Streepsak van die lewe

Julie 7, 2008 at 9:53 vm 7 Kommentaar

Net as mens dink dinge lyk biekie beter dan donner alles kop onderste bo uit die streepsak. En jy begin weer wonder waar heen nou. Hoe los ons hierdie probleem op, waar begin jy verduidelik dat om ‘n toekoms te bou op die verlede sal net nooit werk nie. As jy werklik sonder ophou probeer sal jy anderkant gesond uitkom. En ja langs die pad sal jy moed opgee, en dink dis nie meer die moeite werd nie, jy het genoeg gehad.

Maar die ding is ons moet leer om die verlede in die verlede te los. As ons gedurig na ons verlede toe terug hardloop, sal ons net nooit ons mindset kan verander sodat ons dink aan die hier en nou.

Ja, die pyn en seer van die verlede is eina, maar om te glo dat God dit met ‘n rede op jou pad geplaas het, sodat jy sterker is en met meer oordeel kan besluit hoe om te maak as sulke dinge weer oor jou pad kom.

Wat eintlik die seerste maak is as jy so baie het om te sê maar die woorde weier eenvoudig om oor jou lippe te loop.

Die verskuilde liefde in jou hart maak dat jy liewer opstaan en wegloop hulle uit jou lewe stoot so keer jy dat woorde ander figuurlik seer maak. Die geween van ander druk ‘n pyl deur jou hart, sodat jy wil vlug, om wil draai en weghardloop en net met jouself alleen wil wees. Jou self en jou seer en ander se trane vir die Here wil gee. Here vang hulle trane in die holte van U hand en smeer die wonde sodat dit vinniger genees, dra hulle deur die moeilike tye.

Moenie dat ander mense tot jou gemoed inbreek maak nie, hulle is gewoonlik nooit die moeite werd nie.

Die oorvloed van God se liefde

God, ons hemelse Vader, het ons nie net lief nie Hy oorlaai ons met die oorvloed van sy liefde. Hy het sy kinders nie afgeskeep nie.

Die liefde van God is nie ’n begin-en-einde-verhaal soos ons liefde dik­wels is nie. God gee sy liefde nou en tot in ewigheid aan ons.

God het aan ons as sy kinders alles gegee wat ons ooit nodig sal hê.

Sy liefde verflou nooit nie. Nie een dag raak Hy geïrriteer met ons oor ons verkeerde gedrag nie. Hy vergewe ons elke keer. Vir ons wil God net die beste gee, en alles vir ons ten goede laat meewerk.

In die lewende Christus het God vir ons ’n voorbeeld en ’n mentor gegee. Deur Jesus se lewe het God vir ons gewys hoe oneindig lief Hy ons het. In Jesus het God se heilige liefde mens geword en in ons omstandighede ingegryp.

God het jóú ook so lief. En wanneer jy die dag sterf, sal God voort­gaan om jou met sy liefde te oorlaai.

God se liefde red ons, genees ons, herstel ons en motiveer ons om al hoe meer soos sy Seun te word.

Ons liefde vir God en vir mekaar is gemodelleer op sy liefde vir ons.

Ondanks God se groot liefde vir ons, maak ons Hom seer. Ons is ongehoorsaam aan sy opdragte en kom in opstand teen Hom. Op hierdie manier veroorsaak ons dat daar ’n kloof tussen ons en God ontstaan.

Ten spyte van hierdie verwydering het God ons al meer lief. Sy innige begeerte om ons liefde te wen, het Hom gedring om sy Seun te offer sodat ons verlos kan word. Deur hierdie offerande word ons vergewe.

Die oomblik dat ons aanvaar dat God ons aangeneem het, hoe onwaardig ons ook al is, word sy liefde die dryfveer in ons lewe.

Entry filed under: Hartseer, Lewe. Tags: .

Sommer net Hoekom voel mens so?

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 11:02 vm

    Al wat ek kan se is sterkte.

    Reply
  • 2. Suz  |  Julie 7, 2008 om 2:57 nm

    Sterkte, en dit is baie waar wat jy daar sê oor God se liefde.

    Ons as nietige mense en baie bevoorreg dat God ons so oneindig lief het.

    Reply
  • 3. Wit perd  |  Julie 7, 2008 om 3:36 nm

    Neykie, ek is ook genyg om in die verlede te bly lewe-en op `n manier breek dit mens net verder af.

    Sterkte vir jou-als word beter met tyd!

    Reply
  • 4. Wipneus!  |  Julie 7, 2008 om 4:45 nm

    Sterkte Neykie!

    Reply
  • 5. Emmabel  |  Julie 7, 2008 om 6:18 nm

    Sterkte daar Neykie! Lyk my jy is immers op die regte pad met jou verlede agter en God aan jou sy.((((Neykie))))

    Reply
  • 6. Pikkelik  |  Julie 7, 2008 om 7:39 nm

    ((((Neykie))))

    Reply
  • 7. meermin  |  Julie 8, 2008 om 7:36 vm

    (((((((((((((((neykie)))))))))))))))

    Die HERE het ‘n doel met alles!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: