Saambly ‘n ja of nee

April 8, 2008 at 2:15 nm 34 Kommentaar

Jare terug kan dalk selfs ‘n eeu terug wees is saambly gesien as sonde?  Het dit verander? 

 

Meer en meer jongmense trek saam in voor die troue?  Word dit dalk gesien as ‘n toets of hierdie huwelik/verhouding dan sal werk? 

 

Hoe lank moet jy een persoon dan ken voordat julle besluit om saam in te trek?  Help my biekie op die een asseblief?

 

oky met hierdie nuwe wordpress hoe laai ek ‘n picture op?

 

Geniet julle dag

Entry filed under: Alles en nog wat, Lewe. Tags: .

Ligjare Matchbox 20 – If your gone

34 Kommentaar Add your own

  • 1. Suz  |  April 8, 2008 om 2:37 nm

    Neykie

    Noem my dan maar outyds, maar volgens my is saambly sonde, net soos wat buite eglike verhoudings, steel en seks voor die huwelik ook sonde is.

    Die bybel het in al die jare nie verander nie en kan en gaan ook nie verander om by ons sondige natuur aan te pas nie. Ons mense van vandag verval net al hoe meer in sonde.

    Ek ken ‘n dame wat in Feb ’08 sou trou, Des ’07 het sy saam met die verloofde begin slaap, hulle gaan mos nou trou en 31 Des het die bliksem nog saam met haar geslaap, 1 Jan bring hy vir haar ontbyd id bed en daar vertel hy haar dat hy baie lief is vir haar, maar nie lief genoeg is om met haar te trou nie.

    Nou vra ek jou, hoe kan jy jou hele liggaam aan ‘n man geen maar hy is nie eers bereid om homself aan jou te verbind nie? Was dit dan nou die moeite werd?

    Ek glo gladnie in seks voor die huwelik en kan my nie voorstel om elke 2de naweek saam met ‘n ander man id bed te spring nie. En dit is wat baie van vandag se jong mense doen.

    Wonder partymaal wat gaan daardie jong mense se reaksie wees as hulle eendag ouers is en hulle dogter doen dit?

    Sal baie graag wil hoor wat julle ander oor die onderwerp te sê het.

    Reply
  • 2. meermin  |  April 8, 2008 om 3:04 nm

    Suz wat jy hier noem is so waar, jy weet ek het ook eers voor ek met Koos getroud is saam hom gebly, mens dink altyd ja laat die kinders saam bly, dan sorteer hulle mekaar uit, dit werk nie so nie!!

    Jou liggaam bly ‘n tempel van GOD!

    Neykie ek sukkel ook, ek het vanoggend myne opgesit nadat ek dit maar gecopy en paste het!

    Reply
  • 3. meermin  |  April 8, 2008 om 3:05 nm

    Ja tye het verander, maar in my oge is dit nog steeds sonde. Ek sou sè ‘n persoon wat alreeds getroud was – skei – en weer in ‘n verhouding is, kan seker maar saam bly!!

    Reply
  • 4. neykie  |  April 8, 2008 om 3:18 nm

    Suz jy is doodreg. Ons mense kan nie die Bybel aan laat pas by ons nie.

    En dis moeilik om te moet dink jy gee jouself vir een persoon maar dis nie noodwendig dat dinge gaan uitwerk soos jy wil he dit moet nie.

    Maar hoekom kan saambly nie net dit wees saambly sonder die seks en ander dinge nie-dit kom noodwendig heelwat later as die ring aan die vinger is. As twee mense mos praat en dit so verstaan kan dit dan werk?

    My grootvraag eintlik is kom liefde en sprokies van vir altyd en ewig net met seksuele aangetrokkenheid?

    Reply
  • 5. Pikkelik  |  April 8, 2008 om 3:26 nm

    Nee jong, saambly is verkeerd. Jy niks meer regkry met saambly as wat jy in ‘n huwelik sal regkry of bemors nie.

    Reply
  • 6. Suz  |  April 8, 2008 om 3:44 nm

    Neykie

    Ek weetnie eintelik hoe om dit aan jou te stel nie. As twee mense werklik lief is vir mekaar is daardie ‘n daad van liefde.

    Ja, ek glo as jy so lief is vir iemand en bereid is om jou lewe met daardie persoon te deel in die huwelik, dan kom seksuele aangetrokkenheid saam met die sprokies.

    As 2 menste tot mekaar aangetrokke voel en lief is vir mekaar kan ek nie dink dat dit net by saambly gaan bly nie, dit is id menslike natuur. God het ons so gemaak, daarom word seks die daad van liefde tussen 2 persone genoem.

    Hoop jy verstaan wat ek bedoel, dit is vir my vreeslik moeilik om myself in woord uit te druk.

    Reply
  • 7. Suz  |  April 8, 2008 om 3:47 nm

    Meermin

    Ek gaan nie met jou saam stem oor daardie punt van as jy geskei is of jou huweliksmaat is oorlede dat dit reg is om daarna maar saam te kan bly nie. Die feit van die saak is, seks buite die huwelik is sonde. So saambly is sonde of jy nou reeds getroud was of nie.

    Reply
  • 8. neykie  |  April 8, 2008 om 3:57 nm

    Suz,

    ek verstaan wat jy probeer sê-en jy is heeltemal reg. Maar twee mense kan dit ook maak werk as hulle altwee verstaan wat vir die ander een belangrik is. As jy jou hele lewe lank daarby kon hou en dit is jou waardes, behoort die ander een te verstaan en sodoende maak mens “sacrifices” om aan te pas maar dit moet van altwee kante afkom.

    Maar weereens ons kanie ons sondes , nie sondes maak nie.

    Reply
  • 9. Adrie  |  April 9, 2008 om 9:11 vm

    Ek is glad nie ten gunste van saambly nie. Ek oorweeg dit nie eers as ‘n opsie nie. So ook met voorhuwelikse seks.

    Reply
  • 10. Wipneus!  |  April 9, 2008 om 9:24 vm

    Nou, ja ek kom uit die Antieke beskawing, maar my kinders dink ek kan nogal baie “hip” wees as ek die dag wil. Ja saambly is sonde volgens geloof, maar mense het moontik nie die finansies om dadelik te trou nie, en natuurlik is dit geld mors as elkeen sy eie blyblek moet betaal waar hulle die ekstra geld kon gebruik het om te spaar vir ‘n troue. Dit is ook nie meer veilig vir ‘n vrou om alleen te woon nie. ‘n Familielid van my is nou net in haar eie plekkie verkrag (sy bly alleen). Ek dink dit hang van omstandighede af. Ek weet bv van ‘n paartjie (in hulle 50’s) wat pensioene ontvang, sou hulle weer trou verval daardie pensioene, hulle het toe beloftes in die dominee se kantoor gaan aflê, en dis vir hulle genoeg. Hulle is ook nou al 5 jaar saam (groot Christene) Attie se koffietafel het ook nou die dag hierdie storie oulik bespreek. Sekuriteit en Geloof is vir vrouens baie belangrik, dus voor mens op so iets besluit moet jy dit in jou eie hart uitmaak , gaan dit vir jou werk of nie.

    Reply
  • 11. Amanda  |  April 9, 2008 om 9:56 vm

    Hi Neykie,

    Ek bly al vir 6 jaar saam met ‘n man omdat EK weier om te trou, dis geldmors, ens ens. Ek het my redes. My ma ondersteun my ook in my besluit.

    Trou beteken nie vir my dat jy in die kerk moet staan en ‘n stukkie papier teken nie… dit is ‘n mensgemaakte reël. Ons bly soos getroudes, het saam huis gekoop en baie ander dinge, asof ons daardie stukkie nuttelose papier gehad het..

    Hiermee moet Suz en die ander nou nie dink ek sê hulle siening is verkeerd nie, mense verskil, jy moet doen wat vir jou goed en reg is en ek verstaan presies hoe jy/julle voel.

    As jy net saam met ‘n man intrek vir die seks, doen jy jouself baie skade aan, die verhouding gaan nie werk nie. As jy saam met ‘n persoon intrek omdat jy lief is vir hom/haar en julle besluit om die “res” van julle lewe te deel, sien ek niks verkeerd daaraan nie.

    Ek het al te veel in my kort lewe gesien hoe daardie huweliksertifikaat ‘n nuttelose stukkie papier word, dis waarom ek trou voor God sweer en nie voor mense nie!!!

    Reply
  • 12. neykie  |  April 9, 2008 om 10:37 vm

    Amanda,

    Glo my ek voel soos jy, trou is nutteloos hoekom so baie geld spandeer aan ‘n trou as dit tog dan net oor jou en jou man gaan? Ek vat liewers die geld en koop ‘n huis en skep ‘n tuiste en gaan hou ‘n vakansie. As ons albei weet dis DIE persoon.

    Reply
  • 13. Amanda  |  April 9, 2008 om 11:36 vm

    (my comment het verdwyn, so ek probeer maar weer onthou wat ek gesê het, hoop nie daar is nou 2 nie..)

    Neykie, onthou net een ding… bespreek dit asseblief met jou familie. Op die einde is dit nog steeds jou besluit, maar jy moet hoor wat hulle siening is en hulle moet jou kant hoor. Moet nie geluk op ongeluk probeer bou nie.

    Ek hoop die toekoms lyk sommer baie beter vir jou. Jy het duidelik al baie hartseer deurgemaak! Ek lees al baie lank jou blog en ek sien die seer duidelik! Dink mooi voor jy doen, groot seblief!

    Reply
  • 14. neykie  |  April 9, 2008 om 1:06 nm

    Amanda,

    Baie dankie vir jou eerlike mening. En ek is onseker want die seerkry is nooit lekker nie. So ek het nog nie heelte mal besluit nie. Want as ek stil word mis ek iemand anders. Maar ek reken dit is seer om die seer te genees.

    Reply
  • 15. johannes coetzee  |  April 9, 2008 om 5:55 nm

    luister na Suz die Bybel het nie verander nie….!

    Reply
  • 16. Dellie  |  April 9, 2008 om 6:15 nm

    Neykie, ek en my Liefie het vir 9 maande saamgebly voordat ons getroud is. Dit was net eenvoudig stupid om elkeen sy eie plek te betaal en onderhou. Ons was reeds verloof, en dit was so goed soos ‘n troubelofte vir my. Liefie se pa is ‘n pastoor, en selfs hulle het nie geprotesteer nie. Hy het net eendag vir Liefie gevra of hy seker is hy weet wat hy doen. Liefie se “ja” was antwoord genoeg. Wel, dis amper 20 jaar later, en ek is nie spyt daaroor nie. En my skoonouers het ons nog nooit daaroor verwyt nie.

    Ek skat dit hang seker maar af van jou omstandighede. In vandag se tye is dit seker makliker om beloftes te verbreek?

    Ek glo nie ons sal gestraf word daarvoor eendag nie, want ons commitment teenoor mekaar het TOE begin, asof ons reeds getroud was. Daar was nie ander mense ooit erens betrokke nie.

    Maar net my mening uit ons ondervinding.

    Reply
  • 17. duskant  |  April 9, 2008 om 7:03 nm

    Hi daar! Attie by sy “kuberkoffietafel” het ‘n geweldig insigewende inskrywing oor hierdie onderwerp gemaak by

    http://attie.wordpress.com/2008/04/01/saamwoon-voor-die-huwelik/

    Dit het vir my nogal die nodige perspektief gegee!
    Mooi dag.

    Reply
  • 18. duskant  |  April 9, 2008 om 7:09 nm

    NS: ek hoop jy gaan lees die inskrywing maar hierdie maak mooi sin as jy as Christen werklik besin oor saambly as sonde (en ek haal Attie aan):

    “Dit gaan vir my oor drie beginsels: 1. Ek wil graag die dinge doen wat God sal laat glimlag. 2. Ek wil nie doelbewus dinge doen wat later in my lewe vir my hartseer en ongeluk gaan bring nie. 3. Ek wil nie dinge doen wat die geloofwaardigheid van die boodskap wat ek moet uitdra aantas nie.”

    Gaan wees baie eerlik met jouself en vra jouself of saambly enige een van hierdie beginsels gaan diskwalifiseer. Indien wel, het jy jou antwoord.

    Reply
  • 19. Johanita  |  Julie 25, 2008 om 9:39 vm

    Is saambly voor huwelik, waar mens glad nie saam slaap nie, want ons het saam n belofta aan God gemaak dat ons nie voor ons getroud is weer saam slaap nie, en ons slaap in aparte kamers- Is dit ook verkeerd?!?!?!?!?!

    Reply
  • 20. neykie  |  Julie 25, 2008 om 9:55 vm

    Johanita, hoe kan dit verkeerd wees, julle het mos die belofte aan God gemaak. Wie is ek om, te oordeel?

    Reply
  • 21. Johanita  |  Julie 25, 2008 om 11:13 vm

    Neykie, ek en my ou bly al bietjie meer as ‘n jaar saam- maar vroeg in die jaar het ons ‘n belofte aan God gemaak dat ons nie meer sal saam slaap nie… maar hy het besluit ons kan nie langer saambly voor ons trou nie- hy se dit weerhou hom om ‘n sterker verhouding met God te he. Maar ek is totally in ‘n duisend stukkies gebreek- want ons kan mos nogsteeds saambly as ons in aparte kamers slaap?!?!? Ek is so hartseer en omgekrap- ek kan nie eers werk nie!! En ek vertou op die HERE dat hy my sal help hier deur, maar dis nogsteeds so seer en moeilik.

    Reply
  • 22. neykie  |  Julie 25, 2008 om 11:35 vm

    Johanita, my vraag is saam slaap is mos nie sonde nie, so ver ek weet wil jy net in daai persoon se arms aan die slaap word en wakker word saam hom? Is daar nie ‘n verskil aan saam slaap en seks nie? Ek dink daar is?

    Reply
  • 23. Johanita  |  Julie 25, 2008 om 11:59 vm

    Ja daar is ‘n GROOT verskil- Neykie, en ja ek wil net by hom wees…hy is nie net my trouman nie, maar hy is my beste vriend ook. Hoe sal ek cope as ek nou op my eie moet gaan bly? Ek gaan alleen wees en te veel na hom verlang, en dit sal my elke dag breek- en dalk maak dit my ‘n morbiede suur ongelukkige mens. En ek en hy is so so gelukkig, regtig. En hy bedoel dalk dit sal ons verhouding sterker maak as ons nie meer saam bly nie, maar eks bang dit doen ons gr8 relationship skade aan. Ek weet nie wat om te doen nie…….

    Reply
  • 24. neykie  |  Julie 25, 2008 om 12:09 nm

    Johanita, hoekom praat jy dit nie deur met hom nie, laat hy hierdie besluit aan jou mooi verduidelik en sê hom hoe jy voel. Wat as daar ‘n kloof tussen julle ontstaan? gaan en praat met hom, liefde moet kan gee en neem, en jy moet dit kan verstaan. hierdie besluit wat hy geneem het, en dan andersins ook respekteer. En ek weet dit gaan nie maklik wees nie, email my gerus as jy voel jy wil praat.

    Reply
  • 25. Johanita  |  Julie 25, 2008 om 12:43 nm

    Ek verstaan, maar niemand sal kan voel hoe seer ek op die oomblik het nie, dit voel om mense rondom my dink ek is onnodig so hartseer- maar dis nie maklik om so besluit te maak nie, veral as iemand anders die besluit gemaak het en ek het nie regtig ‘n keuse of ek dit wil doen of nie. Wat is jou e-mail adres?

    Reply
  • 26. neykie  |  Julie 25, 2008 om 12:48 nm

    steyn_rene@yahoo.com

    Johanita ek ken jou nie mooi genoeg om te se ek verstaan nie, en eerlikwaar ek doen nie, en ek gaan nie vir jou se dit sal oky wees nie- want hoe weet ek dat dit wel gaan oky wees. Ek het self die afgelope tyd besef woorde wat ek nie kan laat waar word nie moet liewer ongese bly. probeer nou jou naweek geniet, sal deur die naweek kyk of daar ‘n email.
    😉 kom aan girl die lewe is ‘n wille ride, moenie maak dat jy afval nie. Die Here is altyd daar om oor ons te kyk.

    Reply
  • 27. Johanita  |  Julie 25, 2008 om 1:10 nm

    Dankie baie dat jy met my gechat het… ek waardeer dit, ek is seker ons het nie net per toeval ontmoet nie…die Here gebruik jou as ‘n instrument. Ek weet nie of ek ‘n gr8 naweek gaan he nie, want daars niks wat my mood nou sal change nie… behalwe as my ou sy mind change.

    Reply
  • 28. Ben  |  Augustus 16, 2008 om 12:40 vm

    God se woor het nog nooit verander nie.Ons verander God se woord omdat ons nie bereid is om die prys te betaal vir ‘n skoon en rein en heilige lewe nie.God hetSy woord in die begin neergele en dit is ons as wedergeborene kinders se
    ‘manual” om te volg.ons het saambly wettig gemaak omdat ons die vlees en sy begeerlikhede nog nie gekruisig het nie.On s is nog in die vlees,en saambly loop net uit op hoereerdery en seks.Dit wat vir die huwelik bewaar moet word word deur ons goedkoop en common gemaak omdat ons God nie meer vrees nie.Gaan en lees jou Bybel.dit is nie net ‘n boek vol woorde nie,maar god se lewende woord.dit wat God mooi en suiwer en rein wil hou,word deur ons verwronge gemaak want satan gebruik jou liggaam om te sondig.As jy waarlik tot bekering gekom het met jou hart,en nie jou kop nie,sal die heilige gees dit vir jou duidelik maak dat dit verkeerd is.Moenie my aanval en dan se dat ek verkeerd is nie.Hywat in my woon,is dit wat jy dan aanval.Ek is net vlees en bloed,maar die Gees wat in my woon is die Gees van God.HY bedink nie wereldse dinge nie,Maar die dinge van die koninkryk van God.Saamslaap is nie die dinge van die koninkryk van God nie,want God was nog nooiy ‘n hoereerder nie.Leef volgens God sewoord en nie die van ‘n mens nie.Volg God na en nie ‘n mens nie.’n mens sal lieg en bedrieg maar God wat jou geskape het en jou liefhet sal jou nie versoek en op ‘n dwaalspoor neem nie.As jy ‘n rede soek om bymekaar te bly,sal dit jou eie wees en ‘nie ‘n opdrag van God nie.Keer terug na die ou wee.

    Reply
  • 29. Ben  |  Augustus 16, 2008 om 12:55 vm

    Johanita,ek lees jou opmerkings en wat op die oomblik met jou gebeur.Sal jy met sekerheid kan se dat dit God is wat jou in so ‘n situasie geplaas het.Ek dink nie so nie.Ek ken nie so ‘n god wat OP so ‘n manier sy eie skepsels vernietig nie.Ek weet wel wie dit doen en dat hy van jou gesteel het wat God mooi en rein wou gehad het.Ek weet dat satan jou vlees se begeerlikhede gebruik om jou te laat sondig,maar die skrif se dat Jesus dit al klaar aan die kruis die ou mens en sy begeerlikhede vasgespyker het.dit ius waarom Hy in die vlees na die aarde toe gekom het om alles in die vlees te oorwin waarmee ek en jy so sukkel.Nou kan ons dit ook regkry as ons aan Hom behoort.Die skrif se dat as ons in die Lig wandel soos Hy in die Lig is en as ons met Hom verhouding het,dan reinig die bloed van Christus Jesus ons van alle sonde.As ons egter nie in die Lig wandel nie,gebeur dit nie en is dit ‘n oop deur vir Satan.Satan het net soveel krag in jou lewe soos wat jy hom toelaat om te he.Jy is nie ‘n wurm nie.Jy is ‘n bloedgewate van God.JY is duur gekoop deur die bloed van Christus Jesus en ie duer verganklike dinge soos goud en silwer nie.
    jy is gemmak in die beeld en gelykenis van God.Satan haat dit,daarom wil hy jou vernietig,deur sonde en jou verlei.Ja,hy gebruik jou ou om dit te doen..satan gebruik mense teen mekaar,en ooh God se kinders teen mekaar as jy sonde in jou lewe het.Gaan maak jou hart oop teen Jesus en Hy sal jou weer heelmaak.Nog ‘n ding,die lewe is nie ‘n wilde ride nie,want God beskerm jou en in Hom het jy oorwinning oor die wereld.As jy sonde in jou lewe het,onbelyde sondes,sal die lewe vir ‘n mens ‘n wilde “ride ” wees.Raak van die handvatsels in jou lewe ontslae.

    Reply
  • 30. Ben  |  Augustus 16, 2008 om 1:06 vm

    Neykie,daar is ‘n verskil tussen saam slaap en seks.saamslaap is die deur wat oop gemaak word deur satan tot seks.een of ander tyd gaan die wat nie moes gebeur het nie,gebeur,seks,en dan is dit te laat.saamslaap en seks buite die huwelik is die begeerlikhede van die vlees en nie ‘n gevoel wat God daar geplaas het om jou te verlei nie of te versoek nie.Jakobus 1 vanaf vers 13 verduidelik vir jou dat God niemand versoek nie,en ook dat God nie deur die kwaad versoek word nie.vers 14 se ook vir jou dat elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikhede weggesleep en verlok word.Nie deur God nie,maar deur jou eie begeerlikhede.jou geloof word so beproef en of jy swik of nie,is die aanduiding van hoe sterk jou geloof is.Hoe kan mens nog respek he vir jou ou of meisie se ouers en hulle in die oe kyk as jy weet jy het van sy dogter “gesteel”en ook van God.daar is ‘n rede hoekom meisies as maagde gebore word.

    Reply
    • 31. Frieda Fourie  |  November 24, 2010 om 6:06 nm

      Ben, ekt jou boodskap gelees oor saambly. Jou opinie is die enigste wat sin maak omdat dit uit die skrif gestaaf word. Eks so desperaat omdat 2 pragtige jongmense wat ek aan mekaar voorgestel het by mekaar wil woon totdat hulle in April 2011 trou. Hul verskoning is dat dit prakties is, dat sy nie ander blyplek het nie (ek het aangebied om ‘n tuinwoonstel te huur). Ek’s baie reguit en tweespalt in die familie is nou op hande. Ag man bid tog net vir ons. Ek kan uit jou kommentaar agterkom dat jy presies soos ek voel, met dieselfde insigte en oortuigings. Daar is ‘n neiging onder jongmense (Ek’s ook jonk, 43) dat hul die Bybel by die moderne tye moet aanpas. Kry jy ooit die epos, voor ek verder tik?, Groete, Frieda Fourie

      Reply
  • 32. Betsie  |  November 27, 2008 om 10:17 vm

    Ek weet nie hoe om te begin nie, maar ek sit in ‘n
    geweldige tweestryd. Ek het 2007 betrokke geraak in ‘n verhouding met ‘n getroude man, wat reeds besig was om te skei van sy eks. Ek het by hom ingetrek en sy egskeiding het hierdie jaar Meimaand plaasgeving. Ons het Junie maand verloof geraak, maar nou praat hy absoluut niks oor trou nie en as ek die saak aanroer, dan sê hy net hy is nie gereed om nou al te trou nie. klink dit of ek besig is om my tyd te mors, as hy regtig so lief is vir my soos wat hy sê sal hy mos met my trou.

    Reply
  • 33. dupi  |  April 6, 2010 om 12:32 nm

    ek is so deurmekaar ek weet nie meer nie….ek is 20 en ky ou is 29 ons kom goed oor die weg en hy was al verloof maar is `n jaar terug uitmekaar hy bly saam my nie intrek nie hy het sy eie woonplek maar slaap elke aand in my ouer huis die spasie raak te klein vir ons in my ouerhuis ….saambly isit `n opsie????

    Reply
  • 34. Ninette  |  Augustus 17, 2010 om 2:16 nm

    Ek dink ek sit weer aan die ander kant as Betsie. Ek en my vriend bly vir ‘n geruime tyd in twee huise: ek in Pretoria en hy in Johannesburg. Hy het nogsteeds sy plek maar het permanent ingetrek by my. Die mense by wie ek huur het toe sommer die huurgeld op gestoot met R800 vir die verbruiks-kostes vir die ekstra persoon. En so het ons besluit om saam ‘n plek te soek.

    Maar ek is so skepties. Ek weet dat hy nie my trou man is nie maar voel te verantwoordelik vir hom omdat hy nou in Pretoria is waar hy niemand ken behalwe my familie en vriende nie.

    Gisteraand was sy verjaarsdag. Terwyl ek hom uitvat vir aandete vertel hymy hoe dankbaar hy is dat ek in sy lewe is want as ek nie daar was nie sou hy nou alleen gewees het.

    Kan mens saambly om iemand te help dat hy sy voete vind? (Ons het nie meer ‘n seksuele verhouding nie.)

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: