Verander

Mei 14, 2008 at 5:31 vm 5 Kommentaar

 

Soos ons groter raak verander ons, hou meer van ander dinge as waarvan jy voorheen nie gehou het nie.

bv. toe ons kinders was het ons met poppe en karretjies buite gespeel, en as jy 13 word moet al hierdie dinge weg gepak word. 

 

Ek wil nou nie hoes, skinder of poep nie – maar die mens wat ek vandag is, my hele humeur en my skerp sinne wat ek soms kwyt raak wat my vriendinne van hulle stoele laat afval van die lag- kan niemand verander nie.  Dis wie ek is take it or leave it.

 

Nou hoor ek deur die grapevines ‘n vriendin(B) van my sê vir haar suster(ook ‘n vriendin)(O) dat sy my nog sal verander , my na haar hand grootmaak.  En toe is hierdie Steyn se m##r meter weer diep in die rooi.

 

Die naweek moes ek vir B werk, maar ek was nie lus nie( ek kom dan nou net van vakansie af) toe gister sê B vir O sy sal biekie met my ‘n talkie hê, oor ek gesê het dat ek na my tannie toe gaan en ek was nie ek was saam O na haar ou se band gig toe.  My tannie was by haar in die winkel so toe reken sy nou maar ek lieg vir haar.

 

In die eerste plek wil ek nou vuurvlamme spoeg my tannie bly op Reitz, waddehel sal sy in die vaalmall soek?  En wie dink B is sy om my te wil neersit en my oor die vingers raps??????  EK is volgens my “kommin” sense haar gelyke, dis mos my lewe wat het dit met haar uit te waai wat ek doen.

 

Sy het my nog verder om gekrap so 4weke gelede, wie gee haar die reg om besluite te neem vir my?  ek weet wat die nagevolge gaan wees as ek weer terug gaan na W.  En ek sal dit oop oë doen-ek sal mos dan weet vir wat ek my inlaat.  Maar dit was nie al nie die selfde aand nadat ek teen haar uitgevaar het- maak sy my so sleg voel oor wat ek gedoen het (al hoewel ek weet ek was nie verkeerd) maak ek toe maar nou vrede en gaan koop ‘n klein bossie blomme.  Het sy die cheek om vir O te sê dat sy nou kan sien ek weet ek was verkeerd.  Al wat ek weet is daai aand het ek niks geslaap, hoekom?  Want  ek het haar lief en sy beteken vir my baie en ongeruimdhede moet dadelik uit die weg geruim word-omdat mens nooit weet wat mag more gebeur nie.

 

Hoekom wil sy my verander is ek nie goed genoeg soos ek is nie?  Moet ek hierdie vriendskap waarwel toeroep en aangaan met my lewe? Is dit alles die moeite werd? 

 

If you don’t like something change it; if you can’t change it, change the way you think about it.”

“Just because everything is different doesn’t mean anything has changed.”

“The doors we open and close each day decide the lives we live”

“We change, whether we like it or not”

Entry filed under: vriendskap. Tags: .

Keuse uitgevoer Krag vir vandag.

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Suz  |  Mei 14, 2008 om 8:48 vm

    Volgens my kan sy nie ‘n ware vriendin wees as jy jou wil verander nie. ‘n Ware vriendin aanvaar jou net soos wat jy is en sal jou bystaan en ondersteun in alles wat jy doen en besluit.

    Sterkte met jou besluit!!!!!!

    Reply
  • 2. meermin  |  Mei 14, 2008 om 9:53 vm

    nee dan is beslis nie jou vriendin nie! Nee magtig man, mens is wat jy is en klaar en niks en niemand sal dit ooit verander nie! Bly net soos jy is!

    Reply
  • 3. Adrie  |  Mei 14, 2008 om 9:54 vm

    Neykie

    Niemand het die reg om jou te verander nie, dit is God se werk.

    ‘n Onderwyser het altyd vir ons vertel. ‘n Pal volg jou oral en gaan jou nooit tee nie. ‘n Vriend vertel jou as jy droogmaak. Daarom betig ek my vriende wanneer dit nodig is. Ek hoop dat hulle dieselfde met my sal doen.

    Reply
  • 4. neykie  |  Mei 14, 2008 om 10:14 vm

    A3 dis waar hulle moet my nie heeltyd tee gaan nie- ons het gisteraand weer een moevies uitval gehad. Sy meen ek raak aanvallerig as sy met my wil praat. My pa sê toe vir my dat sy vir hom gesê het sy is bang vir my

    Reply
  • 5. Wipneus!  |  Mei 14, 2008 om 10:37 vm

    Bly soos jy is…..

    Met sulke vriendinne het jy nie vyande nodig nie, “cut them out”

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: