Liefde deur Anria

Augustus 12, 2008 at 6:13 vm 4 Kommentaar

Vir lank, dalk te lank het ek die verkeerde prentjie van liefde gehad.
Ja ek het ook met sprokies groot geword. Van ‘n prins wat jou sal kom red en jou wegneem na ‘n beter plek.
Ek het net nie geweet dat almal wat hulle voorgee as prinse, nie prinse is nie.
Dat somige prinse jou kom haal en wegneem na ‘n plek wat nie beter is as waar jy is nie. Dat die prinse jou vertel van sprokies wat hulle opmaak maar wat eintlik nie sprokies is nie.

Okay, ek dwaal nou so bietjie af van wat ek eintlik wil sê.

Liefde.

Ek het gedink, (en ek is seker daar is baie mense wat hiermee saam stem) dat liefde soos volg moet wees:

Wanneer jy lief is vir iemand, moet jy met jou hele wese smag na die persoon,
jy moet alles wil opgee vir die persoon,
alles met die persoon wil deel,
alles vir die persoon wil doen.
Jy moet nie ‘n sekonde van die dag wil weg wees van die persoon nie.
Jou hart,
siel
jou hele bestaan moet aan die persoon behoort.
Jy moet nie sonder die persoon kan of wil lewe nie.
Jy moet in die aande lê en smag na die persoon
en wens
en hoop
en droom
en bid
dat die persoon net iets vir jou voel.
Dit moet seer wees as jy aan die persoon dink.
Die verlange dat die persoon aan jou moet vat moet jou mal maak …

… so, het ek nog altyd gedink, moet liefde wees.

Maar ek het iets besef. (wat mense sekerlik teen gaan stry, maar dit maak nie saak nie, want hierdie is my opinie…)

Swak mense voel so.
Swak mense het iemand so lief.

Ja van die goed is reg, en moet gevoel word. Maar nie met alles wat jy is nie, want …

As jy lief is vir die regte persoon, gaan die persoon lief wees vir jou. Dit GAAN so maklik wees. Jy gaan nie met jou hele wese hoef te smag om by die persoon te wees nie, want die regte persoon gaan by jou wil wees…

Liefde gaan nie van jou verwag om ‘n titsel van jouself op te gee nie.

Ja daar is opofferinge, maar niks wat jou as mens verminder nie.
Niks wat jou afbreek nie.
Die regte persoon sal nie van jou verwag om iets op te offer nie, maar jy sal opoffer wat nodig is … want dit gaan van self kom.

Liefde is wanneer jy alles gee maar niks verwag nie, en dan alles kry…

‘n Mens moet jou eie jy bly.

Want as jy alles doen vir die persoon wat jy voor lief is, en elke sekonde van die dag by die persoon wat jy lief het is, en nie tyd maak vir jouself nie, gaan jy verdwyn.

Jy gaan vergeet van jou.

Maak tyd vir jou as mens, as iemand jou lief het, sal hy / sy nog daar wees as jy terug kom.

Liefde is wanneer jy binne en buite julle verhouding vir jouself lief kan wees

Jou hart en siel en jou bestaan behoort aan God….en aan God alleen. Hy alleen moet jou besit. Jy en jou liefde moet saam aan God behoort, nie aan mekaar nie.
Dis wanneer jy jouself vir ander mense gee, wat jy jouself verloor.

Jy kan sonder enige iemand lewe, jy wil net nie. As iemand nie saam met jou wil lewe nie, is hy / sy nie die regte persoon nie.

Liefde is wanneer jy nie wonder of iemand jou lief het nie, maar dit weet. Wanneer jy dit in sy / haar oë kan sien en in haar / sy woorde kan hoor selfs al lees jy dit net.

As mooi woorde seermaak op ‘n slegte manier, is dit nie waar nie.

Liefde is wanneer jy verlang met alles wat in jou is, maar steeds kan lag want jy weet die persoon verlang terug.

Liefde is mooi, en al wil jy hoe graag gelief word, of al is jy hoe lief vir iemand, die oomblik wat liefde seermaak, (en ek praat nie van skoenlappers of jou maag wat saamtrek as hy jou soen nie), as liefde seermaak, dan is dit nie liefde nie.

Wanneer jy meer huil as lag,
meer ongelukkig is as gelukkig,
wanneer dit moeite is om by die persoon jouself te wees,
dan is dit nie liefde nie.

Dit maak nie saak hoe lief jy iemand het nie. Dis nie te sê dit is die regte persoon met wie jy jou lewe moet deel nie.

Die regte persoon sal jou nie ongelukkig maak nie. Ja julle sal stry, en baklei… en jy sal soms voel jy wil huil … maar dit moet nie meer wees as die gelukkige tye nie.

En NIEMAND gaan hul lewe deur gaan sonder om gelief te wees nie. Party mense ontmoet die regte persoon op 18, party op 58 … jy sal nie die regte persoon ontmoet voor jy nie die regte persoon is vir die person wat jy moet ontmoet nie.
‘n Mense leer,
en groei
en word sterker
deur verhoudings
en ondervindings,
jy word gevorm,

… jy word wie jy moet wees (wie jy is) …

http://www.woes.co.za/skrywers/1426_Anria.htm

(Anria het my toestemming gegee om hierdie te plaas)

Hoop dit vat aan jou hart soos dit myne geruk het, en dat elkeen daarbuite tog sal besef dat liefde van tweekante afkom.  En dat die wat in iets vasgekeer is, jy het die krag om dit te verbreek.  Onthou jy “mens moet jou eie bly”

Entry filed under: Liefde. Tags: .

Begin van ‘n nuwe week Hoe leer mens om te praat, as jy voel jy kan nie

4 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Augustus 12, 2008 om 7:23 vm

    Liefde is my nie beskore nie!! Volgens boeke en nice flieks is liefde iets mooi, iets wat jy kan koester, en altyd in jou hart het!! Ek het dit nie!!

    Reply
  • 2. demoerin  |  Augustus 12, 2008 om 7:49 vm

    Ongelukkig leef ons nie in perfekte sprokieswêrelde nie. Die mens, en liefde, en alle ander emosies is baie meer kompleks.

    Reply
  • 3. Tersia  |  Augustus 12, 2008 om 9:37 vm

    Die liefde…… dit is beslis baie kompleks!

    Reply
  • 4. Maandag 11 juni 08 ·  |  Augustus 13, 2008 om 7:52 vm

    […] News » News News Liefde deur Anria2008-08-13 00:52:22Het, jou hart soos dit myne geruk het, en dat elkeen daarbuite tog sal besef dat […]

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2008
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: