Een laaste keer, gun my net dit

Februarie 14, 2008 at 5:54 vm 2 Kommentaar

“….elke weggaan maak my seer ek wens ek kon hier bly, want elke oomblik sonder jou is te veel vir my ek sal vashou aan die tyd wat jou sal terug bring al lê daar myle tussen ons…..”

Vanaand het ek ‘n “deja vu” oomblik gehad. Met al hierdie dinge in die lug van liefde en romanties wees, het ek weereens besef dit ‘n lang pad na gesond word.

Ek wou hom keer en vir hom sê: hier is ek kies my, wees lief vir my, ek weet jy kan. 

Ek is verby alles van genesing gedink dat as ek werklik dit vergeet dit uit my gedagtes sit ek mettertyd daar van sal vergeet, die ding is ek slaap waar hy voorheen geslaap het, en as ek stil raak sweer ek, ek kan hom nog hier ruik asof hy nog hier is.

Ek is sterk, mense kan van hom praat en dit pla my nie, maar dit pla my wanneer ek in my hart weet hy is ongelukkig. En toe gebeur dit gister aand- ek sien hom van aangesig tot aangesig en ek stort amper ineen. Hoe kon ek DIT deur my vingers laat glip het, het ek?

Sy ma het my eenkyk gegee en geweet sy moet red wat te redde is van my, en my die babakatjies gaan wys. Daar op my kniee met 5 katjies in my hande huil ek vir die eerste keer in ‘n langruk of dit nooit op sal hou.  Hoe maak mens as jy net by hom wil wees, sy lag elke dag hoor en hom gelukkig maak. Hoe sê my hoe?

“ek mis jou lyf hier teen myne as die nagte kouer raak, ek mis die troos van jou hande wat die seerkry minder maak, jy is weg ek is alleen, daar is net stilte om my heen.  Ek mis jou arms hier om my dit laat my altyd veilig voel, ek mis jou glimlag jou woorde wat my altyd sê wat jy bedoel, jy is weg ek is alleen, maar ek voel jou oral om my.  Sonder jou is my wêreld leeg, bly dit winter in my hart sonder jou wat my trane afvee die somer weer kan gee, sal jy my kom vashou, my lewe is blou Sonder jou…..”

Entry filed under: Hartseer. Tags: .

1 2 3 ek lees nie graag meer…. Dag van LIEFDE

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Skoor  |  Februarie 14, 2008 om 12:34 nm

    Ek was daar waar jy nou is, presies 12 jaar gelede. Ook net so oud soos jy, as ek jou ouderdom reg skat.

    En weet jy wat. Dit raak nooit weg nie. Dit raak nie beter nie. Jy kan altyd weer die emosies weer oproep.

    Vir my, vandag nog.

    Maar die lewe gaan aan. Loop met jou die draaie wat dit voor jou geboorte al, vir jou uitgesit het.

    Jy ontmoet nuwe mense, stamp jou kop weer, en jy raak gryser.

    Maar daai liefde, daai gevoel gaan nooit weg nie.

    Jy sal daarmee moet leer saamleef. Pasop net vir ‘n rebound liefdesverhouding, anders gaan ek jou weer oor 4 jaar vertel waar ek toe was!!!

    O, en iets wat iemand my eendag geleer het: as ‘n verhouding uitgemaak word, moenie ‘n fout maak en weer probeer nie. Dieselfde rede gaan familie bykry, en die tweede keer gaan net so seer wees soos die eerste.

    Beweeg aan. Groei. Leef. Fokit, jy’s jonk, as jy 34 is, gaan jy pissed off wees oor tyd wat jy gemors het by mense wat dit nie verdien het nie.

    Maak vrede met die hunkering en seer en verlange wat jy met jou gaan saamdra.

    Die letsel sal daar sit, maar die nuwe vel wat daaroor gegroei het, gaan dit beter maak!

    Reply
  • 2. neykie  |  Februarie 14, 2008 om 1:01 nm

    Skoor baie dankie vir jou raad.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: