Vandag is ‘n anderdag

April 21, 2008 at 8:31 vm 9 Kommentaar

Ons sê altyd ek sal dit anderdag doen, wat as anderdag vandag is?  Wat sou jy kies om te doen?

 

Wonder ek nou so by myself as ek werklik niemand het nie, is ek nogsteeds gelukkig om niemand te hê nie.

 

Nerens
voel ek
tuis
want in
jou arms
is ek
die engel
en jy
my prins
jy het
my in
jou
voodoo-spel…..

 

iets het my bo van my voete afgeslaan saterdag,  is dit so erg om vir ‘n slag alleen te wil wees?  Dat mens kan dink iets is fout?  Dit maak my so woedend dat ek nie net mag alleen wees nie…..dit maak my nie minder lief vir enige iemand as ek net nie naby mense wil wees nie.  Ek raak ook uit geput. 

 

Geniet julle week en julle blou-koue-maandag……

 

Jou waarde as mens lê nie in jou suksesse of mislukkings nie, maar in WIE jy is… en hieroor het elke persoon ñ keuse.

 

Moenie die dinge wat jy nog altyd graag wou doen tot more uitstel nie; more het sy eie dinge of kan dalk nooit aanbreek nie.

Entry filed under: Gedigte, Lewe. Tags: .

Point blank Klein rukkie

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Pikkelik  |  April 21, 2008 om 9:02 vm

    Neykie, dis goed en reg om soms alleen te wees. Moenie dat enigiemand jou anders vertel nie. Van die koue gaan ek wragtig nie praat nie, hier loop ysbere op my stoep rond!!!!!!! 🙄

    Reply
  • 2. neykie  |  April 21, 2008 om 9:20 vm

    😆

    wou eintlik net in die warm bed bly- saam ‘n paar warm arms om my-maar nee duty calls….

    Reply
  • 3. meermin  |  April 21, 2008 om 10:04 vm

    Ai Neykie ek dink wat as die anderdag nooit vir jou aanbreek nie? Ek glo om dinge NOU te doen, nie te wag vir môre nie, ek is mos een van daai mense wat nie wil glo dat Rome in meer as net een dag gebou is nie!! Alles moet nou klaar, alles moet nou gedoen word, dalk is môre te laat?

    Neykie jy is pragtig MENEER REG sal nog vir jou opdaag, hy sal nog jou voete onder jou kom uitskop, hy sal sy arms styf om jou hou en jou beskerm, moenie moed opgee nie, hy is daar buite iewers.

    Lekker dag vir jou, as ek nou by die huis was, sou ek ‘n POT lekker dik groente sop gemaak het, POT BROOD jou gaan haal het, en jou lekker VET gevoer het!! Geniet jou dag!

    Reply
  • 4. Adrie  |  April 21, 2008 om 10:04 vm

    In die bed sonder arms sal ook werk. Maar nou wil ek gaan kyk hoe lyk die ysbere op Pikkie se stoep. Pikkie, bak so langs ‘n koek en hou die bere net daar.

    Reply
  • 5. Wipneus!  |  April 21, 2008 om 10:48 vm

    Hi Neykie, ek doen gereeld die alleen ding, ek is mal daaroor om net te gaan sit en met myself te praat!

    Lekker week

    Reply
  • 6. neykie  |  April 21, 2008 om 10:50 vm

    ja pikkie, ‘n lekker bruin sjokalade koek met dik versier suiker hoor

    meermin- dankie. Ek dink sommige van ons wil nie hê anderdag moet aanbreuk nie….

    Reply
  • 7. biegblok  |  April 21, 2008 om 10:59 vm

    http://biegblok.wordpress.com/

    Reply
  • 8. Amanda  |  April 21, 2008 om 12:29 nm

    Hallo Neykie,

    My alleentyd is baie belangrik, seker omdat ek so min daarvan kry.

    Die beste is wanneer ek op ‘n Saterdag of Sondag so 4 of 5 ure (ja, julle lees reg) in die bad gaan lê met ‘n boek of 2, ‘n glas wyn en kerse. ….. HEMELS!! Dinktyd, afsnytyd, “breindoodtyd”… Wanneer ek gekreukel uitklim, voel ek sommer ek kan weer die lewe in die oë kyk.

    Reply
  • 9. neykie  |  April 21, 2008 om 12:38 nm

    Amanda ek weet nie so mooi van die 4 tot 5 ure in die bad nie- maar om alleen te wees kry ek my kop reg en as ek dink dan kom ek met iets op en dan moet ek dit dadelik neerpen voordat ek van dit vergeet.

    bieg ek is onseker oor wat ek moet bieg sal ma biekie gaan dink

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: