Vergifnis is ‘n Keuse

Oktober 15, 2008 at 10:39 vm 1 comment

Elke Christen weet dat hy moet vergewe.  Meeste van ons besef ook dis nie ‘n maklike opsie nie.  Sommiges weet daar is ernstige gevolge as ons nie vergewe nie – wanneer ons onvergifnis saai, sal ons onvergifnis maai.

Daar is dalk nog minder wat besef dat telkens wanneer ons die “Onse Vader” bid, dan vra ons “…en vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree.”  Matteeus 6:15 stel dit soos volg: “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Ons probeer dus om te vergewe, maar die probleem is dikwels dat, alhoewel ons die woorde uiter daar nie werklik vergifnis plaasvind nie.  Indien dit wel die geval was, suo Christelike beraders heelwat minder werk gehad het.  Die feit dat ons nie werklik vergewe het nie blyk later uit ons gevoelens en handelinge.

Tydsberekening is belangrik

Dit is maklik om te vergewe wanneer ons onsself in toom hou en dadelik na die Here gaan met die woorde “Ek kies om hom/haar in U naam te vergewe” Deur onmiddelik ware vergifnis uit te spreek neem ons verantwoordelikheid vir ons eie reaksie op onregverdige behandelin of wonde wat aan ons toegedien is.  Sodoende word 1John 1:9 vir ons ‘n werklikheid: “Maar as ons ons sondes belei – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”  Ons het besef dat vergifnis twee kante het – ons gee en ontvang vergifnis self wanneer ons die slagoffer blyk te wees.

Ons is maar te geneig om vergifnis uit te stel en die resultaat is gewoonlik bitter.  Wanneer iemand ons te na kkom, reageer ons hart onmiddelik.  Ons brein mag nog verskonings soek en probeer om gou te vergewe, maar ons gewonde hart reageer onmiddelik met haat – gewoonlik deur ‘n wrok te koester en onsself van die persoon af te sny.

In 1 Johannes 3:15 lees ons dat ” Elkeen wat sy broer haat, is ‘n moordenaar.”  ‘n  Verstandige mens probeer nie homself te regverdig nie – “Wel, ek haat hom nie; ek het hom lief.  Ek haat net dit wat hy doen.”

Liewe Heer,

Ek kom na U as ‘n nederige mens
En vra U om my sondes te vergewe en
om die te vergewe wat my kwaad aan doen,
soos ek hulle vergewe.
Net U weet wat in my hart en lewe aangaan
wees by my elke oomblik van die dag sodat,
ek tot U naam kan lewe.

Amen

Entry filed under: Lewe. Tags: .

Sommer dink goed Ons nuwe toevoeging tot die gesin

1 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Oktober 15, 2008 om 12:46 nm

    hi jy ek is so besig, sal later bietjie lees

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2008
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: