Ons het net tyd…..

Augustus 4, 2008 at 6:43 vm 6 Kommentaar

Hoeveel keer word ons kwaad en se dinge wat onnodig is? Hoeveel keer loop jy weg van ‘n geliefde na ‘n uitval? Hoeveel keer dink ons daar is nog baie tyd om alles te doen wat ons wil?

Tyd is al wat mens het…..

More mag nie wees nie, en dan het jy gedoen wat jy moes. Om jammer te se of om net te se ek is lief vir jou, of dankie. Dis ‘n bummer ne? Jy dink ook seker nou ag, daar is nog baie tyd om dit of dat te doen. Ek sal more jammer se, sal biekie later bel om te se ek mis jou. Maar die waarheid, die lewe wag nie vir jou om al hierdie dinge te doen nie. Gewoonlik is uitstel…. Afstel.

Dit het twee mense geneem om my presies te laat agterkom, dat dit wat vir ons belangrik is dat ons moet veg vir dit. Waarom neem tyd so baie beslag van ons lewe?

bv. “jammer jy ek is oppad na ‘n vergadering kan ons later praat?” of “jammer ek is toegegooi onder die werk ek sal nie kan gaan midagete eet saam jou nie” Hoekom is ander dinge altyd belangriker as om tyd (kosbare tyd) deur te bring saam mense wavoor jy eintlik moet lief wees.

Eendag sal ons besef hoe min tyd ons werklik oor het. Dan mag dit dalk te laat wees.


glitter-graphics.com

Entry filed under: Lewe.

Vir ‘n rukkie Die vermetelheid van jou

6 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Augustus 4, 2008 om 7:03 vm

    Môre jy ons almal word maar kwaad soms sè ons goed wat ons nie een regtig bedoel nie!

    Antwoord
  • 2. Bottertjie  |  Augustus 4, 2008 om 10:07 vm

    Mal oor jou feetjie prentjies!

    Antwoord
  • 3. demoerin  |  Augustus 4, 2008 om 1:56 nm

    😆 , voel altyd of jy my op een of ander manier oor die vingers tik. Elk geval, baie ware woorde. Van uitstel kom afstel…en dan na afstel kom die spyt gewoonlik te laat.

    Antwoord
  • 4. neykie  |  Augustus 4, 2008 om 2:22 nm

    DMI ek dink ek tik myself maar ook oor die vingers…..

    Antwoord
  • 5. Jan Debackere ·  |  Augustus 5, 2008 om 8:00 vm

    […] News » News News Ons het net tyd…..2008-08-05 01:00:14Lewe se ek mis jou. Maar die lewe wag nie vir jou om dit of dat te doen. Ek sal […]

    Antwoord
  • 6. Wipneus!  |  Augustus 5, 2008 om 8:29 vm

    Hi Neyks!!

    Ek is altyd so bang om met iemand te baklei want die lewe maak soms sulke snaakse draaie. Net-nou kry jy nie tyd om jammer te sê nie. Ek hou van jou feëtjie prentjie!!!!

    Antwoord

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2008
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 261 572 spore

Snuffel kyk

who's online