Keuse uitgevoer

Mei 12, 2008 at 8:43 vm 5 Kommentaar

Hoekom toe ek my keuse uitvoer te is die seer in my hart nie weg nie. Nou vra ek myself af het ek dit op die regte manier gedoen.  Maar nou weet ek dalk het ek saterdagaand my lewe mooi netjies opgedons, maar ek sal seker heel ander kant uitstap.

 

Om alles te kroon het ek dalk so halwe sentimeter nader aan my ma gekom.  Om na 23jaar dan ieweskielik alleen te wees is seker ook nie maklik nie.  Trane is die siel se beste geneus middel.

 

 

As alles
skielik
ten gronde
val,
sou pyn
buite ons
oase
wees
een nag
die spore
van die
toekoms
uitlê

 

Ek is nou helemal onseker oor die dinge wat ek gedoen het.  Hoekom moes ek die een wees?  Dalk draai alles tog ten goede uit?  Ek weet nie….

 

Elke moeder hoop julle was vreeslik bederf. Lekker Dag verder

Entry filed under: Gedigte, Hartseer. Tags: .

Met liefde vir jou Wikus Verander

5 Kommentaar Add your own

  • 1. demoerin  |  Mei 12, 2008 om 8:54 vm

    Seer gaan nie oornag verdwyn nie! Daar is te veel herinneringe. Die seer mag dalk nooit verdwyn nie, dit mag dalk net meer verdraaglik word. Ons bly mense!

    Reply
  • 2. meermin  |  Mei 12, 2008 om 9:11 vm

    neykie ek stem saam met demoerin, ons bly mens, ons kry seer, ons lag, ons huil, sterkte jy!

    Ja die kinders het my lekker bederf, daarna het ons my ma gaan bederf!

    Reply
  • 3. Amanda  |  Mei 12, 2008 om 10:46 vm

    Keuses is partykeer so moeilik en mens weet nooit of dit die regte keuse is op daardie oomblik nie. Na ‘n tyd sal jy wel besef dit was reg of verkeerd. Ek hoop jy word gou rustig en kry vrede in jou hart, sterkte!

    Reply
  • 4. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 3:32 nm

    Hello (((Neyks)))

    Dit sal weer beter gaan, dit vat tyd.

    Reply
  • 5. Pikkelik  |  Mei 12, 2008 om 3:39 nm

    Sterkte… Seerkry is nie vir sissies nie en ek weet jy is nie een nie, so sterkte en vasbyt, mens stap gewoonlik sterker en waardiger anderkant uit.
    (((((Neykie)))))

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: