Hoe is dit dat mens….

Februarie 4, 2008 at 9:18 vm 9 Kommentaar

….Altyd dink alles is perfek nou dat jy vir meer as 5dae aanhou smile en gelukkig was, en dan met ‘n harde stamp teen die kop afkom aarde toe en besef nie alles is altyd soos jy jouself voorstel en jy is van voor af bang vir dit wat dalk nog mag kom.

Wat is die presiese gom wat ‘n huwelik van 24jaar aan mekaar (bymekaar hou) Erens langs die pad waarsku mense jou en jy trek net skouers op, jy reken dat net die 2mense met die probleme kan die probleem uitsorteer.

Wat doen mens as jy besef jou ouers is dalk op die randjie van alles wat jy altyd gewens en gehoop het nooit sou gebeur nie? 

Ek reken niemand kan dit beter maak nie, die seer is daar. Is daar iets wat ek kan doen om dit te verbeter vir my ouers?

My hartjie is seer, nog nooit het ek my dad so gesien nie- moedeloos. En my moedertjie praat nie.

Entry filed under: Hartseer, Hoop, Liefde. Tags: .

Barbara… dankie Ag verdomp die tag….

9 Kommentaar Add your own

  • 1. wit perd  |  Februarie 4, 2008 om 9:36 vm

    Ek is jammer neykie, maar onthou dat alles met `n doel gebeur en dinge sal uitwerk soos dit bedoel is om te wees.

    Sterkte

    Reply
  • 2. skoor  |  Februarie 4, 2008 om 11:24 vm

    Sjoe

    Vra hulle om ‘n berader te gaan sien. En nie een keer nie, maar ‘n hele paar keer.

    Dit gaan geld kos, en tyd en inspanning. Maar dit is goedkoper as om te skei.

    Ek weet nie die omstandighede nie, maar soms is dit nie onoorkombare verwyderings nie. As altwee graag die huwelik wil maak werk, kan daar berading en heling plaasvind.

    Jy gaan vreeslike gemengde gevoelens ervaar. Maar jy moet nou eerste na JOUSELF kyk, want JY is die belangrikste persoon in JOU lewe. As jy nie okay is nie, gaan jy nie jou ma en pa kan ondersteun nie.

    Probeer maar om jou woede op ‘n slaansak uit te haal. Hulle gaan nie verstaan nie, hulle worstel met hulle eie dinge.

    As jy ‘n kind van die Here is, draai maar jou lewenstou weer ‘n keer styf om die anker wat Hy vir jou uithou, want die ride gaan rof raak, en ‘n ou raak soms so verswelg deur die golwe, jy weet nie lekker of alles die moeite werd is nie.

    Reply
  • 3. SHARKS  |  Februarie 4, 2008 om 1:08 nm

    Neykie hulle kan aan hierdie huwelik werk. Hulle moet net!!

    Reply
  • 4. sonkind  |  Februarie 4, 2008 om 7:33 nm

    Neykie, as dit sover gaan dat hulle wel skei, onthou dan dat hulle MEKAAR skei en nie vir jou nie. Moenie ooit ‘n speelbal tussen jou ouers word nie en maak dit duidelik dat jy nie een se kant kies nie, dat jy vir altwee ewe lief bly.

    In hul eie seer en deurmekaargeit gebeur dit soms dat ouers ‘n kind uitmekaartrek sonder om te besef wat hulle besig is om te doen. Wees geduldig met hulle seer, maar moenie dat dit jou insuig nie.

    Reply
  • 5. Dellie  |  Februarie 4, 2008 om 9:19 nm

    Dis eina. Daar is niks wat ek vir jou kan sê om dit beter te maak nie. Dis iets wat jy maar net sal moet “deur lewe”. En sterk wees. Vir jouself.

    Reply
  • 6. Dellie  |  Februarie 4, 2008 om 9:19 nm

    Wou nog sê, ek hou van jou nuwe look!😉

    Reply
  • 7. SHARKS  |  Februarie 5, 2008 om 7:11 vm

    http://vokof.wordpress.com/2008/02/04/ek-tag-jou/ ek sien jy is getag hoor.

    Reply
  • 8. vokof  |  Februarie 5, 2008 om 8:23 vm

    Jy is wragtag (alweer) getag. Toe roer jou vokin vingers…

    http://vokof.wordpress.com/2008/02/04/ek-tag-jou/

    Reply
  • 9. ^stoutsus^  |  Februarie 5, 2008 om 9:54 vm

    Skaam bieg ek hierdie is my eerste inloer by jou plekkie en dan loop ek vas in jou post.

    Dis niks lekker nie, ek weet. Om jou ouers so eina te sien. Om self eina te wees.

    Ek stem met Skoor se raad – bid sussa bid. Die krag van gebed is verstommend.

    Verder sal ek luister as een van hulle praat, maar nie self deelneem nie, net luister. Hulle wil nie nou al hoor nie; hulle wil gehoor word – ‘n uitlaatklep.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,077 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: