n Update oor die laaste paar weke

April 15, 2009 at 7:34 nm 1 comment

op en af die rollercoaster ride, wat mens se gevoelens laat wipplank ry. My c.v na so baie plekke toe gestuur en nog niks gehoor nie.  Ek was vir twee weke op die plaas, waar die vars lig my goed gedoen het, in die aande was ek gedaan, en was vroeg oggend al wakker, in my pajamas gele, tot 9 uur en dan aan getrek en buite rond gedwaal en saam my sussie gespeel, en weer op nuut besef, hoe dom grootmense rerig is, ons mis uit op alles net omdat ons ouer word en dink ons kan nie meer rondhardloop, en simpel speletjies speel nie.  Die skaap is massief en hy wil my elke keer so stamp met die kop gee, op bespring my van agter af.

van klein tjoppies na.....

van klein tjoppies na.....

na vet tjoppies, wat kaaskrulle, hondepille en enige iets wat koubaar is

na vet tjoppies, wat kaaskrulle, hondepille en enige iets wat koubaar is

en ons skaap is verslaaf aan nikotien, as jy net dink jy steek nog n sigaret aan dan is hy by jou.

dan trek hy daardie lippe, en wys sy tande...

dan trek hy daardie lippe, en wys sy tande...

Ek het weer geleer hoe om kind te wees, en biekie my worries opsy te skyf, sprokies wereld 20 km uit die dorp.  En meeste van als het ek my ou laptoppie gemis, baie baie……

Deur al die lekker het ek geleer om deur alles te werk, van my ouers se egskeiding tot al die ander dinge, en is nou weer reg om op te staan en hom bloots te ry soos Dellie altyd se.

Ek sal probeer opvang waar ek kan, en ek stuur my groete van blogger tot blogger. Ek het julle gemis

Moenie wegdryf nie!

Hebreërs 2:1-5
Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor
het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie (Heb 2:1).

Die Hebreërgemeente was besig om stadigaan van die ware God weg te
dryf. Die skrywer druk hulle dit op die hart dat hulle die
evangelieboodskap nie mag ignoreer nie, maar dat hulle dit behoort aan
te gryp.

Die meeste Christene het ewe-eens gewoond geraak aan Jesus se blye
boodskap – ons lees elke dag daarvan in ons Bybel en ons hoor dit
elke Sondag in die kerk. Soos die Hebreërgemeente loop ons ge­vaar
om nie meer met entoesiasme op God se genade-uitnodiging te re­ageer
nie. Is dit miskien waar van jou ook? Luister gerus na die
waar­skuwing wat hier aan die Hebreërgemeente gerig word: jy mag God
se uitnodiging nie ignoreer nie. Dit sal maak dat jy dalk die hemel
kan misloop. Dink mooi of jy nie dalk die afgelope tyd besig was om
byna ongemerk van God weg te dryf nie? Wees op jou hoede dat jou
geloof nie mettertyd – miskien sonder dat jy dit agterkom –
verflou nie.

As jy nie meer gereeld bid nie, as jou stiltetye al korter word en
jou kerkbywoning al hoe minder, as jou entoesiasme vir God aan die
af­neem is, moet jy gevaarligte sien flikker. Indien jy die
“saligheid” wat jou aangebied word verontagsaam, sal jy sekerlik
nie aan God se toorn ontkom nie. Keer terug na God toe voordat dit te
laat is, en anker jou opnuut aan die enigste ware fondament van jou
geloof – Jesus.

Here Jesus, vergewe my dat ek in die laaste tyd byna ongemerk van U
begin wegdryf het. Ek wil nou weer my verhouding met U nuut maak en u
genade-aanbod persoonlik aanvaar.

Entry filed under: bybel, Hartseer. Tags: .

Gedigte en die naweek Ek is….

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 15, 2009 om 10:06 nm

    Ons vrouens het almal nog bietjie kind in ons. En dis goed.

    Ai Neyksie ek is bly dit gaan beter met jou!!!

    Pragtige foto van jou! Jy is ‘n mooi meisiekind!!😉
    x x

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: