Ek is alleen

April 19, 2009 at 5:51 nm 4 Kommentaar

Baie dinge pla my die af gelope tyd. En nou die aand het ek begin skryf sommer aan alles, dit lyk al soos n boek….. My liefie is weg vir twee dae kom woensdag terug en gaan dan wee donderdag weg… Ek verlang al klaar, is dit normaal?


My beste vriendin, Meermin jy sal weet die ene wat daai tyd aborsie wou gedoen het, sy is nou al so jaar en paar maande getroud die seuntjie is die oulikste dingetjie, sy het n affair met ene of ane skobbejak wat sy op mxit ontmoet het.  Sy jok nou al so vir haar man dat ek by die jokkery betrokke is, as sy vir K gaan kuier dan se vir vir M sy en ek gaan koffie drink. Die afgelope naweek is sy saam K weg na een of ane troue, en het vir M gese ek en sy is harties toe, my pa het vir ons n naweek by n spa geboek.  Ek voel as M gaan uit vind van die affair gaan hy my kwalik neem, omdat sy my naam gebruik en ek van dit geweet het en hom nooit gese het nie. Ek voel sy maak nie reg nie, sy bly uit plig by M, sy wil hom eers help om hulle skuld kla te betaal.  Sy werk nie eers nie sy bly by die huis en maak seun groot.


Ek weet nie, ek is nie iemand wat maklik praat nie, en ek se ook baie min nee. Hoe sit ek dit stop dat sy my naam nie gebruik nie?


Ek het n tydelike werk gekry, vir twee weke. Van dinsdag af. Dis darem iets en ekstra sente in die beursie. My liefie is weg vir die week, gaan op n kursus, die werk stuur hom en hy moet dan n 6maande kontrak teken.  As hy nie sou deurkom nie, moet hy betaal as hy weer wil gaan skryf. En sy uurlikse rate word verdubbele. So ek hou duim vas dat dit gebeur, dis erge wiskunde.


P.S Wippie, ek is verslaaf aan iets baie verslaafbaar, ek kry ontrekkingsimptome en het kort-asem.  Wat is die kuur? Aan wat is jy verslaaf



Glitter Words
[Glitterfy.com – *Glitter Words*]

Glitter Words

Entry filed under: gedagtes, Hartseer. Tags: .

Ek is…. Die dag as alles verander

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 19, 2009 om 9:42 nm

    Hi Neyksie, nee jy moet hier uitkom. Dis nie reg nie!
    Jou eie gewete gaan jou opduiwel. ‘n Vrou verneuk nie haar man so nie. My ala magtig!!!! Dit word net nie gedoen nie. Sies!! Sy het ‘n kind, sy moet vergeet van mans en na haar man en kind kyk! 👿

    Neykie jy sê reguit vir haar jy kan nie so aangaan nie. Sy moet jou uit haar dinge uithou. Dit maak jou ongemaklik. Dis maklik om “nee” te sê. Veral as dinge nie reg is nie. Jy sal sien na die 1ste keer word dit makliker.

    Sy bly uit plig by haar man??? Hoekom glo ek dit nie? Jy is ‘n softie, sy probeer jou goedheid misbruik! Nee, Neyks jy is ‘n goeie girl, jy het nie hierdie nonsens in jou lewe nodig nie!! Laat sy verby hou. Haar arme, arme man wat niks weet nie. 😦

    Ek is verslaaf aan my rekenaar! hie hie 😳

    Sterkte aan jou liefie vir daai kursus en ek hoop jy geniet jou tydelike werk!!!
    Sterkte met daai “Nee” sê, doen dit Neykie, opregte en ware vriendinne sal jou nie by so iets betrek of so iets vra nie.
    x x

    Reply
  • 2. Dellie  |  April 20, 2009 om 9:47 vm

    Ek stem saam met Wip, Neykie. Jy moet jou voet neersit en nee sê. As sy haar man wil verneuk, moet jy nie help nie. Jou senuwees gaan meer uitrafel as hare. Laat sy haar eie dinge uitsort – jy mag ‘n goeie vriendin wees en luister en probeer raadgee, maar moet haar nie sterk in haar kwaad nie. En sy het NIE die reg om jou sommer net as ‘n “verskoning” te gebruik nie – vriendinne maak nie so nie!

    Sterkte jong, jy weet wat jy moet doen.😉

    Reply
  • 3. How I Lost Thirty Pounds in Thirty Days  |  Mei 4, 2009 om 11:34 vm

    Hi, interesting post. I have been thinking about this topic,so thanks for posting. I’ll certainly be subscribing to your blog.

    Reply
  • 4. Monique  |  Januarie 9, 2010 om 1:14 nm

    Good luck julle

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: