Dan plant ek my boom op n ander plek

Oktober 7, 2008 at 3:39 nm 3 Kommentaar

my boom

Soms gee die lewe mens moeilike opdraandes wat bestaan uit moeilike besluite neem en met die gevolge saam lewe.

Dinge wat ek geleer het die afgelope paardae is:

*  Moenie bang wees om te se nee nie (dit was my eerste keer, om nee te sê vir mense na aan my)

* Moenie bang wees om vir jou eie geluk te baklei nie

* As mense oor jou loop met hulle vieslike aanmerkings moenie jou daaraan steur nie, hulle sal nooit verander nie

* Al het ek gedink dinge is beter vandat my ouers gaan skei, ek was verkeerd.

* n egskeiding verander nie n persoon nie, nuwe invloed doen….

* dis oky om  hoekoms en waaroms te he, die Here sit mens nie verniet deur sekere dinge nie.

* jou ouers bly jou ouers maak nie saak wat nie

* die Here gee jou nie altyd wat jy vra dadelik nie, dit beteken net jy moet harder werk daarvoor, en dat Hy dink jy is nie gereed daarvoor nie – Alle goeie dinge kom met tyd

* Rome was nie in eendag gebou nie

* As mense jou verkeerd opvryf moenie iets terug se wat jy later mag berou nie.

* Somtyds is jy nie meer nodig op n sekere plek nie, kry dan net n ander plek om jou boom te plant (m.a.w om op n ander plek jou goeie dade, jou glimlag, of liefde uit te deel)

Al hoewel dinge nogal half rof gegaan het die afgelope tyd, ek wens ek kan in woorde omsit hoe ek voel, ek weet ek kan. Maar vir nou moet ek dinge hulle gang laat gaan, en weet dat ek heel ander kant gaan uitkom.

Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor
het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie (Heb 2:1).

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie,
maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan
ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort (1 Joh 3:18-19).

Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God
werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is (1
Joh 2:5)

“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Wie my
opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My
liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en … My aan hom openbaar” (Joh
14:15, 21).

 

Update: My vriendin het haar skelmpie af gese en gaan 100 % aan haar huwelik werk. 3 Hoera’s

 

Entry filed under: Elke dag iets nuuts om te leer. Tags: .

Dank aan Bottertjie…. speel lekker op Gizmoz Ek dink dis tyd.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Zee  |  Mei 8, 2009 om 9:51 vm

    Neykie, jy praat ‘n hele paar waar woorde hierbo….

    “Moenie bang wees om te se nee nie” – Jy gaan sien, van hier af gaan dit makliker gaan, dit was net om eers daardie eerste stappie te neem om nee te sê!

    Lekker naweek vir jou!

    Reply
  • 2. Wipneus!  |  Mei 8, 2009 om 10:36 vm

    Goeie inspirasie sommer vir ons almal!

    Ek is bly jou vriendin gaan aan haar huwelik werk!! Whoop whoop!!!

    Lekker naweek Neykie!

    Reply
  • 3. semisoet  |  Mei 9, 2009 om 1:20 vm

    alles is so waar wat jy daar se. En ek sukkel soms om dit tree vir tree te vat…..afterall hoe eet jy ‘n olifant?

    een happie op ‘n slag!

    lekker naweek

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Oktober 2008
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: