Soos alle goeie dinge moet ons die slegte tye ook beleef en deur werk

Augustus 1, 2008 at 9:27 vm 3 Kommentaar

 

Ek is besig om te val, en so erg dat ek dink ek sal nie weer kan opstaan nie. Mense om my verval in depressie en hartseer en dis aansteeklik. Jy dink as hulle vandag almal werk toe gaan sal jy die pakkie pille onder in die laai neem en alles drink. Maar snaaks genoeg, weet jy dat jy die een sal wees wat hulle min of meer hier deur sal kan kry.

Ek wens dan ek was weer die klein dogtertjie wat in die hoekie kon gaan sit, en die wereld uitsluit. Ek wens ek kon die raadgewer wees en verseker dit sou oky wees. Dis moeilik om te weet vir ‘n ruk (‘n lang ruk) sal dit moeilik wees om van jou seer en dinge wat met jou gebeur het te vergeet, en jy sal seker nog vir ‘n rukkie aan hierdie 23jaar sindroom lei. Maar jy moet ook onthou dat ons is nou hier, saam met mekaar in hierdie ding.

En ek weet jy weet dat vandag werk in op jou onderbewussyn, en ons verstaan dit. En die beste ding is ons gaan hier wees as jy van daar af kom. Ek kan nie dinge vergemaklik nie, maar jy weet dalk as dit verby is sal ons almal weet hoekom ons hier deur moes gaan, om die ware geluk te ervaar.

Dad, hou moed want jy is sterker as hierdie ding wat besig is om jou op te vreet van binne.

Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.
Nog ‘n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; ‘n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.
(Psalm 37)

Die Here sal voorsien vir dit wat ons kortkom, as ons glo en vertrou. 

Moenie dat dit wat sy probeer regkry, gebeur nie, jy moet in stap en daar moet vrede op jou gesig weerspieel.  Jy weet as sy sien jy is happy sal sy nog verder versink in haar eie haat.

 

Liewe Heer,
Sal U vandag hierdie man help,
en sodat hy sy vrese sal oorkom,
en sterk te staan.  Here wees saam met
hom in hierdie tyd lei hom en gee hom die
geloof en hoop dat na dit alles wag daar
liefde vir hom by sy tuiskoms.


glitter-graphics.com

Entry filed under: Hartseer, Lewe. Tags: .

Pot vol goud Vir ‘n rukkie

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Augustus 1, 2008 om 11:53 vm

    (((Neyks)))

    Sterkte vir jou pa!!

    Lekker naweek

    Reply
  • 2. meermin  |  Augustus 1, 2008 om 12:24 nm

    Jammer ek is so stil ons internet was af vanoggend en ons is toe onder die werk. Die dat ek nog nie ‘n nuwe inskrywing gemaak het nie. Ekke is gedaan, voel of ek kan omkap en bly lè!!

    Reply
  • 3. Tersia  |  Augustus 1, 2008 om 2:39 nm

    Ek dink jou pa moet baie trots wees op ‘n dogter soos jy!! Sterkte vir die naweek!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Augustus 2008
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: