Om liefde te deel…..

 

 

 

Dankie aan meermin
 vir die toekenning, ek waardeur dit baie. Jy is net so spesiale mens, dankie vir jou vriendskap. 

 

May there always be work for your hands to do;

May your purse always hold a coin or two;

May the sun always shine on your window pane;

May a rainbow be certain to follow each rain;

May the hand of a friend always be near you;

May God fill your heart with gladness to cheer you
Author Unknown

 

update:  Ek het vergeet om ook aan iemand die toekenning te gee,  Aan almal op die blog wat altyd my blog kom lees….. Gee ek hierdie toekenning…

September 23, 2008 at 9:15 vm 3 Kommentaar

Vergewe….Vergifnis

Dit wat julle reggekry het,  Bravo

Dankie Heer dat ek deur alles nog kan opstaan en U wonders aanskou;

Wanneer jy tyd saam met God deurbring, kom daar altyd verandering in jou lewe
Anoniem

Die Here is my krag en my sterkte

Ons almal moet in hierdie lewe moeilike situasies hanteer.  Ons almal beland in krisisse.  Ons almal voer elke dag ‘n stryd teen die Bose wat ons in versoeking wil verstrik.

Ons het die belofte dat ons sal deel in sy oorwinning omdat ons aan Hom behoort.  Ons moet net opkyk na God, van wie ons hulp altyd kom.  Ons moet ons oe gevestig hou op Jesus, die Begin en die Voleinder van ons geloof.

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee
Filippense 4:13

“Ek het U baie lief,
Here, my Sterkte.
Die Here is my rots,
my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my  veilige vesting”
Psalm 18:2-3

Na Vrydag se gebeur was ek geskeur, middel deur oor mense se aksies, die krap in jou private dinge.  Ek het die bloed wat in my are vloei wat my verbind aan julle verwens, maar die Here het my gelei om vrede te maak.

Ek Vergewe julle, Here en vergewe my vir dit wat in my gedagtes gemaal het.

Here , gee my krag
wanneer die lewe my wil platslaan
Wanneer die moegheid en moedeloosheid
my wil oorweldig, draai ek na U toe
my Skuilplek en my Redder,
my Skild en my sterk Verlosser,
my veilige Vesting,
my Rots by wie ek skuil.
Dankie vir u belofte in u Woord
dat u genade ook vir my genoeg is,
dat u krag juis tot volle werking kom
wanneer ek swak is.
Dankie dat ek kan glo:
Ek is tot alles in staat
deur die krag wat U self aan my gee.
Met U aan my kant kan niks my onderkry nie.
Niks kan my uit u liefdevolle hand ruk nie.
Gee aan my u krag en u genade, Here,
sodat ek in u Naam meer as ‘n oorwinnaar kan wees.

Tot U naam alleen,
Amen

September 22, 2008 at 6:20 nm 1 comment

Die gesuis in my ore

Ja mense wat dink hulle weet alles, en jou dan wil uit trap…..

Al wat ek hoor is blah-blah-blah

Wie dink jy is jy in anyway om in te meng met ons sake….

jy ken  nie die volle storie nie,
jy weet jou woorde
“julle is almal lelik met haar”
laat my lag
maar ken jy die rede????

So next time mind your own business

okie?

cabish???

September 19, 2008 at 8:27 vm 3 Kommentaar

Donderdag funnies

September 18, 2008 at 12:08 nm 1 comment

Stenig my

stenig my
dan met
die woorde
van jou
leed

September 18, 2008 at 11:01 vm Lewer kommentaar

Iets om oor te dink

Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
2 Korintiers 9:6-7

Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; ‘n betroubare mens bewaar ‘n geheim
Spreuke 11:13

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Filippense 4:13

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag
julle heeltemal vervul word met die volheid van God.
Efesiers 3:19

U leer my hoe om te lewe.  By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.
Psalm16:11

Ek voel weer biekies-biekies lus om weer te begin lewe en te blog.  Alles was deurmekaar in my kop, my hart en siel was vol emosionele dinge, wat maak dat ek wou huil, en sommer net heeltyd in die bed bly met kombers oor my kop getrek.  Sodat die lewe en dinge buite bly, maar om te bly le is nie ‘n opsie nie.

Ek is aan die probeer om dinge met ‘n vriendin van my reg te stel, maar dit wil nie lekker uit werk nie.  Moeilik om te moet sit en te besef dat ek is dalk die verkeerde persoon, te humeurig en vol dinge.  Maar ons elkeen het tog ons foutjies, en moet maar saam lewe met ander sin. Reg?

Hoekom wil so baie mense ander mense probeer verander?
Hoekom is die lewe altyd so hard? of dink ons maar net so?

Dinge gebeur met ‘n doel in die lewe sodat ons nie perspektief verloor nie.

Mag julle ‘n wonderlik dag he!

Liefde altyd
N

September 17, 2008 at 10:54 vm 2 Kommentaar

Dinge wat my laat wonder

Wat my altyd verstom laat, my laat wonder, my kwaad maak, my seer maak en
my laat huil…..

is die wonder oor hoe mense dinge kan se, waarvan hulle niks weet nie.
hoe mense die mag in hulle hande hou om my te kan omkrap.
Wat weet sy wat in my lewe aangaan om sulke dinge te kan se?
Sy is die een wat my weg gedryf het van haar af, my gemaak jok het
omdat ek nie reguit kan se dat ek nie in haar geselskap wil verkeer nie,

jy weet jy is reg….”ek rafel uit” maar ek het spesifieke mense in my lewe
(wat ek gekies het om deel te wees van my lewe)
help my om nie uit te rafel met jou aksies en dade nie……

ek mag dalk verkeerd wees, maar elkeen het ‘n besluit van wie
hulle wil he moet deel wees van hulle lewe.
Jy het aan my geboorte geskenk, en dis waar dit dalk ook
ge-eindig het.

Groetnis……

September 17, 2008 at 9:57 vm 3 Kommentaar

Older Posts Newer Posts


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Mei 2020
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 253 045 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates