Snaaks genoeg

Maart 11, 2008 at 11:19 vm 1 comment

Man aan blondine in die winkel: Skuustog dame, maar jy het jou koekie seep laat val.
Blond: Ag dankie, maar dit is nie my koekieseep nie, dit is eintlik my gesigseep.

‘n Man kom by die huis van die werk af, val neer in sy gunsteling stoel, skakel die TV aan en skree vir sy vrou: “Gou, bring vir my ‘n bier voor dit begin.”
Sy kyk hom verbaas aan, maar gaan haal vir hom ‘n bier. Toe hy hom klaar gedrink het sê hy weer, “Bring gou vir my nog een voor dit begin.”
Die keer kyk sy hom kwaai aan, maar gaan haal tog ‘n bier. Toe die bier ook klaar is sê hy weer, “Bring nog ‘n bier, dit gaan amper begin.”
Die keer sê sy: “Jou vark! Jy stap hier in, val op daai stoel neer, groet nie eers nie en verwag ek moet soos jou slaaf rondhardloop. Besef jy nie ek kook, was en stryk heeldag , maak huis skoon en kyk na die kinders vir jou nie?”
Die man sug: “Daar begin dit nou !”

Klein Frikkie, sewe, vra sy ma een middag na skool “Kan ek en ma bietjie man en vrou speel?” Sy vind die voorstel half vreemd, maar besluit om saam te speel. “Ou vrou,” sê Frikkie terwyl hy sy skooldas afhaal en op die rusbank neergooi nes sy pa altyd maak, “ek het ‘n harde dag gehad. Skink daar vir my ‘n lekker dop.” Frikkie plak homself voor die tievie neer met sy voete op die koffietafel, en ma gooi vir hom ‘n lang glas Oros.
Na ‘n ruk sê Frikkie, “Ou vrou, skep daar vir my ‘n lekker bord kos, man.” Ma bedien vir Frikkie ‘n lekker kaas en tamatie snackwich. Hy eet homself trommeldik, vat aan sy maag, los ‘n vet burp nes sy pa altyd maak en sê, “Ou vrou, trek uit jou klere dan gaan lê ons so bietjie skuins man.” “Wat?”, vra die ma geskok. “Jy’t gehoor wat ek sê,” kom dit van Frikkie, “trek uit, dan loop lê ons so bietjie op die bed.” Sy ma is hoogs onsteld, stop die speletjie summier, gryp vir Frikkie aan die oor en lei hom die gang af tot in sy kamer: “Nou doen jy jou huiswerk en ek wil nooit weer sulke goed uit jou mond hoor nie, het jy my gehoor?”
Baie bekommerd vertel sy daai aand die storie vir Frikkie se pa. “Aag ou vrou,” sê hy, “dis maar net ‘n speletjie, man. Ek sal niks ernstigs daarin lees nie.” So twee dae later kom Frikkie van die skool af met dieselfde storie, en sy ma besluit sy speel enduit saam, want die ding puzzle haar vreeslik. Dis weer ‘n dop wat geskink word, nog ‘n snackwich, en toe kom die skuinslê storie weer. Sy gaan toe maar badkamer toe, trek uit, en trek haar japon aan. Sy vind Frikkie op die dubbelbed net in sy onderbroek met haar man se leesbril op sy neus besig om die koerant te lees, presies soos sy pa altyd maak. Sy’s nou diep bekommerd, maar gaan lê toe maar hier eenkant op die bed.
Na ‘n rukkie sit Frikkie die koerant neer en haal die bril van sy oë af. Die ma dink, “wat nou?” Frikkie skuif nader. Sy dink, “WAT NOU?” Frikkie sit sy hand om haar lyf en fluister sexy saggies in haar oor: “Ou vrou, dink jy nie dis tyd dat ons vir Frikkie ‘n nuwe BMX koop nie?”

Het jy gehoor van die Morning-After pil vir mans?
Dit verander jou bloedgroep.

Wat noem jy die melk wat jy by nors koeie kry?
Suurmelk.

cute-kitten.jpg

Entry filed under: Gedigte. Tags: .

Sugababes – Change Innige jammer om te hoor

1 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Maart 11, 2008 om 12:31 nm

    ek tag jou gaan loer in daar by my

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Maart 2008
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: