Deurmekaar ekke….

Mei 29, 2008 at 9:34 vm 7 Kommentaar

“As jy maar net die helfte voel soos ek is dit fine”

“Ek voel meer as wat jy dink René”

 

 

 

Dis wat ek tog wou gehad het reg?  Hoekom is die twyfel dan nog daar?  Hoe kan ek glo dat hy spyt is?  Sinies genoeg wil ek glo ek wil hê hy moet my kies, my liefhê.

 

Wat as sy gevoel tog eg is, en ek twyfel in hom?  Is dit my reg om aan hom ‘n voorwaarde te stel?  “Dis alles of niks, hierdie is die laaste kans – laaste probeer?

 

Eerste liefde bly mos klou aan mens se hart!

 

Hoekom kon hy nie rerig net gebly het die eerste keer nie?

 

Ek mis

Ek mis
die klank
van ‘n
stem
die stem
wat met
woorde
als reg
kon praat

Ek mis
die hande
hande van
omgee

Ek mis
die lippe
wat hul
eie liefdesdans
kan begin

Ek mis
die lag
‘n lag wat
my hart
laat klop
van liefde

ek mis
soveel meer
elke ding
onnoembaar
maar net ons
weet

Ek mis
nou nog
net vir
jou,
jy’t belowe
nie meer so
lang wag
nie…..

 

Entry filed under: Liefde, W. Tags: .

Middel van die week. Ontspan ‘n biekie Alles en alles…en dit

7 Kommentaar Add your own

  • 1. kaalvoetinireen  |  Mei 29, 2008 om 9:44 vm

    Persoonlik dink ek dit moet alles of niks wees in ‘n verhouding! Iemand wat ek geken het het altyd gese: “Meisiekind, jy moet ‘n man kry en hou wat liewer vir jou is as wat jy ooit vir hom sal wees as jy meer as 100% gee” Dit klink dalk stupid, maar dis waar…moenie tevrede wees met net die helfte nie, jy verdien meer!!!

    Reply
  • 2. Pikkelik  |  Mei 29, 2008 om 10:22 vm

    (((((Neykie))))) Moenie tevrede wees met die krummeltjies wat van die tafel afval nie!!!

    Reply
  • 3. Wipneus!  |  Mei 29, 2008 om 11:49 vm

    Neykie ek stem saam Kaalvoet en Pikkie, mens moet met niks minder as die beste tevrede wees nie. Elke mens is dit aan homself verskuldig. Mens moenie met geluk rondspeel nie. As jy verkeerd kies kan dit jare se ongelukkigheid en hartseer beteken.

    Sterkte

    Reply
  • 4. neykie  |  Mei 29, 2008 om 11:52 vm

    Dankie julle

    Reply
  • 5. demoerin  |  Mei 29, 2008 om 12:09 nm

    Ai neykie, dit mag nooit minder as 100% wees nie. En weet jy, mense verander nie, daai probleempie wat die eerste of tweede keer daar was is gewoonlik maar nog steeds daar.

    Reply
  • 6. Adrie  |  Mei 29, 2008 om 12:25 nm

    Neykie

    Daardie mannetjie wil jou gebruik. En jy is beter as dit.

    Reply
  • 7. meermin  |  Mei 30, 2008 om 12:10 nm

    Moenie toelaat dat hy jou gebruik nie!!! Jy is ‘n pragtige mensie!! Dankie vir jou mooi vriendskap!! Jy is niemand se vloerlap nie!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: