Droom

Januarie 25, 2008 at 10:59 vm 5 Kommentaar

Ver agter die skimme
van gister
gaan haal ek ‘n droom
en die droom se naam is jy

Ek sien jou soos jy toe was
ek sien jou soos jy nou is
en ek besef vir altyd
bly jy ‘n droom vir my

Stil het jy hier in die omhelsing
van my hart kom lê
en ek sal jou nooit laat gaan.
Jy is al wat ek my lewe lank wou hê.

‘n droom wat hier nog voortbestaan
ek is gelukkig in my droom wêreld
en niks sal  jou ooit van my kan vervreem
My drome word al soeter
en ek kry jou daagliks liewer

Jy gee soveel meer as wat
jy ooit kan neem….

Entry filed under: Liedjies. Tags: .

Laaste druppel Blou bul

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Dellie  |  Januarie 25, 2008 om 12:09 nm

    Ek raak altyd rustig hier by jou! Thanx.

    As jy vir Sharkie sien die naweek, stuur groete en ‘n drukkie asseblief?

    Lekker naweek!

    Reply
  • 2. neykie  |  Januarie 25, 2008 om 12:19 nm

    ek sal so maak.

    Geniet jou naweek

    Reply
  • 3. Justine  |  Januarie 25, 2008 om 7:43 nm

    Jy slaan die spyker op die kop Neytjie,
    alles wat jy sê is eg en waar

    Niks en niemand kan so ‘n droom vernietig nie,
    nie eers die dood nie.

    In my tuin is daar lieflike hoë bome en dis daar waar ek in die
    lente plat op die groen gras sit en droom. Ek sluit getrou die hekkie
    elke aand om vreemdes van die gras af weg te hou, maar dit wil vir my voorkom of iemand my sleuteltjie se wegsteekplekkie ontdek het.

    Reply
  • 4. Justine  |  Januarie 26, 2008 om 1:18 nm

    Wanneer jy SO lief het soos jy dit so lieflik beskryf, veral onder sulke sieldodende omstandighede doen mens soms doelbewus die vreemdste dinge om jou geliefde van jou liefde te verseker, wetende dat jy jouself blootstel aan sekere uitlatings wat jou seer sal maak. Dan aanvaar jy dat dit dapper en weet jy dat die prys wat jy sal moet betaal om jou doel te bereik die moeite werd gaan wees.

    Mag jy ook eendag ware liefde vind wat nie sal huiwer om sy alles te gee nie. Self sy trots mag dan maar in die slag bly.

    Reply
  • 5. neykie  |  Januarie 28, 2008 om 8:08 vm

    Justine jy beskryf dit tog so goed al hierdie dinge….

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,183 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates


%d bloggers like this: