Tieners sny om die pyn te voel

Julie 17, 2008 at 8:35 nm 16 Kommentaar

Op Carte Blanche sondag aand het hulle hierdie onderwerp aangespreuk. Waar tieners hulle self sny met lemmetjies of enige iets wat kan sny. Hulle sny hulle self so erg dat hulle nie eers bekommerd is oor hulle – hul eie lewens in gevaar stel of die permanente “scarring” aan hulle liggame nie.

Dit word ‘n epidemie en groei wereldwyd onder alle tieners. Die “Blood cult”.

Word daar gesny as iets spesifiek gebeur wat die tieners onder stres sit of word daar net gesny om van opgehoopte pyn ontslae te raak, omdat dit voel asof hulle praat maar niemand luister en help hulle.

Tienermeisie wat verkrag is dink hulle is vuil en niks werd nie en begin so met hierdie sny werk. Die oorsprong word ook gebasseer op selfvertroue -negatiewe selfbeeld, en gedagtes wat hulle moontlik nie met hulle ouers kan deel nie. Om jouself te sny, breek jy jou eie self beeld nog verder af. Dit word ook gelink met anoreksia en bulimie.

Ouers en die gemeenskap is al meer bekommerd want dit alles kan lei tot Selfmoord. Ouers begin hulle self te bevraagteken, wat as dit tot selfmoord lei hoekom het dit nie probeer keer nie. Hoekom het ek nie net geluister my kind nie.


Musiek van Evanescence se lirieke praat van “self-mutilation & suicide”

Sal hierdie tieners ooit besef hoe kosbaar is die lewe? Hoe help mens so iemand, hoe verduidelik mens vir hulle dat God oor ons wag hou, dat God nooit iets oor ons pad sal stuur as hy nie weet ons kan dit hanteer nie. Hopelik kan tieners begin om met ouers te praat oor wat hulle rerig pla.

U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Psalm 16:11

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Hoe die mens die domein van voëls oorwin het Sharks gaan die Cheetahs opvreet of vise versa

16 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Julie 17, 2008 om 11:25 nm

    Hierdie is deesdae ‘n groot en hartseer probleem Neykie. Mens verstaan nie altyd wat in ‘n tiener se kop aangaan nie. Hulle is soms mos maar vol mood swings. Ander kere is die ouers ook self so besig en kom nie agter daar is iets by die kind fout nie. Die tiener steek dit miskien ook baie goed weg en/of wil nie met die ouers oor hulle probleme praat nie.

    Ek sê mos altyd ons moet net op ons knieë bly vir ons kinders.

    Geniet jou Vrydag!

    Reply
  • 2. kaalvoetinireen  |  Julie 18, 2008 om 5:54 vm

    Ek ken’n paar mense wat dit gedoen het en sommiges wat dit nogsteeds doen. Op hierdie manier is hulle in beheer van hul pyn. Jy besluit hoe diep jy sny en hoe seer jy jou maak en niemand anders nie. Dis ‘n manier om uiting te gee aan opgebottelde seer en emosies. Ek verstaan die prinsiep daaragter, maar dis baie sleg! Cutters luister ook nie, dis iets wat hulle self moet ophou doen, want hoe meer jy karring hoe minder hou hulle op. Dis dieselfde effek as om aan iemand te karring om op te hou rook! As jy nie wil nie gaan jy nie! EK weet net nie hoe kry hulle dit reg om hulle so te sny nie!

    Reply
  • 3. Adrie  |  Julie 18, 2008 om 8:18 vm

    Dit is nie net ‘n probleem onder tieners nie. Daar is volwasse mans en vroue wat hulle self sny of selfs brand.

    Reply
  • 4. Dellie  |  Julie 18, 2008 om 10:14 vm

    Dis vir my flippen scary!😯 Ek kan nie my kop daarom vou dat iemand dit aan hom of haarself kan doen nie! Ek verstaan dit glad nie.

    Reply
    • 5. bianca willemse  |  Julie 22, 2014 om 7:48 nm

      Lyk my ni julle mense verstaaan ni x sny my self oor baie goed vrydag sny x my we want di ou wa voor x lief is gaaan weg. Party mense dink ons is dom ma dit help di pyn weg gaaan x is n 14 jaar tienier meisie war my self sny. En wat da van.

      Reply
  • 6. neykie  |  Julie 18, 2008 om 10:35 vm

    Dellie ek verstaan dit ook nie so lekker nie.

    A3 watter voorbeeld stel die volwasse mans en vroue vir die jong kinders van vandag?

    Wipneus moet daardie ouers nie meer aandag gee aan hulle kinders nie, wat sleg is ouers dink hulle kan die kinders oorlaai met geskenke en geld, maar al wat daardie kinders eintlik nodig is Liefde. Enige iemand kan ‘n ouer wees maar dit vat iemand spesiaal om ‘n pa & ma te wees.

    Reply
  • 7. kaalvoetinireen  |  Julie 18, 2008 om 10:43 vm

    Dit is ‘n scary ding en ja, daar is volwassenes wat dit ook doen. Mens sal dit nie verstaan totdat jy self daar was nie. Dis maar soos iemand wat probeer selfmoord pleeg ook. Jy sal nie weet totdat jy nie daar was nie! Almal is nie ewe sterk nie en doen wat hulle kan om te cope. EK praat dit glad nie goed nie! Dis net moeilik om te verstaan en om daai mense te kry om dot stop te sit!

    Reply
  • 8. Wipneus!  |  Julie 18, 2008 om 11:44 vm

    Neykie dis waar wat jy sê, maar tieners is soms snaakse mensies. Hulle is miskien beduiweld. sluit hulle in die kamer toe ens ens ens Die ouers dink dis maar net tantrum tyd. In die “mean time back at the ranch”, verniel hulle, hulself. Dis hartseer.

    Ek het altyd my kinders met ‘n hout-oog dopgehou vir snaakse persoonlikheids veranderings. ‘n Skoolvriendin van my se kind het haar met haar das aan die kasdeur opgehang. Die dogtertjie is nie meer met ons nie. Dit was ook in die koerant, traumaties gewees. Ek weet nie hoe kry mens gelewe na so iets met jou kinders gebeur het nie.

    Ek verstaan die dinge nie altyd lekker nie! Maar is baie bang en versigtig om te oordeel!

    Reply
  • 9. neykie  |  Julie 18, 2008 om 11:53 vm

    Wipneus, my niggie het haarself ook opgehang met haar das aan haar gordyn reling. Baie sad, maar ek glo ouers moet op en wakker wees en mooi kyk vir enige iets en die ding is, ek was bang om te praat oor hoe ek gevoel het toe ek nog in die huis was, altyd geglo ek gaan uit geskel word en sê ja wat weet jy nou van die lewe af. Maar deur dit alles het ek my eie gedagtes en emosies op papier vasgele en ver weg gebere, myself nie seer gemaak ens. nie

    Reply
  • 10. maak nie saak nie  |  Januarie 1, 2009 om 7:08 nm

    uhm…wel dis eintlik net om die pyn in jou hart te vervang met fisiese pyn en om die lee kol in jou lewe te vervul en dan voel mens ook net beter! Maar die moeilikste ding is om te probeer ophou… ek dink nie daar is vir my enige
    iets moeiliker nie dit voel of jou lewe in mekaar gaan val en of jy in een donker tonnel is en daar is net nie lg aan die ander kan nie. Depressie word net erger en niks werk meer nie, nie anti-deprisante werk eers meer nie. Al wat wek is wel om jouself seer te maak met feitlik enige iets of dit nou is om jouself te brand of sny solank dit net nie hoef te voel of jy nou gaan dood gaan nie.Want uhm om te voel of jy gaan dood gaan maar jy weet jy gaan nie is sooooo veel erger as om te weet jy gaan dood gaan, want mens kan net nie mee as jy nie meer wil nie. Maar my punt is eintlik om vir die daar buite te se as jy so probleem het soek vinnig hulp voor dit te laat is en jy nie meer kan gehelp word al wil jy gehelp word nie.

    Reply
  • 11. Sumari  |  Augustus 5, 2010 om 2:25 nm

    Ek dink mense moet ophou om so groot ding te maak van tieners wat hul SELF SNY want hoe groter ding ouers maak hoe meer wil tieners sny! So los ons net UIT!!!!

    Reply
  • 12. zhani  |  Augustus 19, 2010 om 11:39 vm

    ek het my self gesny en wil nog ma ek traai nie en ek mis die gevoel da van en wil julle net se ouers wees da vir julle kinders al soot hullr jou weg ek wens my ma was nog heer ek het ook al self moor traai pleeg ek gaan deer goed wat n 20 jaareg meisie nie moet gaan nie so wees en praat met julle kinders toe jy weet nooi waner dit telaat sal wees nie

    Reply
  • 13. Marichelle keys  |  November 23, 2010 om 2:17 nm

    Wat maak jy as jou Ouers nie met mekaar praat nie en amper nooit by die huis is om meer te praat nie????

    Reply
  • 14. hatrseer  |  Augustus 27, 2011 om 12:59 vm

    nie almal verstaan dit nie. glo my.ek was da het nou al 3 jaar op gehou.dit is moeilik om op te hou. ma as jy eers da is moet n mens met bid vir krag om da te bly. want n mens wat dit gedoen het kan gou wee struikel dit het ek ok geleer. elke keer gaan dit goed vir n ruk dan val jy na weer in die gat. ek het dit vir oor die 15 jaar gedoen en ek loop met die merke di res ven my lewe. ek sien dit elke dag en ek kan nie kort mou hemde aantrek ni. maar ek het dit gedoen en nou moet ek da mee saam lewe. party dae wens ek ek het nie

    Reply
  • 15. Marius  |  Desember 5, 2013 om 9:02 vm

    Ek sal erken, ek het begin met dit toe ek so 13/16 was. Maar ek’t myself daar uit gekry toe ek werklik gesien het wat dit aan my doen.
    Ek’s vandag 18 en al my merke is tenminste weg! =D
    Dis ‘n vieslike ding om te doen, en party tieners doen dit vir belaglike redes.

    Reply
  • 16. anrinelri  |  Januarie 17, 2014 om 5:36 nm

    “Hoe help mens so iemand, hoe verduidelik mens vir hulle dat God oor ons wag hou, dat God nooit iets oor ons pad sal stuur as hy nie weet ons kan dit hanteer nie” Ekself het aan my gesny as tiener. Vandag is ek 36 jaar oud en genees van swak selfbeeld en die pyn van vier egskeidings onder my ouers. Maar my grootste genesing het gekom omdat ek besef het wat jy hierbo sê, nie werklik waar is nie. Dis nie God wat dit oor jou pad stuur nie. Dis nie omdat Hy jou die seer en pyn gee nie. Dis oor mense se verkeerde keuses, meestal die verkeerde keuses van jou ouers en jouself wat tot die pyn lei. Ek kon dus besef, ek kan God vertrou en nie wantrou nie. Go is ultimately in beheer, maar Hy gee vryheid van keuse. Hy bring nie egskeiding, date-rape, molestasie en verwerping op my pad nie. Maar dis die gevolge van verkeerde keuses wat ander en ek maak. En NEt as ek Hom vertrou en in Sy wil lewe, raak die pyn en trauma minder. Raak die coping strategies beter. Verwerk mens dit bo natuurlik wel en vind genesing. Hy bring dit nie op ons pad nie. Maar ja, Hy laat dit tog toe. Hy kan dit keer. Maar HY kan ook nie orals keer en ingryp nie, dan sou ons ons vryheid van keuse as mens ontneem word. Maar Hy gee jou die krag om tebowe te kom. En dit wat Hy op jou pad sit, is mooi en challengin ja, maar nie die euwels wat mense en jyself op jou pad gesit het nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: