Hoe leer mens om te praat, as jy voel jy kan nie

Augustus 13, 2008 at 7:00 vm 5 Kommentaar

Ek was seker maar nog altyd so, as iets gebeur en dit maal en kolk binne my kon ek net nog nooit daaroor praat nie. Ek dink dat ek afgeleer het hoe om te sê wat my pla en hoe ek rerig voel. Praat is een van my swak punte en dis net nie iets wat ek graag doen nie. Ek glo vas dat as die Here my hier deur kan sit sal hy my kan bystaan deur dit alles ook. Dalk redeneer ek verkeerd met myself, ek het nog altyd gecope met alles.


glitter-graphics.com

Te moeg
om te stry
elke woord
in my gedagtes
keer my
lippe
om uit te roep

te seer
om toe te
laat
dat julle
die trane
moet beleef

te vroeg
vir my
om
vrede te
moet maak

te gou
was alles
fyn splinters
wat my
hart se mure
kerf


glitter-graphics.com

Lekker dag

Entry filed under: Gedigte, Lewe.

Liefde deur Anria My simfonie noot

5 Kommentaar Add your own

  • 1. demoerin  |  Augustus 13, 2008 om 10:00 vm

    Ek dink menige persoon sit met hierdie probleem. Die ding is dat die opkrop jou uiteindelik geestelik en fisies skade kan aandoen. ‘n Ander persoon se opinie kan van baie waarde wees. Praat Suster, Praat!

    Antwoord
  • 2. Tersia  |  Augustus 13, 2008 om 11:35 vm

    Ek stem D, opkrop is soos ‘n kanker! Eventueel kom dit uit in allerhande skete en kwale!

    Antwoord
  • 3. meermin  |  Augustus 13, 2008 om 12:37 nm

    Klim in jou kar, jaag iewers heen, en gaan skree soos nog nooit in jou lewe nie!! Of klap ‘n deur toe, so hard soos jy kan!! Ontplof jong, moenie so bly opkrop nie! Lekker middag vir jou verder.

    Antwoord
  • 4. Adrie  |  Augustus 13, 2008 om 5:28 nm

    Neykie

    Ek is ook nie ‘n prater nie. Toegegee, ek is so sensitief soos ‘n doringtak. Wat soms werk is om ‘n brief te skryf. Of pak uit by iemand wat jy nie ken nie.

    Antwoord
  • 5. Wipneus!  |  Augustus 13, 2008 om 8:15 nm

    Sing soos ‘n pappegaai, ons sal luister. Maak skoon die hart!

    Antwoord

Lewer kommentaar op Wipneus! Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2008
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 261 581 spore

Snuffel kyk

who's online