Dokter toe….nie

Februarie 1, 2008 at 8:10 vm 5 Kommentaar

So vandag sou ek dokter toe, om die uitslae te kry van my vel toets.  Donderdag toe bel die dokter my en sê sy het die uitslae gekry en daar is twee moontlike dinge wat dit kan wees. En om heel seker te maak moet ons weer ‘n biopsie doen en dit moet weg gestuur word na ‘n patoloog in Kaapstad, wat beteken die toetse kos my R1500 en dan moet ek nog die velspesialis se afspraak gelde ook betaal.

Die ding is die cortisoon salf wat die velspesialis voorgeskryf het onderdruk die blasies, nou moet ek dit ophou gebruik en sodra daar ‘n blasie kom dadelik gaan vir die biopsie.  En ek het nou al 2dae nie die salf gebruik nie, en ek jeuk verwoedelik alklaar, tenminste kan ek nog ‘n goeie nagrus in kry.

funnywipes.jpg

mar25.gif

Kan jy glo dis uit eindelik Vrydag? Hierdie naweek gaan ek lekker rus en my nuwe plekkie mooi maak. Vanmiddag doen ons shopping.

Liefies

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Blommetjie-bloeisel Someday.. MLTR

5 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Februarie 1, 2008 om 9:25 vm

    As jy medies het, sal die medies dit betaal. Moenie harde gat wees nie, dit is nie die moeite werd nie, gaan vir dit en hoe gouer hoe beter.

    Nuwe plekkie? Geniet dit, ek wil my plek ook bietjie regruk, maar hierdie naweek kry my tuin voorkeer. Ander dag sal ek my huis regruk. O JA ek het toe nog ‘n blik vir my gekoop.

    Lekker naweek, geniet elke oomblik daarvan om jou plekkie mooi te maak. Dit is lekker, veral na die tyd, as jy so terug staan en jou eie handewerk aanskou, ek geniet dit vreeslik baie.

    Reply
  • 2. neykie  |  Februarie 1, 2008 om 9:58 vm

    dis die probleem ek het nie medies nie. Ek sal gaan as daar weer blasies is!!

    Reply
  • 3. SHARKS  |  Februarie 1, 2008 om 10:42 vm

    JY BETER VIR JOU ‘N MEDIES KRY EN BAIE GOU OOK!!

    Reply
  • 4. vokof  |  Februarie 1, 2008 om 10:59 vm

    Ek het ook al sulke blasies gehad – verskeie oorsake

    Piouter juwele
    Hitte uitslag

    Het ‘n klein kortisoon pilletjie, so bietjie daarvan gekry, en Mylocord aangesmeer. Weg, nooit weer terug gekom.

    Dan is daar natuurlik Allergex, wat vir ‘n bom werk as dit ‘n allergie is. Kos vokol, en jy koop dit by enige apteek.

    Reply
  • 5. neykie  |  Februarie 1, 2008 om 11:10 vm

    vokof ek drink die sterker boetie van allergex naamlik atterax. werk net so goed en laat mens net so lekker slaap ok.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Februarie 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,007 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 1 day ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 1 day ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 1 day ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: