Vergewe….Vergifnis

September 22, 2008 at 6:20 nm 1 comment

Dit wat julle reggekry het,  Bravo

Dankie Heer dat ek deur alles nog kan opstaan en U wonders aanskou;

Wanneer jy tyd saam met God deurbring, kom daar altyd verandering in jou lewe
Anoniem

Die Here is my krag en my sterkte

Ons almal moet in hierdie lewe moeilike situasies hanteer.  Ons almal beland in krisisse.  Ons almal voer elke dag ‘n stryd teen die Bose wat ons in versoeking wil verstrik.

Ons het die belofte dat ons sal deel in sy oorwinning omdat ons aan Hom behoort.  Ons moet net opkyk na God, van wie ons hulp altyd kom.  Ons moet ons oe gevestig hou op Jesus, die Begin en die Voleinder van ons geloof.

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee
Filippense 4:13

“Ek het U baie lief,
Here, my Sterkte.
Die Here is my rots,
my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my  veilige vesting”
Psalm 18:2-3

Na Vrydag se gebeur was ek geskeur, middel deur oor mense se aksies, die krap in jou private dinge.  Ek het die bloed wat in my are vloei wat my verbind aan julle verwens, maar die Here het my gelei om vrede te maak.

Ek Vergewe julle, Here en vergewe my vir dit wat in my gedagtes gemaal het.

Here , gee my krag
wanneer die lewe my wil platslaan
Wanneer die moegheid en moedeloosheid
my wil oorweldig, draai ek na U toe
my Skuilplek en my Redder,
my Skild en my sterk Verlosser,
my veilige Vesting,
my Rots by wie ek skuil.
Dankie vir u belofte in u Woord
dat u genade ook vir my genoeg is,
dat u krag juis tot volle werking kom
wanneer ek swak is.
Dankie dat ek kan glo:
Ek is tot alles in staat
deur die krag wat U self aan my gee.
Met U aan my kant kan niks my onderkry nie.
Niks kan my uit u liefdevolle hand ruk nie.
Gee aan my u krag en u genade, Here,
sodat ek in u Naam meer as ‘n oorwinnaar kan wees.

Tot U naam alleen,
Amen

Entry filed under: Hartseer, Lewe. Tags: .

Die gesuis in my ore Om liefde te deel…..

1 Kommentaar Add your own

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
September 2008
M T W T F S S
« Aug   Oct »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: