What would it take?
Junie 20, 2008 at 9:48 vm 2 Kommentaar
Wat sou dit vat
om die seer
uit jou oë te neem
wou dat jy
rustig slaap
en die drome
verban
jou verseker
dit sal als
oky wees
vir jou die
kalmte gee.
___________________________________________
Ek wil skreeu, vloek en moord pleeg. Maar dis seker nie altyd die uitweg nie. Mense wat mense kneus en vermorsel, en dit voel of jou hande afgekap is en jy kan niks doen nie. My kop is seer vandag, was dit die min slaap of die baie huil?
Toe gister
agter ons lê
geen verwyte
oor alles nie
weet jy dan nie
wat jy doen aan
ons met jou leuens
jy ruk en pluk
aan ons wonde
skeur ons geluk
want jy dink mos
jy weet
jou aksies
so ongevraagd
maar ek verwyt nie
ek is klaar
dis jy wat
eendag sal moet
antwoord by die
altaar
hopelik sal
jy tot dan
rustig slaap
oor jou
dade en woorde
dit kon als
so anders
gewees het.
_________________________________________________
2 Kommentaar Add your own
Lewer kommentaar
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Nefri | Junie 20, 2008 om 1:37 nm
Pragtig, pragtig, pragtig!
wou dat jy
rustig slaap
en die drome
verban
dis baie spesiaal
Geniet jou naweek!
2.
Wipneus! | Junie 21, 2008 om 6:24 nm
Hi Neyks,
Ek hoop jy geniet jou naweek.
Baie mooi inskrywing.