Ek het myself verstom

Januarie 31, 2009 at 7:56 vm 1 comment

Dit was nie net ‘n gewone fling nie dit was iets wat dalk hierdie jaar Januarie ‘n jaar kon gemaak het dat jy in my lewe so wees, maar my hart het met my kop hierdie stryery aangegaan en ek was in ‘n moerse siele stryd oor wat dan nou?  Hoe gemaak as liefde soos die jou onkant betrap en jy weet nie meer hoe dit suppose to be was om te wees nie.  Hoekom gaan ek elke keer om te loer of jy nie dalk iets sou geskryf het nie, hoekom?  Hoekom voel dit of ek wag vir jou email in my vonkpos boksie, hoekom het ek jou laat gaan. Hoekom was soveel dinge vir my belangriker as hoe ek gevoel het.  Hoekom het ek dan hartseer geraak toe jy net stil-stil verdwyn?

Hoekom is antwoorde altyd ontwykend?  Hoekom kon ek nie net reg-uit se dis hoe ek voel en ek is bang nie, bang vir die liefde wat my hart verower het, bang vir jou gesig in my drome omdat ek geweet het wat my hart se maar eerder na my kop geluister het! Hoekom was alles daardie tyd so deurmekaar.  Ek wens ek kon jou ‘n jaar later ontmoet het sodat jy die ware ek kon sien en leer ken, en nie net hierdie meisie wat altyd voorgegee het niks maak haar seer nie.  Ek wens jy kon my sien soos ek vandag is, baie seer en trane oor ‘n sprokie wat skerwe was vir so lank.  Ek wens jy kon my sien hoe ek “groot” geword het en meer logies oor alles dink, omdat ek weet in n verhouding is daar curveballs, maar dat daar geen waarborge gegee kan word nie, omdat mens nooit weet hoe die toekoms gaan wees nie.

Ek wens ek kon jou die kans gee, ek wens ek kon jou eenkeer soen?  Maar ons albei was skaam vir dit wat ons gevoel het? Of was dit net skaam vir mekaar?  Jy was ‘n kort rukkie deel van my drome.  Elke mxit en skype gesprek gegraveer in my geheue.

En ek sit vandag, en ek skryf en ek hoop jy lees dit raak.  En ek weet jammer maak nie die seer dood nie.  Ek wil net jammer se dat ek eise wou stel en jou so in die proses seerder gemaak het. Eise wat nie enige mens aan kan voldoen nie.

So hier is my jammer.

Dit beteken beslis niks, ek weet.

Entry filed under: gedagtes, Hartseer, K. Tags: .

Time to relax…. Om jouself heeltemal te verloor…. Is nie cool nie

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Februarie 1, 2009 om 10:08 vm

    Eina! Ja Neyks ons maak maar almal foute waaroor ons later spyt is. Maar uit ons foute leer ons! Sterkte!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: