Ek wil net nie meer nie

Oktober 31, 2008 at 11:13 vm 6 Kommentaar

Dae soos vandag wil ek op die bed gaan le, gordyne toe getrek en net bly le.

Ek is nie seker of ek al hierdie gedig hier gesit het nie maar as ek nie het nie plaas ek hom vandag.  my gevoel word so perfek daarin geweerkaats….

Net so…

As ek net hier bly lê
en die koue sny deur my

As ek net hier bly lê
met die sterre wat blink vir my

As ek net hier bly lê
en al jou pyn op my neem

As ek net hier bly lê
en die winter vou sy hande om my hart

As ek net hier bly lê

As ek net hier bly lê
en julle vind my as die oggend
ryp nog vars op my liggaam is

As ek net hier bly lê
en my lyf verwerp die
warmte van jou hande

Ek het hom hierdie jaar in die winter geskryf en my hart en siel voel nog soos die winter.

Entry filed under: Gedigte, Lewe. Tags: .

Ongewone blogstilte Nooit is ‘n baie lang tyd….

6 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Oktober 31, 2008 om 11:54 vm

    Neykie gaan klim nou dadelik in bad, trek jou aan, spring in jou kar, en kom kuier!! DAN MAAK ONS ‘N BOTTEL AMARULA STUKKEND VANAAND!!

    Reply
  • 2. cebella  |  Oktober 31, 2008 om 6:07 nm

    ek kort ‘n bottel ordentlike soetwyn😉

    Reply
  • 3. Wipneus!  |  Oktober 31, 2008 om 7:01 nm

    (((Neykie)))

    Hierdie uitnodiging van Meermin klink baie lekker😉

    Ek hoop jy het ‘n baie lekker naweek!

    Reply
  • 4. Tersia  |  November 1, 2008 om 4:30 nm

    Hoop jy voel al teen hierdie tyd beter!! Geniet die naweek verder!

    Reply
  • 5. Wipneus!  |  November 3, 2008 om 8:40 vm

    Lekker week vir jou🙂

    Reply
  • 6. Bottertjie  |  November 3, 2008 om 12:18 nm

    Sjoe, maar dis bedruk! Ek weet hoe voel sulke dae.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2008
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: