Sommer dink goed

Oktober 14, 2008 at 12:56 nm 1 comment

Die hart wat liefhet, weet baie meer as al die wysheid wat boeke kan leer. – Charles Dickens

Elke oomblik in die lewe is spesiaal. En die uiteindelike gevolg van lewe is nie dood nie, maar ’n ewige heerlikheid. God het alles gemaak – ook vir jou. – Rina Hugo

Om iemand van harte te vergewe is ’n daad van bevryding. Jy bevry die ander persoon van die negatiewe band wat daar tussen julle ontstaan het. En jy bevry jouself van die las om as verontregte party te moet lewe. – Henry Nouwen

Onthou, as jy alles op jou eie wil doen, bou jy ’n muur wat ander uitsluit en jou inperk. – Anoniem

Die beste skoonheidsmiddels is ’n tevrede hart en ’n vrolike lewensuitkyk. – Barbara Johnson

Skuif weg van die een wat jou oë laat traan. Kyk op na die Een wat jou laat opstaan. – Reana Nel (sanger)

As jou knieë bewe, is dit tyd om te kniel. – Charles L Allen

Die lewe is ’n roos, ruik dit, geniet dit en gee dit aan vir vriende. – Persiese Spreekwoord

Die enigste manier om ’n vriend te hê is om ’n vriend te wees. – Ralph Waldo Emerson

Ek wil my lewe soos ’n afvlerkvoël aan U gee sodat U my saggies teen u bors kan koester. – Milanie Vorster

’n Kind sal nie vir God as sy Vader aanvaar as hy nie iets van God in sy aardse pa herken nie. – Austin L Sorenson

Laat jou denke en woorde in pas kom met God, Hy maak ons denke splinternuut. Hy skuif die fokus weg van onsself en verander ons om groot oor Hom en ander – Stephan Joubert

As jy iemand gevind het met wie jy jou diepste geheime, jou vrede en bekommernisse kan deel, het jy ware vriendskap gevind. – Vriendskap is Goud Werd

Lag is ’n kalmeermiddel sonder newe-effekte. – Arnold H Glasow

Dankbaarheid is die geheue van die hart. – JB Massieu

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Hoe sal ek maak? Vergifnis is ‘n Keuse

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Zee  |  Oktober 14, 2008 om 9:14 nm

    Baie goeie quotes!!!

    Mmmm, jou header is pragtig!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2008
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: