Ek’s terug en gaan baie skaars wees die volgende paar weke
Junie 11, 2008 at 9:23 vm 4 Kommentaar
Sou gedink het
alles sou wees
soos voorheen
maar ons
geheime lê
in die nate
weggepak in die
laaie van ons hart
self al sou
die weer wees
niks is leliker
as die ongeloof
wat mens opvreet
ek wil nog
eenkeer
jou gesig toe vou
en jou soen
en vertel hoekom
ek jou liefhet
hoe jy
my geleer het
wat liefde
rerig is.
My kop is nou vol somme en ek sal my maar skaars hou hier, gaan biekie hard werk. Geniet die res van julle week. Dis amper Vadersdag. My pa verjaar Saterdag. Gaan sommer een GROOT persent koop vir altwee dae.
Advertisements
Entry filed under: Alles en nog wat.
4 Kommentaar Add your own
Lewer kommentaar
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Wipneus! | Junie 11, 2008 om 1:29 nm
Hi Neykie geniet al die verjaarsdae en vadersdae. Dis ook my teddie se verjaarsdag en vadersdag Sondag.
Mooi bly
2.
Adrie | Junie 11, 2008 om 1:32 nm
Welkom terug Neykie.
3.
meermin | Junie 12, 2008 om 8:08 vm
Môre jy!!
4.
Pikkelik | Junie 12, 2008 om 10:03 vm
Lekker werk en geluk met jou pa se verjaarsdag !