Soms

Februarie 20, 2008 at 10:00 vm 8 Kommentaar

Soms praat mense met jou,

jy hoor maar luister nie

jy voel maar wys dit nie,

jy gee ma ontvang niks

hunker maar word nooit verlos nie

seergemaak maar nooit herstel nie……

5620loving-you-posters.jpg

Entry filed under: Hoop, Liefde. Tags: .

Uitslae en Dit…. No Regrets

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Justine  |  Februarie 20, 2008 om 9:22 nm

    Dit het nooit besef hoe erg my siel vermink was nie, dit het ʼn sluier oor gedeeltes van my menswees getrek wat my vir myself weggesteek het.

    Maandagoggend het iets gebeur wat daardie sluier afgeruk het en dit wat ek in my binneste ontdek het was nie ʼn mooi prentjie gewees nie.

    Ek is so ongelooflik verskriklik berouvol en jammer oor alles. Neykie, jy het my perfek geskets.

    Hoekom kon ek dit nie eerder ingesien het nie? Ek gee meer om vir my vriend as wat woorde ooit kon verklaar, en nou is dit te laat…. Ek het verloor

    Reply
  • 2. neykie  |  Februarie 21, 2008 om 8:10 vm

    Justine jy het self besluit jy het verloor? Hoekom?

    Dit wat jy verloor het was dalk nie die moeite werd nie, maar daar is ‘n doel met alles

    Reply
  • 3. SHARKS  |  Februarie 21, 2008 om 9:58 vm

    Neykie wat my weer op my beurt iets wil vra, hoekom gebeur dinge, wat kan die doel wees met seerkry? Om weer heel te word, dalk eendag, maar hoe lank moet ek nog wag? Hoekom moet ek so lank so seer hè?

    Reply
  • 4. neykie  |  Februarie 21, 2008 om 11:12 vm

    Wel ek kan nie die regte antwoord gee nie maar ek reken, dat jy lankal kon ophou seerkry het. Maar jou keuse om te bly hoe groot ook al, mens betaal daarvoor. Jy kan die seerkry stopsit in ‘n oogwink, maar dis alles jou keuse geen verskoning nie.

    Reply
  • 5. Justine  |  Februarie 21, 2008 om 1:15 nm

    Nee, dit was nie my besluit nie, dit was net hoe dit op daardie oomblik gevoel het, gebroke, magteloos en verslae, omdat ek nooit besef het dat ek hom seer gemaak het nie. (‘n geval van hoor en luister sonder insig)

    Ek glo in hom en ek weet hy sal dit duidelik uitspel as hy wel tot so ʼn stap sou wou oorgaan.

    Sharks, seerkry het ons vir mekaar oopgevlek, ingelaat in al die verskuilde plekke in ons diepste menswees, verheldering gebring- weet hoekom ek jou liefhet gebring- weet hoe grensloos ek jou liefhet gebring.

    Wanneer jy diep en waaragtig omgee en liefde volwassenheid bereik, gun jy jou maat ‘free association of thought and expression’

    Reply
  • 6. Justine  |  Februarie 21, 2008 om 1:26 nm

    Neykie, gister is verby en die seer wat saamgesleep word sal bly voortleef ALLEENLIK as jy dit aanhou vertroetel.

    Behou die lewenslesse en laat gaan die seer deur te vergewe, dan sal jy ervaar hoe die pyn sy angel verloor.

    Reply
  • 7. neykie  |  Februarie 21, 2008 om 1:36 nm

    hoekom vertroetel julle dit dan so lank? maak my so de hel in as dinge nie reg uitwerk nie en jy bly vasteek by dinge van die verlede….

    Ek oordeel niemand ek verstaan soms net nie so mooi waarom en hoekom nie?

    Justine elkeen kies om ‘n sekere paaidjie te loop, maar as jy later besef dis nie so nice paaidjie nie, daar is altyd ‘n stegie paaidjie wat jou weglei na ‘n gelukkiger einde, mens moet oop oë loop en dit raak sien.

    Ek weet nie wat is enige een van julle se waarlike kommernisse nie maar julle het dit gekies en julle moet dit deur werk en daar uitkom. Heel of stukkend dis wat jy daarvan maak en hoe jy dit hanteer.

    onthou net dat almal het die reg op geluk hoe groot of klein ookal.

    Reply
  • 8. Justine  |  Februarie 24, 2008 om 6:34 nm

    Ek glo nie dit word vertroetel nie, ek veronderstel dat daar dinge is waarvan ek dalk nog nie weet nie. Hy sal in sy eie tyd dit vir my duidelik maak. Ek gee genoeg om om geduldig te wees.

    Dit wat saakmaak tussen ons is genoeg vir my, die tyd sal leer.

    Ek is gelukkig en volkome ek wanneer ons saam is, die blom sal oopvou wanneer hy gereed is.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: