’n Klein kombersie

Julie 30, 2008 at 12:00 nm 5 Kommentaar

Ek is weer oor my ore toe in die werk, hardloop rond soos ‘n afkop hoendertjie.  Vat net hier en daar grond.  Ek wens dis al naweek.

Kat & muis

in drome
al soekend
na mekaar

die vuur
wat brand
hier binne

eendag in
‘n ander
leeftyd

mekaar vind
as jy ‘n kat is
en ek die muis

jy my sal
kry
en my

lewendig verslind

‘n Klein kombersie

Die lewe is soos ‘n kombers wat te klein is…
Trek jy jou skouers toe, is jou voete oop –
Trek jy jou voete toe, is jou skouers oop –

Gelukkig vir ons wat geleer het om ons knieë te buig…

Want met gebed is jy van kop tot tone toe…

En is daar nog plek vir almal vir wie jy omgee!!

“Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie”(Spr 24:17).

Ek sal maar kyk om in etenstyd by die anderblogs uit te kom.  Geniet die dag

Entry filed under: Gedigte, Lewe. Tags: .

Laat ons toe om jou te help…. Pot vol goud

5 Kommentaar Add your own

  • 1. meermin  |  Julie 30, 2008 om 12:18 nm

    Ek stem die lewe is ‘n baie baie klein kombersie!! Jy moet jou dag geniet! Ek probeer ek probeer so hard om tussen hierdie narre met ‘n krom skewe glimlag te sit!

    Reply
  • 2. Tersia  |  Julie 30, 2008 om 12:58 nm

    Ja, die lewe is inderdaad! Skryf jy hierdie pragtige gediggies self? Ek dink jy moet vir my ‘n paar woorde rangskik…..! Dit laat mens beter voel, ne? Ek geniet jou blog baie!

    Reply
  • 3. neykie  |  Julie 30, 2008 om 1:09 nm

    ja tersia ek probeer maar my bes met die “gediggies”

    dankie vir die kompliment. Lekker dag verder

    Reply
  • 4. Zee  |  Julie 30, 2008 om 3:42 nm

    Neykie, ek stem, jou gediggies is pragtig!

    Lekker daggie vir jou ook verder!

    Reply
  • 5. Wipneus!  |  Julie 30, 2008 om 5:51 nm

    EK is bly ek is nie die enigste hoender sonder kop nie.

    Weereens ‘n mooi gediggie.

    Lekker aand vir jou!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: