Vers-‘n-dag Bybel.co.za

Januarie 29, 2009 at 7:41 vm 5 Kommentaar

Vereer God vir sy liefdestaal

Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer
toe, want dit is U wat liefde en trou bewys (Ps 115:1).

Lees: Psalm 115:1-17.

Wanneer die Heilige Gees met krag en gesag in en deur die Christelike
kerk werk, sal ons al hoe meer sien en hoor van vernuwing binne die
kerk en ook in die lewe van die lidmate. Baie publisiteit sal gegee
word aan wonderverskynsels wat baie mense gedink het tot ’n einde
gekom het met die afsluiting van die apostoliese tydperk. Maar alle
lof aan die lewende Christus vir die wonderbaarlike manier waarop Hy
Hom in die lewende kerk manifesteer in hierdie kommerwekkende tye!

Baie mense is skepties oor wat in ’n lewende kerk kan gebeur en oor
die sogenaamde wonders wat plaasvind. Selfs vir baie van die meer
konserwatiewe kerke is hierdie wonderwerke onaanvaarbaar en hulle kyk
daarna met die uiterste agterdog.

Dit is egter ’n tragedie as die moontlikheid van wonderwerke ontken
word. God is nog altyd die God van die vroeë kerk en niks is vir Hom
onmoontlik nie. Daar is ook ’n onfeilbare toets wat vir alle
wonderwerke aangelê kan word: Indien God op enige manier beroof word
van die eer vir wat gebeur het, moet dit met agterdog bejeën word.
Jesus Christus deel sy heerlikheid met niemand nie. Enigeen wat beweer
dat die eer vir ’n wonder hom of haar toekom, is ’n bedrieër. Op
grond van sy liefde en trou kom al die eer God toe, nou en tot in
ewigheid.

Aan U alleen, Here my God, aan U alleen kom die eer, die lof en die
heerlikheid toe vir u liefde en u trou.

Alle Christene sal saamstem dat ’n mens se geestelike gesondheid
direk in verhouding staan tot jou liefde vir God
CS Lewis.

Entry filed under: bybel. Tags: .

Elke soen voel soos die eerste een – Piet van Wyk de Vries Nuwe liefde

5 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Januarie 29, 2009 om 9:43 vm

    NEYKIE dankie vir hierdie pragtige boodskap!

    Lekker dag vir jou …

    Reply
  • 2. Zee  |  Januarie 29, 2009 om 10:53 vm

    Dankie Neykie…. jy weet ook darem net wanneer om sulke posts te doen!

    Reply
  • 3. isaac  |  Augustus 16, 2010 om 12:30 nm

    dankie vir die boodskap

    Reply
  • 4. Willie  |  Januarie 31, 2011 om 9:05 vm

    Goeie werk ons Sussie in Jesus Christus,BE BLESSED!

    Reply
  • 5. heilett  |  Julie 13, 2012 om 9:01 vm

    Baie dankie baie mooi woord

    Geniet. Die dag

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: