Kronkelpaaie

Mei 7, 2008 at 3:48 nm 10 Kommentaar

Ek sit buite in die son en rook toe ‘n gedagte my tref, wat as ek vir altyd bly wag-en dit gebeur nooit.

 

Gaan ek altyd myself te nakom omdat ek hardegat is en nie wil aan beweeg nie?  Wat as ek oor 10jaar besef wat ek vandag met my besluite in die water ingegooi het.

 

‘n besluit kronkel uit in honderde ander dinge- soos die kringe wat ‘n klippie in die water kan veroorsaak.  Gaan ek altyd aanhou glo “if you love someone set it free if it comes back to you its yours”.

 

Sal ek altyd nagte wakker lê en wonder.  Sy skimme in die skadu’s sien.  Sy stem hoor soos in my drome.  Na sy hele menswees smag?

 

Sal dit ooit weggaan, of sal dit vir ewig by my bly.  Die somer is dood in my, vir ewig sal dit winter bly.  Ja ja ek weet julle dink “ja maar jy is dan nou eers 21”  Al wat ek my lewe lank bly glo het is dat mens net eintlik eenkeer waarlik liefkry en liefbly vir een mens.

 

 

jou lippe
proë
soos die
see
jou oë
verspieël
die branders
jou hart
so ysig
soos
die kaapsee
ek en jy
op twee
wêreld
verwyderde
planete
maar ek
bly steeds
smag na
JOU…

 

En tog as ek sit en twyfel weet ek net een ding  ek sal bly wag vir hom…..

Entry filed under: Gedigte, Liefde. Tags: .

Keep Believing Tyd

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Zee  |  Mei 8, 2008 om 8:10 vm

    Neykie, jy dig altyd vir my so mooi!

    Reply
  • 2. meermin  |  Mei 8, 2008 om 8:17 vm

    Neykie ek voel jou pyn! Ek wil nie hier oor neem nie, maar ek wonder – ek mag nou wel getroud wees, maar jy weet daar is niks tussen ons nie, wat is erger om te wag vir die ou wat jou soos ‘ n vrot skil weggegooi het, of die situasie waarin ek my bevind? Dit is seer hier binne, trane het ek nie meer nie, ek wil ook weer vrou wees ervaar, ek wil ook weer leifde ervaar!

    Neykie asseblief JY IS PRAGTIG EN JONK, BEWEEG AAN!! MOENIE OP ‘N HOPIE GAAN SIT EN TREUR OOR HIERDIE “DING” WAT JOU NIE WIL Hè NIE, JY IS SO MOOI, ASSEBLIEF GAAN AAN MET JOU LEWE, LEEF, EN LAAT LEEF, EN GLIMLAG! Hierdie ou is baie duidelik nie jou trane werd nie!

    Ek was dalk nou bietjie hard, maar soms het mens nodig om na ander te luister wat HARD is!

    Sterkte en baie liefde.

    BEWEEG AAN MET JOU LEWE!!!

    Reply
  • 3. kaalvoetinireen  |  Mei 8, 2008 om 9:34 vm

    Ek stem saam met Meermin…ek was ook daar…jy wag en wag en wag en NIKS gebeur nie en so gaan die lewe by jou verby! Wat ek wel kan se is dat daar wel op ‘n dag onverwags iemand baie beter op jou pad sal kom en DIT is die wag werd! Sterkte!

    Reply
  • 4. demoerin  |  Mei 8, 2008 om 10:09 vm

    Niemand het al ooit gesê jy moet ophou hoop nie, maar moenie dat die hoop die oorsaak wees dat soveel ander mooi by jou verbygaan nie.

    Reply
  • 5. neykie  |  Mei 8, 2008 om 10:32 vm

    demoerin- ek weet en dankie vir julle almal se mooi woorde en bemoediging

    Reply
  • 6. Adrie  |  Mei 8, 2008 om 11:56 vm

    Neykie

    Ek lees al vir die 20ste keer hier en ek weet nie wat om te se nie.

    Reply
  • 7. Dellie  |  Mei 8, 2008 om 12:13 nm

    Ek stem saam met Demoerin. Hou aan hoop, maar moenie in ‘n hopie sit en wag vir iets wat dalk nooit gaan gebeur nie. Beweeg aan, jy kry dalk ‘n aangename verrassing net om die volgende draai…

    Reply
  • 8. Suz  |  Mei 8, 2008 om 12:37 nm

    Neykie

    Ek was ook daar waar jy nou is, kon dit nie aanvaar nie, en op die ou einde het ek my liefie ontmoed deur ‘n vroumens met wie my ex my verneuk het.

    As jy op ‘n hopie gaan sit, dan gaan alles wat mooi is by jou verby gaan.

    Sterkte vir jou

    Reply
  • 9. Wipneus!  |  Mei 8, 2008 om 12:44 nm

    Mens moet hoop Neykie, maar partykeer sit jy so en rook(hoop) dan skrik jy wakker en sien die lewe het by jy verby gegaan.
    Elke winter gaan verby, dit gaan nou Lente wees…….

    Reply
  • 10. Skoor  |  Mei 14, 2008 om 12:43 nm

    Jy sal mettertyd van gedagte verander. Ek het jou dit al voorheen gese.

    Time heals. Gee tyd, en maak tyd om tyd te vat met ander, girl.

    Anders gaan jy 30 strike, hoor hy is al getroud met kidz, en jy gaan verbitterd sit omdat jy altyd gewag het vir hom wat nooit weer terug sou kom nie.

    Haal diep asem, staan op. Stap aan.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Mei 2008
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: