Om te gee of te neem?

Januarie 24, 2008 at 11:25 vm 3 Kommentaar

Ek sou reken dat om iets vir iemand te gee, onvoorwaarlik
sonder om enige iets terug te verwag mense vreugde gee. 
Hoe gee mens jou hart onvoorwaarlik vir iemand en loop
die risiko om seer te kry, watse waarborge het mens dat jy
more nog dieselfde sal voel of dat die persoon nog dieselfde sal voel?

So met dit gesê reken ek alles het ‘n risiko in die lewe, die vraag is
gaan jy die “challenge” aanvaar en teen-teen een daarmee gekonfronteer
word en dan eers probeer uitsorteer of gaan jy heel versigtig alles mooi
netjies vermy en liewers jou ou lewetjie te lewe soos jy hom ken gemaklik
en gerieflik.
“Welcome to the real world, it sucks but your gonna love it”

As mens net alles in die lewe kon reg redeneer voor dit nog gebeur sou
mens nie soveel meer kon gelewe het nie?  Waarom moet mens alles altyd
eers versigtig ontleed en disekteer voor mens ‘n situasie kan verstaan en
dit aanpak?

Entry filed under: Alles en nog wat. Tags: .

Verskroei Laaste druppel

3 Kommentaar Add your own

  • 1. SHARKS  |  Januarie 24, 2008 om 11:36 vm

    Neykie mens gee jou hart vir die een persoon wat jy glo en weet die regte een vir jou is.

    Reply
  • 2. techdiver  |  Januarie 24, 2008 om 2:32 nm

    Is dit nie dalk dat mens ma net vir iemand moet kans gee om jou hart te verdien nie. So iemand weet jy ten minste sal dan mooi na jou hart kyk en bewaar asof dit sy of haar eie is.

    Reply
  • 3. Catharina  |  Januarie 24, 2008 om 6:33 nm

    Ek stem Sharks.

    Neykie, dink jy regtig mens kan ooit liefde verdien?

    Wie sal dan bevoeg verklaar word?

    Liefde word gebore, dit leer sit, loop en hardloop, net soos ons
    menskinders. Dit vra geduld, koestering, geloof ens

    Dit kan blom en verwelk, dit is nooit ondergeskik aan iets
    anders nie, dit vloei deur jou are en pols in jou hart en dit
    is die mees onverstaanbare emosie van almal, maar dit is
    ook die lieflikste voorreg ooit.

    Om lief te hê en dit is wederkerig is hemels.
    Om lief te hê laat jou siel dans, en soms bloei…

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Trefhou…

Ons moet inspirasie put uit die voorbeeld van ander gelowiges; Ons moet van alles ontslae raak wat ons in die wedloop mag hinder; Ons moet vorentoe kyk na die beloning wat vir ons wag; Ons moet ons oog op Jesus gevestig hou; en Ons moet die wedloop met volharding hardloop.

Besoekers

web tracker
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape
Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Let wel:

Gedigte wat ek hier plaas is my eie, en dit is nie noodwendig my gevoelens nie, maar wat ek beleef in die lewe en ander mense se seer en optrede.
Om ander lief te hê is om hulle te help om God lief te hê – Søren Kierkegaard.

Gister se dinge

briefie in die lug:

steyn_rene@yahoo.com
Die honger na liefde is baie moeiliker om te versadig as die honger na brood – Moeder Teresa.
ZA TOP Sites

Kyk Blerts

  • 228,031 spore

Snuffel kyk

who's online

Twitter Updates

  • I don't even have time to have time. 1 day ago
  • Loyalty is something you should never have to question. 2 days ago
  • Pay attention to everything, it is what it looks like. 2 days ago
  • Never in anyone else's business because I'm not trying to have anyone up in mine. 2 days ago
  • Can't be making permanent decisions on temporary feelings. 2 days ago

%d bloggers like this: