Vers ‘n dag – 6 Februarie 2009

Februarie 6, 2009 at 7:58 vm Lewer kommentaar

God se grootste genadegawe

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale
van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk
klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword (1 Kor 13:1).

Lees: 1 Korintiërs 13:1-13.

Die Christelike geloof verander menselewens, herskep gesindhede,
genees siekes, maak God ’n realiteit vir gewone mense en openbaar
dat die leerstellings van Jesus nie net nog ’n pragtige filosofie is
nie, maar ’n praktiese lewenswyse.
Omdat jy ’n Christen is, sal jy noodwendig die Here liefhê en
dien. Jy sal gedurig op soek wees na tekens om jou geloof te bevestig.
Jy begeer dalk een van God se opspraakwekkende gawes sodat jy groot
dinge tot sy eer en verheerliking kan doen. Die gawes van spreek in
tale, genesing, lering, die doen van wonderwerke en die krag van
onderskeiding is maar enkeles van God se wondergawes. Jy voel miskien
dat as jy een van hierdie Goddelike gawes kon besit, jy die toppunt
van geestelike ervaring sou bereik het.
God se grootste gawe is egter die gawe van die liefde. Om God lief
te hê met jou denke, jou gees en jou liggaam behoort vir jou die
toppunt van geestelike ervaring te wees. Watter ander gawes jy ook al
besit of begeer, dit tel in werklikheid niks as jy nie die gawe van
die liefde besit nie. Dit is liefde wat die alledaagse dinge heilig en
maak dat al die ander gawes die heerlikheid van God weerspieël. Bid
daarom voortdurend dat God aan jou sy allerbeste gawe sal skenk: die
liefde.

Lewende Here Jesus, gee aan my ’n helderder en groter besef van u
liefde sodat my lewe van elke dag u heerlikheid sal weerkaats.

Wanneer die aandskemering aanbreek, sal jy aan die liefde getoets
word. Leer om lief te hê soos God dit van jou verwag en verwerp al
jou eie pogings
– Johannes van die Kruis.

http://www.bybel.co.za/home/

Entry filed under: bybel. Tags: .

Die yak in Gluten-vrye brood….. Verkoue in Februarie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2009
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: