Wat as….

Februarie 7, 2008 at 1:25 nm 2 Kommentaar

Soms is dinge nie altyd duidelik vir ‘n mense nie,  totdat jy op ‘n dag iemand raakloop.  En alles verander in ‘n oogwink- jy begin dalk vir die eerste keer in jou lewe vooruit beplan.  Jy maak planne omdat jy weet dis iets om na uit te sien.  Jy lewe vir die oomblik en niks anders maak saak.

Maar soms moet mens moed bymekaar skraap om die “big gesture” te doen. Jy beplan en dink en die ergste jy lê wakker oor dit.  Want wat as jy net vir eenkeer jou alles op die tafel neerlê en sou waag om te laat val hoe jy voel. Jyself is biekie onseker oor dit – dalk is dit ‘n tipe mite dat dit glad nie bestaan nie.

Sodoende is alles onwrikbaar, onverstaanbaar vir nou en worsteling  met jouself oor hoekom jy so voel en nie anders kan of wil nie.

die een ding
sonder
alles
in jou
hart se
storms bly
voort woed

Ek wil so baie dinge sê, maar vandag is ek net in so funny-shape feeling bui. Woorde wil uitstroom maar hoe maak jy werklik bekend hoe jou hart se diepste kamers lyk?

Geniet julle dag.

Liefde

Entry filed under: Alles en nog wat, Lewe. Tags: .

dokter… en nou is ek Foreigner- I want to know what love is

2 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Februarie 8, 2008 om 7:30 vm

    Hierdie song is regtig ‘n baie mooi liedjie.

    Ai jy ……… geniet jou dag.

    Reply
  • 2. JustTine  |  Februarie 10, 2008 om 5:34 nm

    Neykie dalk het dit tyd geword om juis dit te doen; die sluise van jou hart oop te draai, sodat alles wat jou van jou lewensvreugde beroof kan uitwoed.

    Die goeters wat binne mens bly kolk maak mens fisies siek, beroof jou van jou menswees.

    Vandag het iets met my gebeur wat my laat besef het; tot hiertoe en nie verder nie.

    Sterkte

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: