As die Here met jou praat…. moet jy luister

Februarie 2, 2009 at 1:09 nm 1 comment

In die afgelope twee weke het die Here met my gepraat op n manier, en gister was die praat wat deur gedring het.

Jou “klere” wys gewoonlik hoe jy voel, wat jy aantrek in die oggend is gewoonlik hoe mens voel.  Jou “klere” se baie van jou as mens jou persoonlikheid.  Maar dra jy God se klere met gemak, of dra jy dit net wanneer dit jou pas?  Weerspieel jou klere dat jy n Christen is?

Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly
God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik
(1 Joh 4:12).

Baie mense doen hulle voor as profete en se dan die Here het dit vir hulle gese of op so manier aangekondig, maar as daardie mense dit se hoe weet ons of hulle werklik Christen Profete is?  Kyk dan, hoe dra hulle, hulle klere?

“moet jy weet: as ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”
(Deuternonomium 18 vers 22)


So ook weereens het die Here tot my gespreek deur die kerkdiens gister.  My skouers sal altyd oorlaai voel met al hierdie emosies as ek dit so wil he, maar ek kan dit altyd in’n pakkie voor sy voete sit en my hart skoon hou en my kant so ook.

So vandag is n dag van vrede vir my, omdat ek weet ek kan en gaan my vergifnis en die vrede te bewerkstellig.

forgiveness2__1_2_8919

Oor die jare heen was daar talle mense wat ernstig na God gesoek het.
Hulle het gesmag na ’n persoonlike ervaring met die Skepper. Nou
beweer hulle egter dat hulle pogings nutteloos was.

Teleurgestel en gefrustreer as gevolg van hulle skynbare mislukking,
het baie se geloof verflou en verswak – tot so ’n mate dat hulle
nou die bestaan van God betwyfel. En dít vervul hulle met
skuldgevoelens. Hulle wonder ook of hulle nie dalk gestraf gaan word
daaroor nie.

Jy moet altyd onthou dat jy as Christen en kind van God ook ’n
dissipel van die lewende Christus is. Jy moet ook onthou dat God nie
alleen gevind word in oomblikke van stille meditasie en bepeinsing,
van gebed en Bybelstudie nie, maar ook in jou lewe van elke dag. God
is net soveel deel van jou elkedagse lewe as van jou formele
aanbidding.

As jy aan ander mense liefde betoon, watter vorm jou liefde ook al
aanneem en wie die persoon aan wie jy liefde betoon ook al mag wees,
kan jy seker wees dat jy in die ware teenwoordigheid van God is. Jesus
het gesê dat as ons goed doen aan die geringste van sy kinders, ons
dit aan Hom self doen. Liefde is die enigste pad na God toe, deur
Jesus Christus sy Seun!

Liefdevolle Here, leer my van dag tot dag om die wonderlike lesse van
die liefde te leer, veral om U lief te hê
omdat U my eerste liefgehad het.

Liefde vir God is die wortel en liefde vir ons naaste is die vrugte
van die boom van die lewe. Die een kan nie sonder die ander bestaan
nie, maar die een is oorsaak en die ander gevolg
– William Temple.

Entry filed under: bybel. Tags: .

Om jouself heeltemal te verloor…. Is nie cool nie Jou woorde

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Salomi Smit  |  September 14, 2010 om 9:59 vm

    ek dra God se profetiese boodskap uit in die vorm van ‘n cd indien jy belang sal stel om te hoor wat God vir Suid-Afrika wil sê kontak my by bg e-pos adres

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2009
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: