Drome (2)

November 7, 2008 at 8:32 vm 7 Kommentaar

Dis moeilik om my gedagtes bymekaar te kry.  Maar omdat ek baie graag hierdie net moet deel is omdat dit aan my hartsnare geroer het en ek voel dit sal die moeite werd wees.

Ek het Drome (1) geskryf terwyl ek besig was om ‘n boek te lees, wat net nie neergesit kan word nie.

Drome waar ons droom om eendag die beste te wees.  Ons drome word nie altyd waar nie, want ons drome is nie noodwendig dit wat God vir ons bestem het om te wees.

“Dis die drome waarvan ons nie bewus is nie, wat die belangrikste drome is.  God sien in ons harte en ken ons siele deur en deur.  Ons bewustelike drome word nie vervul nie, maar die Here se drome – daar die dieper drome – word altyd verwenslik.  Ons moet net ons oe oophou om die wonderwerk raak te sien waneer dit gebeur.”

4 Vriendinne het hulle eie drome gehad, maar dis nie noodwendig wat waar geword het nie, hulle moes die paaidjie stap om die dieper drome te sien waar word.

“Vertroue is ‘n risiko wat geloop en oorleef is.”

“Daar is net twee belangrike dinge in hierdie lewe – liefde en vergifnis.  Moenie jou toekoms aan die verlede gee nie.  Lewe sonder berou…..”

Elkeen wat die boek lees kan iets leer.  Dat al droom ons van alleen bly, en ‘n sakevrou word en die mooi huis op die rivier se oewer besit- dis nie noodwendig wat God in gedagte het vir ons nie.  En soms sal ons in opstand kom oor die pad wat ons moet loop – maar ons eind bestemming is soms meer werd as wat ons ooit sou besef.

As jy sal moet terug kyk en jouself afvra is al my eie drome vervul?  Ja of Nee?

Jy sal tog seker antwoord Ja, al was dit nie die hele droom nie – stukkies van die drome word tog vervul.

Aanhalings uit:  Drome in ‘n bottel – Penelope J.Stokes


Entry filed under: gedagtes, Hoop. Tags: .

Drome Inspirasie is soms nodig…. as ek net tyd kon kry om dit te gaan soek….

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  November 10, 2008 om 11:16 vm

    Ja stukkies van jou droom of jou drome verander natuurlik ook met die tyd.

    Liefde is baie belangrik, want met liefde val die res alles in plek. Jy sal vergewe, vir die nou lewe en gelukkig wees!

    Lekker week Neykie

    Reply
  • 2. meermin  |  November 11, 2008 om 7:41 vm

    Moenie ophou droom nie!!! Klou aan jou drome!!! Neykie geniet jou dag!!!

    Reply
  • 3. demoerin  |  November 11, 2008 om 10:15 vm

    Dou die ou wêreld nie maar saai sonder drome gewees het nie? Belangrikste bly maar om nooit op te gee nie, dit is dikwels in nabetragting wat mens agterkom hoeveel drome WAAR geword het.

    Reply
  • 4. Johan Swarts  |  November 11, 2008 om 12:52 nm

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

    Reply
  • 5. Tersia  |  November 11, 2008 om 2:06 nm

    “Vertroue is ‘n risiko wat geloop en oorleef is.” Sjoe! Dankie Neykie! Lekker dag vir jou!

    Reply
  • 6. meermin  |  November 15, 2008 om 11:56 vm

    GENIET JOU DAG!

    Reply
  • 7. Johan Swarts  |  November 18, 2008 om 3:04 nm

    Die Silwer Ponie het ‘n eerste individuele nuwe wenner!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
November 2008
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: