Nuwe produk

Junie 26, 2008 at 8:35 vm 1 comment

Die meisie slaag matriek goed en haar bejaarde ouers van die plaas, skraap
hulle laaste geld bymekaar
om hulle begaafde dogter verder te laat studeer in wetenskappe aan die beste
universiteit in Amerika.Drie jaar gaan verby to e sy weer eendag bel, met die nuus dat sy haar
graad geslaag het,
en dat sy vir hulle die produk wat sy uitgevind het, gaan stuur uit
dankbaarheid dat hulle hul laaste ou geldjies
gegee het om haar te laat leer.

As hulle elke week elkeen ‘n teelepel van die goed drink……. is hulle
gewaarborg dat hulle gou-gou jonger sal wees,
en met elke drinkslag daarna……. steeds jonger sal word .

So gemaak so gedaan…… en ‘n paar maande gaan verby en die dogter besluit
om die vakansie huis to e te gaan
aangesien sy baie verlang.

Op die plaas aangekom, skrik sy amper om te sien hoe jonk en mooi haar ma
geword het , daar waar sy die stoep vee.
Haar ma was skaars dertig,………. pragtig gebou,………. en… soos die
outyd…..met die oulikste kleintjie op haar rug vasgebind ……. so jonk
is sy……….

“Hallo Ma !!”…… skree sy ,…. maar Ma het jonk geword !… Waar is Pa ?

” Ja dis ‘n anner storie daai” sê haar ma ………… “Die derde aand wat
ons daai goed van jou drink !……..
raak jou Pa to e so suurgat dat ek baie gouer as hy jonger geword het…..
dat hy daai bottel gryp en hom heeltemal uitsuip !”
” Lieweland Ma …….. waar is Pa dan nou ?

Ma : ” Hier sit die Bliksem op my rug !!!”

 

Entry filed under: Grappies. Tags: .

My hart is seer Alles sal oky wees

1 Kommentaar Add your own

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Junie 2008
M T W T F S S
« May   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: