Toe gebeur dit alweer met my….

Januarie 13, 2009 at 1:45 nm 4 Kommentaar

Vanoggend negeuur is ek terug oppad plaas toe om die bediende te gaan aflaai en daar op die plaaspad ry die ou fossiel wat ook daar bly in my vas.  Ek briek morsdood toe ek hom in die pad sien, maar nee “ou ballie” kom met ‘n moerse spoed aangejaag, as hy wel sy briek getrap het is my naam nie Rene nie.  Ek dink hy is iets in die negentig jaar oud, wat te hel bestuur hy dan nog? Toe wil hy wragtig vir my vertel dis sy pad ons moet ‘n ander pad ry…. wtf????

Maar anywayz sulke dinge gebeur met my die dag as ek min geslaap het en nie lekker op gestaan het nie, daardie dae wat mens eerder in die bed moes gebly het.

ex34c_c_yellinglady

My jaar sover is besig as ek net tyd kan kry om biekie op die blogs rond te lees.  Maar ek sal elke dag een blog deurhardloop en lees.

Geniet julle dag en die res van julle week

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

2009 se wense vir jou Dis tyd om biekie te rus vir 2 dae

4 Kommentaar Add your own

  • 1. demoerin  |  Januarie 13, 2009 om 3:38 nm

    Agge Nee!! …sy pad …😆

    Reply
  • 2. Wipneus!  |  Januarie 14, 2009 om 9:34 vm

    Sê net asb vir my watter pad is dit, ek sal daardie pad liewer wil vermy. Ek is baie bang vir oumense agter die stuur.
    Een van hulle het nou die dag ons voorste bumper gestamp toe sy sommer agter uit ry. Daar was karre agter ons, dus ons moes maar net sit en kyk hoe dit gebeur!! LOL
    Ek neem aan sy het die motor in reverse gesit in plaas van 1ste rat!!!

    Nee Neykie trek van nou af so 5 meter van die pad af as jy die omie daar ver voor jou gewaar!!! whahaha

    Reply
  • 3. Tersia  |  Januarie 14, 2009 om 8:07 nm

    Dis sleg om so ‘n Januarie te he! Hoop nie jou skade is te veel nie! Dis ‘n ander nagmerrie! My kar staan oop op blokke! Op pad van Mosambiek af, wou sy nie meer hard werk nie! Gelukkig nie in Mos nie! Sterkte!

    Reply
  • 4. Me  |  Januarie 15, 2009 om 8:39 vm

    Hi Neykie!

    Het altyd ingeloer op jou web… Maar vandag is dit nie lekker om te lees van die “ou ballie” insident nie! Al is hy skuldig – waar is jou respek vir ouer mense…??? Nee-a , dit pas nie vir my by die “Sweet” beeld wat ek van jou gevorm het nie…

    Sê maar net….

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: