Hoekom voel mens so?

Julie 8, 2008 at 2:54 nm Lewer kommentaar

Ek wonder hoeveelkeer is ek nou al by “write post” gewees, en dan liewer weer uitgegaan.  My gedagtes is so deurmekaar en leeg.

Maar more is ‘n ander dag dan voel ek beter.  Geniet die res van die dag wat oorbly.

Lees 1 Johannes 2:1-11

Dit is dikwels moeilik om ons wil aan te pas of te buig na die wil van God. Daarom gebeur dit die een of ander tyd met die meeste Christene dat ons probeer om vir God te sê wat sy wil behoort te wees. Ons probeer God se wil in ooreenstemming bring met óns wil. Dit gebeur omdat ons so vol is van onsself, ons drome en planne. Ons verstand vertel vir ons dat ons moet toelaat dat God se liefde in ons hart invloei, maar ons vind dit steeds moeilik om ons eie wil te laat gaan en God toe te laat om sy wil in ons lewe te laat geskied.

Wanneer ons ons lewe oopstel vir God se liefde, neem Hy volkome beheer oor ons lewe. Hy vul ons met die oorvloed van sy ewige liefde.
En daarmee saam stel Hy ons in staat om gehoorsaam te wees aan die opdragte wat Hy in sy Woord aan ons gee. Ons is dan gehoorsaam aan God omdat ons Hom liefhet. Hierdie gehoorsaamheid word ’n vreug­de. Ons onderwerp ons blymoedig aan God se wil vir ons lewe.

God wil dus nie maar net sy liefde in ons lewe laat invloei nie; Hy wil dit volkome en oorvloedig in ons lewe uitstort. Hy doen dit nie omdat ons sy opdragte gehoorsaam nie, maar skenk sy liefde uit genade aan ons, ten spyte van die feit dat ons dit nie kan verdien nie.

Wanneer God se liefde in ons lewe volkome gemaak is, is ons in staat om Hom én ons naaste lief te hê. Ons het lief in gehoorsaamheid aan sy Woord. En hierdie liefde is in werklikheid nie óns liefde nie, maar God se liefde wat in en deur ons werk.

Het God se liefde in jou lewe sy doel volkome bereik?

Entry filed under: Lewe. Tags: .

Streepsak van die lewe Lekker verslaap….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: