#$@* Slaggate aka Potholes

Maart 20, 2008 at 11:51 vm 2 Kommentaar

Woensdag aand slaan ek ‘n slaggat en my arme tjor se tire is moer toe. Kom by my ma se huis toe het Eskom besluit LOADSHEDDING , so daar in die donkerte ruil ek wiel. Atleast is ek as kind goed getrain om wiel om te ruil, wel ek kon dit nie rerig ooit reg kry nie maar toe die nood druk toe skop instinkte in.  Gaan maak gister die wiel reg, skaars terug by werk toe moet ek maar weer die spaarwiel aansit. 

Hoekom kan hulle nie net van die begin af gesê het dat ‘n nuwe wiel benodig sal word nie, nou mors hulle my tyd om weer daar na hulle toe te ry.  Anyways die skade vir ‘n nuwe band is so om en by R500 nou moet ek heel versigtig ry tot dinsdag wat hulle wel die band gaan in kry.  Eish

Ek moet sê toe ek ‘n kind was het ons paaie nie so sleg gelyk nie, maar die dag toe ek my eie kar kry toe verander alles in die land mos.

Vanoggend vir my suster en Tristen onder in die parkeer area gekry, toe ek vir Mr T sê kom saam my werk toe. Kyk sy ma so en sê “baai mamma” .  Toe bring ek hom saam werk toe en so half 10 kom haal my suster hom.

dsc00043.jpg

my hartjie
se punt
my blondekoppie
met die smile
van ‘n engeltjie
sy bloue
ogies
kyk skokkend
diep
verby alles
verkrummel
my wese
my liefste
Mr. T

Heit, dis amper hier dit byt lekker aan my voete en laat my lyf kriewel veroorsaak opgewondenheid geniet die naweek en hou matigheid voor oë.  Onthou dis nie ‘n suip naweek nie, ons is hier om Jesus se kruisiging en opstanding te herdenk.

kruis.jpg

Vrede en ry veilig vir die wat weggaan.

 grote-paashaas.jpg

fun39.jpg

Liefde
N

Entry filed under: Paashasies. Tags: .

Niemand weet tot…. Ek wil iets sê,maar hoe?

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Justine  |  Maart 20, 2008 om 5:56 nm

    Neykie, dit is heerlik om hier by jou te lees. Dankie!

    Jou gediggies is almal kosbaar en hou hulle op ʼn spesiale plekkie saam met myne.

    Reply
  • 2. Justine  |  Maart 20, 2008 om 6:08 nm

    Neykie, jou gedagtes en gediggies is pragtig!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Maart 2008
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: