Die rooi neus

Maart 27, 2008 at 3:25 nm 10 Kommentaar

My vriendin Barbara het ‘n probleem met pitswere- en sy is nie alleen nie haar verloofde het ook so baie pitswere. Sy het die moerse rooi kol op haar neus shame

Health specialist sê dis omdat die bloed vuil is? Waar mens pille voor kry wat die bloed reinig?  Kan ek nie eerder wasgoedpoeier drink nie- dan maak ek alles behoorlik skoon nie?

Laat weet my watter ou Boererate werk vir die vieslik pitswere.

Ek gril my sommer dood

Dalk werk ‘n band-aid en biekie Betadine?

img_products.jpg

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Waar begin mens? Alles loop soms verkeerd

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 6:30 nm

    Vuil bloed????

    Sover my kennis strek is pitswere die resultaat van ‘n Staphylcoccus infeksie.

    Reply
  • 2. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 6:34 nm

    O heng, die behandeling weet ek nie van nie. ‘n Vriendin van my het op ‘n staduim yster aanvulling gebruik wat haar pitswere gegee het. Toe sy die aanvulling los het die pitswere gewyk.

    Ek het gou vinnig gaan oplees, maar lyk my jou vriendin moet dalk na ‘n dokter toe gaan as dit op haar gesig is. Sy het moontlik antibiotika nodig.

    Reply
  • 3. meermin  |  Maart 28, 2008 om 8:36 vm

    nee jy ek is nie omie dokter nie, weet nie veel van pitswere en dinge nie. GENIET JOU NAWEEK.

    Reply
  • 4. maxie  |  Maart 28, 2008 om 8:30 nm

    Ek het lank terug iewers gehoor dat Engelse sout help. Sal nie weet nie, het dit gelukkig nog nooit gehad nie. Dalk is dit die probeer werd?

    Reply
  • 5. Pikkelik  |  Maart 28, 2008 om 8:57 nm

    Heng ek weet my ouma het altyd ‘n mengsel van gerasperde sunligtseep en suiker gemaak en die affering vir ‘n dag met ‘n pleister opgesit. Dan word die outjie geel en dan (o eina blikkies) het sy ‘n Cokebottel op ‘n manier laat warm word – weet nie hoe nie – en dan oor die dingetjie gesit. Hy’t dan so lekker gepop. Maar dit was op ons boude… Beslis nie vir ‘n gesig nie!
    Come to think of it, ek dink nie hierdie stukkie grillerige raad het enigsins gehelp nie….

    Reply
  • 6. Wipneus!  |  Maart 29, 2008 om 9:33 vm

    Neykie
    Hierdie goed kan aansteek, sy moet by ‘n dokter uitkom – soos Adrie gesê het dit klink soos Staphylococcus, wat gewoonlikl in die neus wegkruip, die dokter sal moontlik ‘n smeer neem en laat toets sodat altwee op die regte antibiotika geplaas kan word. Maar miskien sal hulle sommer clindamycin of so iets voorgeskryf word. Dit is belangrik dat hulle altwee behandel word! Hulle kan bactroban(kry spesiale buisie vir die neus) in die neusgate smeer (oorstokkie) om die bakterie dood te maak. Sy kan ook bactroban of fucidin op die monster smeer. (Dis die bietjie wat ek weet 🙂 Maar jou vriendin sal verseker dokter toe moet gaan as hulle altyd daarmee sukkel.
    Lekker naweek!

    Reply
  • 7. Carin Theron  |  November 5, 2008 om 8:34 nm

    Ek het ook geleer dat jy pitswere kry agv vuil bloed. As jy elke dag ‘n halwe teelepel Engelse sout drink is dit veronderstel om jou bloed skoon te maak en te hou. Ons maak sommer een van daardie “Lennon” medisyne glasbotteltjies warm deur kookwater in hom te gooi en dan natuurlik uit te gooi. Druk die botteltjie se nek oor die sweer. (Die botteltjie moet maar nog taamlik warm wees) Met die krimping van die botteltjie wat so koud word het dit ‘n suig aksie. So word ons ontslae van die goed. Sterkte

    Reply
  • 8. Heidi  |  Mei 25, 2009 om 2:33 nm

    Ek kry die afgelope 6 maande pitswere. Onder my arms, en nou het ek twee agter my nek en twee onder my linker arm. Baie mense het vir my gese dit is as gevolg van “roll on”. Ek het dit ook nou gestop, maar ek kry nog steeds. Ek het bloed toetse laat neem, en die Dokters kon niks wys word nie. Ek raak nou moeg vir die goed, want dis seer en ek voel so “embarrased”. Is daar enige iemand wat kan help.
    ‘n Dame wat hier werk het vandag vir my Stametta gaan koop. Ruik soos liquorice, maar is verskriklik bitter. Dit maak die maag blykbaar skoon, ek weet nie of dit gaan help nie, maar hulle praat ook van Engelse sout.
    Ek soek raad wat hierdie goed permanent kan weg vat.
    HELP !!

    Reply
  • 9. Foxy Lady  |  Augustus 11, 2010 om 10:29 vm

    Ek het ook pitswere …. gelukkig op ‘n plek waar niemand dit kan sien nie (op my boude) maar dis nogsteeds erg, want dit is soms baie gevoelig! Ek soek raad op dit permanent weg te vat…. Ek is nou 23, maar het dit op my boude al vandat ek 16 is – ek het gedink dit is sweet gaatjies wat verstop is (so het die dokter toe gese), maar toe dit nie weggaan nie het hy gese ek moet ‘n dermatoloog gaan sien… Ek is jammer maar ek glo nie ‘n dermatoloog sal my kan help nie want dit is darm nie ‘n vel probleem nie! My ma het toe na dit gekyk en dadelik gese dit is pitswere, maar van toe af (7 jaar terug) kon ek net nie ontslae raak van dit nie – sodra een weggaan kom daar nog ene en dis partykeer so gevoelig dat ek nie eers weet hoe om te sit nie! HELP ASSEBLIEF!

    Reply
  • 10. Elaine  |  September 24, 2012 om 9:54 vm

    Ek het ook so baie pitswere gekry toe ek in die hoëskool was en ons huisdokter het my ‘n ”Reverin” spuit gegee en alles was verby. Weet nie of mens nog daai spuite kry nie, dit was 24 jaar gelede…

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Maart 2008
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: