Die seerpyn

April 13, 2008 at 10:26 vm 4 Kommentaar

Ek wonder soms of ons altyd die letsels dra van die seerkry in jou lewe, hoekom bly die seer pyn daar?

 

Waarom kan ons nie net ou hoofstukke afsluit nie, waarom is dit so moeilik om te herken dat jy nie “fine” is nie.  Jy wil daaroor praat maar dis moeilik.

 

Jy wens jy kan God-wees en ander se pyn weg vat sodat hulle makliker deur die lewe gaan?  Maar dis nie in jou hande nie, jy kan slegs bid en glo dat almal sal volkome genees.  Ek wens vandag dat almal wat ‘n klein stukkie seerkry het in die lewe, dat hulle weer sal heel en mens word.  Kan lag en vrolik wees en net die goeie herinnering van die seer sal onthou. 

 

Slegte gedagtes veroorsaak negatiwiteit, sodra jy self besluit het ek wil uit hierdie donker gat uit en na jou naaste toe uitreik sal jy weer tenvolle kan lewe.

 

Soms is ek lekker onseker oor hoekom ek so is soos ek is.  Hoekom bevraagteken ek almal se aksies?  Ek weet ek wil ‘n verskil maak ek wil ook eendag gelukkig wees.

 

 

sprokies
gister se
verhaal
kring uit
elke
kortstondige
ontmoeting
veroorsaak
die diep
snye in
my hartkamer
uitreiking na
jou
afgeweer.

 

Ek sal beter word ek weet met tyd.

 

      Be happy. It’s one way of being wise.

 

Nobody can go back and start a new beginning, but anyone can start today and make a new ending.

 

 

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Genoeg vir my Woorde….

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 13, 2008 om 7:44 nm

    Neykie, ek dink die letsels bly daar, om jou te onthou dat jy nie weer dieselfde seer moet deurgaan nie. Soos daai een liedjie, “onthou om te onthou” of so iets. Gister se seer word môre se krag. Natuurlik weet ek uit ondervinding seerkry maak jou sterker, maar dit help nie ek sê dit nou vir jou nie. Jy wil dit nie nou hoor nie, jy het pyn in jou hart. Hierdie is net een hoofstuk van jou hele boek. Glo my, jy gaan definitief weer gelukkig wees, hierdie is net ‘n afdraai pad.

    Sterkte vir jou!! (en ‘n stywe drukkie)

    Reply
  • 2. meermin  |  April 14, 2008 om 7:35 vm

    Neykie lig jou kop op kyk op sit jou mooiste glimlag op jou gesiggie en kyk hierdie ou wèreld van ons vierkant in die oge!!

    Lekker dag vir jou!!

    Reply
  • 3. Dellie  |  April 14, 2008 om 11:58 vm

    Ek dink die seer vervaag mettertyd. Dis soos om te onthou hoe dit was om te kraam – jy onthou dit was donners seer, maar jy kan nie die actual seer weer oproep en ervaar nie. En dit word alles deel van ons karakter, dit vorm jou as mens.

    En die mense wat rondom jou seerkry – wees net daar as hulle met jou wil gesels. As jy dit reeds ervaar het, sal jy mos verstaan. ‘n Drukkie op sy tyd doen ook wondere. Hier’s ene spesiaal vir jou! ((Neykie))

    Reply
  • 4. Roer  |  April 14, 2008 om 12:44 nm

    Verwerkte en ou leer lyk vir altyd so mooi. So vol karakter. Veral as daar ‘n letsel hier en daar is. Asof dit karakter daaraan verleen. ‘n Mens moet maar net die leer bly behandel. Anders vervaag dit en die mooi word lelik. Ek hoop ek maak sin. (((Neykie)))

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: