Haat kan mens biekie biekie doodmaak…..

Julie 23, 2008 at 5:15 vm 10 Kommentaar

Ek worstel met iets en dalk is dit nie eers so groot “deal” nie.

Drome:

watter invloed het drome op ons lewe en hoe beheer dit ons brein, is dit omdat ons soms te veel aan een ding dink en dan daar oor drome.
Nagmerries was nog nooit myne nie.

drome waar
ek in velde
wandel
die soet reuk
van kosmosse
wat my aan
die neus rondlei

drome waar
ek nog ek was
en ons nog ons
was

drome waar ek
val, val, val
en jy my weer sou
optel
omdat jy weet
van my seer

drome wat vervang
is
as ek wakker skrik
die bloed aan my hande
wat soos reendruppels
oor my vel vloei

drome van haat
en die kwaad
wat broei
en volmaak groei
sal dit maak

die drome
wat strome loop
oor my vel
in my kop

ek as banneling
vreemdeling
vir myself

 

Op hierdie liedjie af gekom op jou tube, Nicholis Louw se nuwe liedjie: en dis so die waarheid.

Entry filed under: Lewe. Tags: .

‘n stukkend hart vat langer om te genees,veral as iemand heeltyd met die mes gereed staan om weer toe te sak. En toe is dit uit eindelik Donderdag…..

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Julie 23, 2008 om 6:39 vm

    Vir my beteken drome niks anders as iets wat in my onderbewussyn ‘aangaan’. Daar is geen dieper betekenis vir my daarin. Jou woorde is waar: haat kan ‘n mens bietjies bietjie dood maak.

    Reply
  • 2. meermin  |  Julie 23, 2008 om 8:48 vm

    Haat maak van mens ‘n vark, en ek is tans ‘n vark! Ek haat my werk, ek haat die omstandighede waarin ek werk, ek haat Koos omdat hy my so verstoot het, ek haat sommer myself ook!

    Reply
  • 3. neykie  |  Julie 23, 2008 om 8:54 vm

    meermin, ek haat myself omdat ek ander haat en ek haat dit nog meer omdat ek weet God sal my vergewe om dat ek so baie haat, maar ek kan net nie hierdie haat los nie

    Reply
  • 4. demoerin  |  Julie 23, 2008 om 9:15 vm

    Ek glo ook drome is die uiting van wat in jou onderbewussyn aangaan. Werk aan daai haat en maak plek vir soet drome! Elke mens verdien dit!

    Reply
  • 5. Wipneus!  |  Julie 23, 2008 om 11:43 vm

    Hi Neyks
    Haat is selfvernietigend en nie die moeite werd nie.
    Dit help niks want jy gaan verloor, laat dit gaan.
    Dit klink makliker gesê as gedaan, ek weet.
    Dit vat ook baie werk om te vergewe, dit sal nie oornag gebeur nie.
    Sterkte

    Reply
  • 6. Tersia  |  Julie 23, 2008 om 2:10 nm

    Haat maak seer…. ((((Neykie)))…. Jy is al so baie op my mind, ek droom ook al van jou! Dit maak mens verward-kwaad!

    Reply
  • 7. neykie  |  Julie 23, 2008 om 3:23 nm

    tersia, die nodige seer is uitgedeel en vir nou moet ek cope, en ek sal beter mens hier uitstap ek weet. Email, jou email adres dan kan ons so biekie gesels.

    Reply
  • 8. Tersia  |  Julie 24, 2008 om 8:33 vm

    Wys my epos adres nie langs/by my comment nie?

    Reply
  • 9. Vriendin  |  Julie 24, 2008 om 8:34 vm

    ‘n Droom is ‘n belofte wat jou gees maak aan jou hart en ‘n uitdaging wat jou hart maak aan jou gees.

    Reply
  • 10. stanleystorie  |  Julie 27, 2008 om 9:21 vm

    my liewe mens.
    ek haal aan hier…………..ek is banneling, vreemdling vir myself.
    jy kan nie vreemdeling vir jouself wees nie. gaan le in die karoo op jou rug, en sien die ritme van die son

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: