Tyd

Mei 8, 2008 at 3:47 nm 8 Kommentaar

Waar vlieg tyd met ons heen?

                                                     

 

 

Maak jy genoeg tyd vir die mense in jou lewe vir wie jy lief is?

 

Ek is so moeg vir moan hier op die blog, maar tog is dit my enigste uitlaatklep.

 

Het jy
daar bly
staan
by ‘n
oop graf
het tyd
my
weggeneem
sou jou
wou groet
maar vir
my was
daar nooit
tyd nie….

 

Ek is 21 en ek en my ma het nog altyd nogal redelik goed oor die weg gekom.  Nou na 23jaar is dit alles tot niet.  Het ek deel daarin ek glo nie. Nee wag ek weet ek het nie.  Sy het altyd afsprake, maar net nooit meer tyd vir my nie.  Sy is my ma en alles-maar met tye haat ek haar.  (ek weet dit is verkeerd maar ek kan myself nie help nie- tog bly my liefde vir haar groter as die haat)

 

Sal eendag te laat wees vir haar om te besef dat tyd so kosbaar is.  En dat dit wat kosbaar is enige oomblik weggeneem kan word van jou.

 

Lekker aand vir elkeen verder

Entry filed under: Ma. Tags: .

Kronkelpaaie Wat is Liefde?

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Sabrina  |  Mei 8, 2008 om 3:55 nm

    Nee my maatjie, ek dink nie jy haat haar nie, ek hoor net seer in jou woorde. Seer dra die mombakkies van haat, want dit is makliker om te verwerk. Moenie moed opgee nie, ek ken nie die omstandighede nie, maar vergewe haar, sodat jy nie die geskiedenis eendag oordra aan jou eie gesin nie.

    ((((((Neykie))))))

    Reply
  • 2. Meermin  |  Mei 9, 2008 om 8:22 vm

    Neykie ek dink jy haat jou ma regtig nie, dalk op hierdie oomblik twyfel jy, jy is onseker, jy is bang, jy is verward! Solank jou liefde vir jou ma groter is as die haat wat jy dink jy vir haar voel! Sterkte jy bederf jou ma nou Sondag dit is MOEDERSDAG! Sy bly jou ma, sy het jou gedra en sy het jou die lewe ingebring, sy is deur daai pyn!

    Reply
  • 3. demoerin  |  Mei 9, 2008 om 10:17 vm

    Voel vir my jy moet har aan die hand vat en bietjie ruk-en-pluk. Al is sy jou ma. Ouers moet ook so bietjie nou en dan reggehelp word!

    Reply
  • 4. neykie  |  Mei 9, 2008 om 10:26 vm

    demoerin – hoe gaan ek dit oor my hart kry. My tipe motto vir die lewe is dat ek my nie gaan verneder as ek weet sy/hy gaan in anyway net so voort ploeter nie

    Reply
  • 5. Pikkelik  |  Mei 9, 2008 om 12:18 nm

    Of dit haat is en of dit liefde is, ten minste VOEL jy nog vir haar. Ek bid dat dinge sal regkom vir jou en dat sy sal sien wat sy aan haar kind doen. Sterkte…. (((((NEYKIE)))))

    Reply
  • 6. kaalvoetinireen  |  Mei 9, 2008 om 12:58 nm

    Sterkte jong!!! Ek hoop joune skrik wakker voor dit te laat is. In die sin dat sy jou wegstoot met haar gedrag. Been there, done that, ploeter nou maar voort en dis nou maar soos water op ‘n eend se rug!

    Reply
  • 7. kaalvoetinireen  |  Mei 9, 2008 om 12:59 nm

    Noudat ek oorsee sit is dit natuurlik ‘n ander speletjie, want kiepie kan nie meer spring as mammie haar vingers klap nie…

    Reply
  • 8. Von  |  Mei 9, 2008 om 2:10 nm

    Jammer om te hoor Ney, maar moenie moed opgee nie.

    Toe Mymeisiekind ongeveer 14 was het ek op haar dagboek afgekom (ja toemaar, was werklik per ongeluk, maar seker nodig). Sy wou graag na dinge soos sokkies, ens, toe gaan – dinge wat op daardie ouderdom vir haar belangrik was. Sy het dit egter nooit eers met my bespreek of toestemming gevra nie, so ek was glad nie bewus van die nuwe wending in haar jong lewe nie. Tog het sy in haar dagboek teenoor my uitgevaar dat ek haar te vas hou, ens, ens. Ek was nogal verslae en baie seergemaak oor al die dinge wat sy (in my onkunde) teenoor my kwytgeraak het. Ons het daaraan gewerk en dit uitsorteer, maar dit het tyd gevat.

    Sy het so pas 25 geword en ons is baie lief vir mekaar, ons is ook vriendinne en is altyd daar vir mekaar, lag saam en huil saam (soms wil ons tot saam haar man (of myne) se nek omdraai, maar ek kan my darem inhou!).

    Ek weet die lewe is soms ‘n groot gejaag (meestal na wind) en dat mens nie altyd na behore ingestel is op die belangrike mense rondom jou se emosies nie, maar moenie moed opgee nie – sy is baie lief vir jou. Dalk het sy dit werklik NODIG dat jy haar die waarheid omtrent jou ervaring van haar gejaagde lewe vertel. ‘n Goeie verhouding tussen ‘n ma en dogter is baie kosbaar, lei jou ma tot die herstel daarvan.

    Baie sterkte
    (((((NEYKIE)))))

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: