christene het ewe-eens gewoond geraak aan Jesus se blye
boodskap – ons lees elke dag daarvan in ons Bybel en ons hoor dit
elke Sondag in die kerk. Soos die Hebreërgemeente loop ons ge­vaar
om nie meer met entoesiasme op God se genade-uitnodiging te re­ageer
nie. Is dit miskien waar van jou ook? Luister gerus na die
waar­skuwing wat hier aan die Hebreërgemeente gerig word: jy mag God
se uitnodiging nie ignoreer nie. Dit sal maak dat jy dalk die hemel
kan misloop. Dink mooi of jy nie dalk die afgelope tyd besig was om
byna ongemerk van God weg te dryf nie? Wees op jou hoede dat jou
geloof nie mettertyd – miskien sonder dat jy dit agterkom –
verflou nie.

As jy nie meer gereeld bid nie, as jou stiltetye al korter word en
jou kerkbywoning al hoe minder, as jou entoesiasme vir God aan die
af­neem is, moet jy gevaarligte sien flikker. Indien jy die
“saligheid” wat jou aangebied word verontagsaam, sal jy sekerlik
nie aan God se toorn ontkom nie. Keer terug na God toe voordat dit te
laat is, en anker jou opnuut aan die enigste ware fondament van jou
geloof – Jesus.

Here Jesus, vergewe my dat ek in die laaste tyd byna ongemerk van U
begin wegdryf het. Ek wil nou weer my verhouding met U nuut maak en u
genade-aanbod persoonlik aanvaar.

April 15, 2009 at 7:34 nm 1 comment

Gedigte en die naweek

As die winde huilend skreeu en die druppels op my stoep neerplons

as gister se onthou my hart oopruk en jou gesig op my foto geel verouderd in houtraam staan en beswyk

as jeugliefde jou soms stom verbaas agterlaat en voetspore ewig ingeets op die hart se mure

as ou spoke jou teister en jou dade van gister jou volg

as wat die hout eenvoudig geword het die vlamme van jou geheue spat vonke in jou binneste


jou woorde bloed vlekke agterlaat
jou nabyheid my dra
jou gesig gestorwe teen seerkry
jou aanslae na my skiet
jou eelt gewerkte hande my gesig
in die na nag streel
en my kelkende hande die
trane druppend van jou wang vasvang

Ek wens ek het woorde gehad om te beskryf hoe ek voel. Die afgelope tyd het baie dinge gebeur wat my kop laat sing, ek weet net nie meer watse kant toe nie, en dan is ek nog werkloos ook, maar het darem al n hele paar interviews op geline ensovoorts.  Verder was my naweek lekker, my liefie was by die huis het nie weer gewerk nie, so ons het baie gepraat en dinge saam gedoen, en vir ‘n wonder nie baklei nie. Ek het liefie uit geneem vir ete en ons het Saterdag aand gaan fliek, en gister dvd’s uitgeneem en net gerus.  Ek hoop julle naweek was lekker.

ek en liefie

ek en liefie

Geniet die week

bee-utiful_week

Maart 30, 2009 at 9:47 vm 3 Kommentaar

26 LEWENSFEITE VIR VROUE – MARETHA MAARTENS:

1. Die ego van ‘n trouman is so dun soos ‘n membraan. Bly weg van ‘n man met ‘n ego wat nog dunner is. Telkens wanneer die pieperige ego’tjie skeur, gaan die eienaar jou verantwoordelik hou vir lyding en verlies aan lewensgehalte.

2. Moenie oorhaastig verloof raak of trou nie. As dit ewige liefde is gaan hy nie toelaat dat iemand anders hom binne die volgende ses maande opraap, ontvoer of blywend betower nie.

3. Vroue wat nie trou nie, het hul redes. Gelukkig vir die mansgeslag is die vrouens te diskreet om dit aan die hele wereld bekend te maak.

4. Wanneer aanneemkinders op hulle aanneemouers se harte trap, is dit nie omdat hulle aanneemkinders is nie, dit is omdat hulle kinders is.

5. Jou bejaarde ouers se harte is so broos en breekbaar soos hulle heupe.

6. Jou getroude dogter (en skoondogter!) se skokkende kaste, vaal kastrolle, harde kussings, kunsveselkomberse, kitcherige skilderytjies en taai ketel is reg net soos dit is.

7. Soms is dit net een van daardie dinge!

8. Jy hoef nie alles by te woon, te sluk, te onthou, te ondersteun, te besit, te weet of alleen te hanteer nie.

9. Jou gewig is reg solank jou regterbobeen nie jou linkerbobeen rou skaaf nie.

10. Wat jy nou beleef, gaan ook verby.

11. Die geveg teen oud word is interessant, maar in aanvaarding lê ‘n skat van vrede opgesluit.

12. Wanneer ons ophou om mooi aan te trek en net in sweetpakke en oorgroot T-hemde rondloop, jok ons wanneer ons sê: “Ek voel gemaklik so.” Wat ons eintlik sê is “Ek voel ongemaklik oor myself.”

13. God gee om.

14. Die ouer wat ‘n obsessie ontwikkel oor een talent in haar kind se lewe, kom selde agter hoeveel potensiële vriende haar kind verloor.

15. 95% van kinders op wie daar druk van hierdie aard geplaas word, gooi daardie talent na skool weg en vind terselftertyd dat hulle die kuns om hulself deel van ‘n groep te maak, nie op 20 eers kan aanleer nie.

16. Egskeiding is nie ‘n onvergeetlike sonde nie, maar dis ‘n haaiaanvaal op kinders.

17. Seks is veronderstel om lekker te wees.

18. Die saad van die allerverskriklikste sondes lê onder die sand van elkeen van ons begrawe. Dit wag net vir die regte omstandighede om te ontkiem.

19. Was daar nie onverdiende genade nie, was dit ek.

20. Maak meer en meer sagte plekke in jou hart vir meer en meer mense.

21. Kinders het hulle ouers se ore nodig.

22. Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe.

23. Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.

24. ‘n Vrou moet nie te toegeeflik, te afhanklik, te praterig, te stil, te onafhanklik, te agterdogtig, te goedgelowig, of te haastig wees nie. ‘n Vrou het styl wanneer sy begrypend-menslik-uitreikend-belangstellend-sterk-nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie-goedgesind-onversteurbaar-kalm leef en optree.

25. Om net te wil hê is kinderagtig.

26. As jy ‘n kat of hond het, gaan jy ontdek dat hy kan praat.

MARETHA MAARTENS
laugh
life

Maart 25, 2009 at 11:30 vm 5 Kommentaar

Older Posts Newer Posts


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Junie 2017
M D W T V S S
« Aug    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 235,922 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates