Bang

April 15, 2008 at 11:24 vm 5 Kommentaar

Om te moet kan dink ek het jou dalk al lief gehad voor ek jou nog ooit gesien het. Om elke sekonde te wonder- of jy my nog onthou. 

 

Die bang
om nooit
weer
jou oë
op my
te voel

Die bang
dat dit
die eerste
en laaste
sien
van jou
was

Die bang
vir ‘n
lewe
sonder
jou
daarin

Die bang
van
my leë
gisters

Die bang
om te
verloor.

Een blom, kan ‘n blomtuin begin. Een kyk kan die toekoms maak.  Een woord kan jou krag gee.

 

 

i thought I’d seen everything – till i saw you
i thought I’d been everywhere – till I’d been with you
i thought that everyone knew what i knew
i thought I’d seen everything – till i saw you-

*Bryan Adams*

 

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Werklikheid Only for today

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 15, 2008 om 4:55 nm

    Neykie jy skryf sulke mooi goed neer! Ek hou van hierdie bang stukkie! Vang ek gooi alweer vir jou ‘n drukkie!

    Reply
  • 2. Pikkelik  |  April 16, 2008 om 1:05 nm

    As die kinders bang is sing ek vir hulle, dan word hulle nog banger – (ek sing soos ‘n toiletsopraan, alles moet weggespoel word). Miskien kan jy mooi musiek luister!
    Ernstig – Baie mooi geskryf!

    Reply
  • 3. meermin  |  April 16, 2008 om 1:40 nm

    Neykie vandag sukkel ek om comments te los, ek lees so hier en daar en probeer so hier en daar comment maar niks nie!

    Reply
  • 4. Adrie  |  April 16, 2008 om 2:01 nm

    Neykie

    Ek voel skoon dom hier by jou rond. Jy het beslis ‘n gawe om te dig.

    Ek dink ‘n mens is bang om jouself te beskerm. Dit maak jou versigtig. Maar ‘n mens moenie dat vrees jou lewe regeer nie

    Reply
  • 5. neykie  |  April 16, 2008 om 3:32 nm

    A3 hoekom sou jy dom voel?

    Meermin ek weet darem nie wat is fout nie.

    Pikkie- dankie. Sal jou dan graag wil hoor sing.

    Wip jy oordryf te veel

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: